Staat en landbou sê bek-en-klouseer die stryd aan

Foto: Pixabay

Die minister van landbou, bosbou en vissery het Maandag met rolspelers in die rooivleisbedryf beraadslaag oor die uitbreking van bek-en-klouseer om oplossings vir die probleem te ondersoek.

Die departement het ʼn week gelede bekendgemaak dat dié siekte in die distrik Vhembe in Limpopo voorkom. Dis bevestig nadat gevalle daarvan by die staatsveeartse aangemeld is, wat beeste in die gebied getoets het.

Die gebied waar dit voorkom, is net buite die bek-en-klouseer-beheergebied geleë, meer bepaald in die hoëwaarnemingsgebied van die bek-en-klouseervrye sone.

Die aanmelding van bek-en-klouseer het die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid genoop om onmiddellik Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status op te hef. Dié tydelike opheffing het daartoe gelei dat enkele buurlande invoer van rooivleis en lewende hawe uit Suid-Afrika verbied het. Dit laat die bedryf ernstige verliese ly.

Op Maandag se vergadering het belanghebbendes in die rooivleisbedryf en die staat die implikasie van die uitbreking, asook oplossings uit die oogpunt van buitelandse handel bespreek.

“Ek is tevrede met die eerlike gesprekvoering,” het min. Senzeni Zokwana ná die vergadering gesê, “en die bereidwilligheid van die bedryf om met die staat saam te werk en hul tegniese vaardighede met ons te deel.”

Die staat het ʼn verslag voorgelê oor die stappe wat gedoen is sedert die uitbreking. Die bedryf het egter erken die staat met sy beperkte hulpbronne kan nie die stryd alleen voer nie. ʼn Span bestaande uit rolspelers en staatsamptenare is aangewys om die uitbreking te bestry.

ʼn Handelskomitee sal met buitelandse markte onderhandel, asook gapings in die mark en nuwe geleenthede ondersoek.

Intussen bly die gebied waar bek-en-klouseer aangemeld is onder kwarantyn en het inentings begin sodat nuwe gevalle verhoed kan word. Die staat het beklemtoon dat die siekte nie na mense oordraagbaar is nie; daar is dus geen rede tot kommer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

marous ·

Gaan leer by Botswana , oor bek en klou beheer en sommer ook hoe om nie te plunder nie.

Peter Holmes ·

Ek dink landbou mis die vorige bekwame minister van Landbou Dr. Pieter Mulder. Ek mis hom beslis.

FM ·

As die mense net hul veebestuursprogram nagekom het, was daar seker nie n probleem. Ek kan maar net raai by wie bek en klouseer begin het. We want land!!!

Ellisras ·

Vertel tog vir die Oom wat gaan die staat verloor. Hoe gaan die staat verloor. Besef jy dat “die staat” eintlik maar die belasting betaler is. Dit is ek en jy. Ek en jy gaan verloor. Nou lê dit nie meer so lekker op die tong nie.

Dafer ·

Daar moet nou gewaak word teen die uitslag van diere en bemarking van die karkasse!!!!!

marco polo ·

Verslag, komitee, volgende is seker n kommissie van ondersoek. Baie geld gespandeer sonder dat iets gedoen word.

Ellisras ·

Dit is boere wat besig is om te verloor. Voerkrale is klaar besig om minder aan te bied vir beeste. Omdat hulle minder uitvoer. Selfs die wat nie uitvoer nie.
Braai net 2 keer ‘n maand meer en help die boere.

Miekie ·

Ek weet regtig nie wat is bek en klouseer nie en hoe doen vee dit op nie. Ek vra omdat ek regtig nie weet nie. Kan iemand vir my antwoord asb.

Arnold Botha ·

1 Foot-and-mouth disease (FMD) is a severe, highly contagious viral disease. The FMD virus causes illness in cows, pigs, sheep, goats, deer, and other animals with divided hooves. It does not affect horses, dogs, or cats. FMD is not a public health or food safety threat.
1 Google

pieter ·

Regtig Arnold? Bek en klouseer is dan `n aanmeldbare siekte vir een rede. Dit kan die ekonomie van n land op sy kniee bring/dwing. Geen vleis produkte mag uitgevoer word as die siekte in die land voorkom nie. Dit afekteer ook jou melk en by produkte wat nie mag gebruik word nie. Dit is dieselfde soos voel griep wat volstruis boere op hulle kniee bring.

gabe ·

Nee ou vriend, bek en klouseer is nie anthrax nie. Bek en klouseer wor deur n virus veroorsaak terwyl anthrax deur n bakterie veroorsaak word. Mense kan anthrax kry maar nie sommer bek en klouseer nie. Net as hulle van die ongepasteuriseerde melk of melk produkte en rou vleis eet van siek diere kan hulle moontlik dalk die siekte opdoen. Google is jou vriend maar google dan net reg!

Miekie ·

Baie dankie marco polo. Ek sou nie gevra het as ek nie reeds gegoogle het nie. Baie dankie vir die kommentaar van die mense wat regtig weet wat aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.