Staat dok miljoene op vir ‘wasgoeddraad’ langs grens

Die splinternuwe en peperduur grensdraad tussen Suid-Afrika en Zimbabwe val oënskynlik reeds uitmekaar.

ʼn Wasgoeddraad.

Só het die DA Vrydag die nuwe grensdraad tussen Suid-Afrika en Zimbabwe bestempel wat teen R37 miljoen – oftewel sowat R1 miljoen per kilometer – tussen die twee lande opgerig is.

Die draad is inderhaas opgerig om die verspreiding van Covid-19 tussen dié lande te voorkom.

Samantha Graham-Maré, die DA se woordvoerder oor openbare werke en infrastruktuur, sê daar is eens na die grensdraad as die “Slang van vuur” verwys weens die 2 800 volt wat deur die oorspronklike grensdraad gevloei het. Dié grensdraad was glo bykans ondeurdringbaar, maar weens ʼn gebrek aan instandhouding en patrollies deur die weermag het dit die afgelope paar jaar basies in ʼn sif verander. Dít ten spyte van die 3 m hoë dubbeldraad aan albei kante van die elektriese heining wat die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe aandui.

Graham-Maré sê die uitbreking van Covid-19 moes dié situasie verander en die aankondiging deur die minister van openbare werke, Patricia de Lille, dat herstel aan 40 km van die grensdraad gedoen gaan word, sou ʼn nuwe era vir die bykans nie-bestaande grens inlui. Dit moes verseker dat die grensdraad, wat gesteel en gebruik word om veekrale in die omgewing op te rig, behoorlik herstel word.

Volgens De Lille is daar aan alle noodverkrygingsmaatreëls voldoen. Die aanstel van ʼn kontrakteur is ook bespoedig om te verseker dat niemand die land onwettig binnekom nie.

“Ongelukkig was daar binne dae foto’s van enorme gate in die nuwe draad. Berigte oor die draad wat gesteel word, het gevolg. Die minister het gesê sekuriteit sou verhoog word om te verseker dit gebeur nie verder nie,” het Graham-Maré gesê.

“Wat vir ʼn grensdraad het ons opgerig wat sy eie sekuriteit benodig? Watter gehalte materiaal is gebruik wat kwalik ʼn draadsnyer kan weerstaan en wie het die spesifikasies vir die draad opgestel? ʼn Wildheining op ʼn gewone wildplaas is tussen 1,8 m en 2,4 m hoog. ʼn Grensdraad soos die een tussen Marokko en Spanje is 6 m hoog. Dié grensdraad, wat R37 miljoen gekos het, moes ondeurdringbaar gewees het. Duidelik is dit nie.”

Graham-Maré het gesê nadat De Lille aanvanklik teruggekrabbel het oor die aanstelling van die kontrakteur deur ʼn benoemingsproses, het sy intussen gevra dat die ouditeur-generaal ʼn omvattende oudit van die projek doen.

Die DA het ook vrae aan De Lille gestel oor die proses wat gevolg is.

Graham-Maré het gesê as die doel van die heining net tydelik was om Suid-Afrika teen Covid-19 te help beskerm, sou dit dalk nog verskoon kon word. “Maar dit was nie – dit is geloof as die nuwe grensdraad tussen Suid-Afrika en Zimbabwe.

“As ons ons grense wil beskerm het ons ʼn ‘Slang van vuur’ nodig, nie ʼn wasgoeddraad wat amper R1 miljoen per kilometer gekos het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Willem ·

Die vrou sal wegkom met dit, daai draad was nog nooit heel nie. Nou is die troepe wat dit opgepas het seker onttrek om die virus hier te kom beveg

Frans ·

Vra vir Trump om jule te help duidlik verstaan sy nie wat beteken dit om iets in plek te sit om mense uit jou land te hou nie

Adam Adriaan ·

In 1994 het die ANC ‘n ordentlike geëlktrifiseerde grensdraad met ‘n dienspad ontvang wat deur die destydse weermag gepatroleer en instandgehou was. Hulle het dit laat verval, soos alles in die land verval het. Nou kerm en kla hulle. Kan geen simpatie betoon teen die ANC regering, Hulle moet maar vir hulle kry.

Kobus ·

CR en sy minister verantwoordelik sal seker met “skok” kennis neem.Is dit nie juis ‘n taak vir die SAW nie? Die inwoners van die nedersettings steur hule nie aan die reels nie.Laat die SAPD dan slegs die in en uitgange beheer en ontplooi die SAW waarvoor hulle daar is nl om ons landsgrense te beskerm

Boortor ·

Dit is presies wat ek voorspel het. Maar nou ja…het ons regtig gedink ons gaan n behoorlike heining kry? Ek het beslis nie. Sy gaan net se dit het niks met ons mense uit te waai nie en dat die “regte” prosesse gevolg is. Ek weet hoe ” werk” daardie prosesse. Ons almal weet teen hierdie tyd.

Termiet ·

En ons moet maar net ons belasting bly opdok om hulle sakke vol te hou.

SomeOne ·

de wil het seker gedink niemand sal gaan kyk wat aangaan nie, dis te ver vir haar om te kyk wat aangaan

Michael 1 ·

Hier moet ek saamstem dit lyk soos n wasgoed draad ,n redelike mens sou verwag vir die geld wat spandeer is om iets beter en stewiger sou kry.

Scalla ·

Laat Trump vir hul n muur bou vir daai soort van geld, iemand het weer geskep met die tender, rommelstatus word verdien.

Gemaskerde Sopbeen ·

Daardie “slang van vuur” gaan moeg gespoeg raak.

Anoniem ·

37000000 miljoen rand se draad word nou beeskampe in Zimbabwe. Die regering moet dit van De Lille verhaal. Hulle sit net heeldag en niks doen. Sy moet n overhall aantrek en n paar stewige boots en daai kilometers afloop al langs daai draad sonder water sodat sy kan besef sy het Suid Afrikaners se geld gemors op gemors.

PieterP ·

Dit blyk dat niemand onder die kommentare of van die politisie onlangs ‘n veiligheids heining wou laat span het nie. Kom ek help. Hierdie heining het R925 per meter gekos. Sou jy ‘n elektriese heining hier by ons wil span kos dit jou R135/meter per lyn. So die 1.8 m hoë draad sou dan R2430 /meter kos. SLEGS ARBEID! Ja dit is ‘n vrot verskoning van ‘n draad om mense uit te hou maar wus my die draad wat nie met ‘n gewone draadknipper gesny kan word nie. Almal hoes, poep en kots maar elle heinings moet daagliks nagegaan word, alle heinings kan geknip word. Daar was nou nog nie beyer voorstelle nie. Dalk ‘n grag uit die Limpopo rivier gegrou dat die krokodille die wagte is… Human rights. Slang van vuur… Ditto. Die ANC plus die Rooi berets nooi die hrle Afrika dan hierheen omdat grense deur die koloniseerders ingestel is. En nou?

Eerlik ·

Dit blink so, ek is seker dit kom van CHINA af……As die grens beman word soos dit moet wees sal daar minder sulke insidente wees maar ongelukkig het die weermag nie die regte opleiding en dissipline vir so n simpel taak nie.

Jacobus ·

‘n Baie groot persentasie van ons land se probleme word eintlik deur daardie gebrekkige “skans” ge-illustreer.
‘n Groot getal (geweldig) buitelanders het oor ons afwesige noord grens gestroom. Die mense is nie gedokumenteer, met gevaarlike gesondheids risikos en is ook nie van plan om ‘ontdek’ te word. Die eerste keer as jy van hulle hoor land hulle in ons gesondheidssorg stelsel wat al reeds oorlopends vol is.
Covod19 het die probleem eksponensiël vergroot. Die straf vir hierdie gebrek aan oorsig deur ‘n minister vir wie ek nogal respek gehad het. Dit is miskien een van die bewyse vir die toksiese houding van die ANC. Moet ook nie die ondeurdagte (stupid) stelling van politici, senior ministers inkluis dat Afrika eintlik nie grense behoord te hê nie. Probeer ons as Suid Afrikaners bv die eise stel wat
die buitelanders in Kaapstad stel in ‘n vreemde land word jy summier land-uit gesit. Vreemde land dię van ons!

Porseleintjie ·

Miljoen rand per/km? Komende van n land wat nou biljoene moes leen?

Knormoer ·

Graham-Mare west Marokko is in Afrika en Spanje in Europa reg?

Kruger ·

Ek het reg aan die begin gese ek ruik n rot…. en hier is hy….

Bloedhond ·

Sy is baie glad met die bek en uitgeslape so om haar onbevoegdheid te verdedig kom baie spontaan vir haar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.