Staat gee R230 miljard vir Eskom oor volgende dekade

Tito Mboweni, minister van finansies, lewer die 2019-begrotingsrede [20 Februarie 2019]. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Tito Mboweni, minister van finansies, het Donderdag aan LP’s gesê die nasionale tesourie gaan oor die volgende dekade na verwagting nog R230 miljard in Eskom inpomp.

Mboweni het die parlementêre portefeuljekomitee oor finansies toegespreek ʼn dag nadat hy sy begrotingsrede in die parlement gelewer het.

Mboweni het gesê die verwagting is dat die tesourie R23 miljard elke jaar aan Eskom sal moet gee sodat die kragvoorsiener sy skuld kan dek.

“Dit sal vir tien jaar wees, so R230 miljard. Ek dink in die boek het ons R69 miljard gesit,” het hy gesê.

Mboweni het gister in sy begrotingsrede gesê die staat sal R23 miljard per jaar vir die volgende drie jaar aan Eskom gee.

Ian Stuart, waarnemende adjunk-direkteur-generaal vir die nasionale tesourie se begrotingskantoor, het gesê beamptes het besluit dat Eskom R150 miljard sal nodig hê om sy boeke te balanseer, en as daardie bedrag oor tien jaar gedelg word, sal dit op R23 miljard per jaar neerkom.

Stuart het bygevoeg die berekeninge om te bepaal hoeveel ondersteuning die sukkelende kragvoorsiener sal nodig hê, is ingewikkeld aangesien baie veranderlikes in ag geneem moes word, insluitend tariefverhogings en wisseling in die vraag na elektrisiteit.

Hy het gesê die prentjie mag dalk oor die komende jare verander, maar die tesourie het besluit om die bedrae in die begrotingsrede in te sluit om te voldoen aan internasionale graderingsagentskappe se behoefte vir optimale deursigtigheid.

“Daar is baie mense wat hieraan werk en na die syfers kyk… Tot ʼn mate moet nog baie werk gedoen word, maar ons het groot besluite gehad om te neem toe ons hierdie begroting saamgestel het. Ons het besluit om net so deursigtig as moontlik te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Afrikaner ·

Hierdie ANC skoolgeld het net nie einde nie, jaar na jaar na jaar, so hou dit nou al vir 24 jaar aan en so sal dit aanhou solank hulle die kitaar slaan.

As WF en kie dit geweet het dat hulle destyds ‘n onbekostigbare perd opgesaal, wat sou hulle met die wigte en teenwigte gedoen het?

Maar hulle wou nie luister nie.

Adam ·

Om nog geld aan Eskom te verskaf is omtrent so effektief as om suurstof aan ‘n kadawer te gee. Kry die bestuur reg, kry die verlore kundigheid terug, verminder die salarisrekening en bedryf Eskom soos ‘n besigheid bedryf moet word.

HPV ·

Adam jy is reg. Dit sal egter nie in ‘n ewigheid gebeur onder ‘n anc regering nie. Kyk na die infrastruktuur of sal ons liewer sê wat daarvan oorgebly het in die res van Afrika. die skrif is aan die muur.

Genugtig ·

Ek weet hierdie is ‘n gesinsvriendelike nuusblad, maar: in die woorde van ‘n nie-so-bekende-akteur (so onbekend dat ekself nie kan onthou nie) ‘Oh my insignificant left (sensored)’. I rest my case, Your Honor. Ons is geskroef.

Annie Webb ·

Die ANC se grootkoppe stel hoegenaamd nie belang in of die stelsels werk nie. Hulle skep net al die omkoopgeld in (kyk hoe blinkvet is hulle) en gee aan al hulle ondersteuners “aanstellings” waar hulle salarisse kan trek wat deur belastingbetalers voorsien word, ongeag of die “aanstellings” die werk kan doen. Een groot welsynsorganisasie befonds deur diegene wat belastings en dienste betaal. As die freeloaders afgedank word en bevoegde mense aangestel word, stort die hele welsynsorganisasie genaamd Nuwe SA ineen en gaan dit breek en brand soos gewoonlik. Welkom in die Derde Wêreld. Enigiemand wat wil oorleef, sal met omtrent alles “off the grid” moet gaan.

Gemaskerde Sopbeen ·

Met ander woorde……….laat ek net kyk of ek dit reg verstaan: Ek betaal my munisipale rekening vir elektrisiteitsverbruik……en nou word my belasting gebruik om die skuld te delg van verbruikers wat gebruik maar NIE betaal nie? Ek betaal dus vir myself en my gesin……en dan betaal ek vir Soweto? Daar is nou meer swart miljoenêrs in Suid Afrika as wat daar blankes is……..

Johanné Steyn ·

Waarvan R20miljard per jaar uit Escom se boeke op “onverklaarbare” rede gaan “verdwyn”, en geen haan daarna weer gaan kraai nie, tensy Pravin Gordon dit alleen gaan beheer!

HPV ·

Hier kom dit, reuse prestasie bonusse en wat oorbly salaris verhogings, meer beurtkrag.

Piet parys ·

Wonder waar die staat se geld is sover ek weet betaal die belasting betaler weereens daai rekenning . Eskom sit met die hefboom as alleen voorsiener van krag . DIT IS PRYS VASTELLING en uitbuiting want krag is i reg as jy betaal so wie gaan hulle dagvaar

Judge Dredd ·

Ek kan julle nou al se – Oor 10 jaar:

1) Het SA se ekonomie alreeds ingetuimel en kan regering nie die volle R230 miljard betaal.

Of

2) Het daardie R230 miljard ‘n baie groter bedrag geword.

Snowball ·

Kan nie onthou wat was die sprokie se naam nie, ek dink dit was “Hoekom die see so sout is” en volgens die storie, is daar ‘n soutmeuletjie, wat op die bodem van die see lê, en tot in der ewigheid sal sout maal, daarom is die see so sout. Die ANC se beleid vir Eskom berus op dieselfde beginsel – hulle glo vas, êrens in SA is ‘n meuletjie, wat nimmereindigend geld gaan voorsien vir al hulle planne……

ne ·

Ons is moeg om die skelms te onderhou? Wanneer kry ons ook iets gratis? Nog my hele lewe gewerk vir wat ek wil hê, daar was nog NOOIT bakhand staan tyd nie.

John ·

Wat het geword van ‘Ek kan doen met ‘n miljoen?’ Nèrens is ‘n miljoen meer ter sprake nie buiten by die emmerstelsel, natuurlik… dis soos sente by die nuwe generasie, reeds ‘n onbekende faktor is … biljoene en triljoene en legioene… ja, hulle moet oppas vir laasgenoeme wat die Bybel het eerste daarvan gepraat, Mense, hulle sal hol, maar vergeet die aarde is rond… of nee, dis deesdae glo weer plat, en dan oor die kant sloeg, vir altyd en ewig na nèrens… triljoene km ver…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.