‘Staat het vooroordeel teen Oscar’

Staatsaanklaer Gerrie Nel tydens 'n vorige hofverskyning.  Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Staatsaanklaer Gerrie Nel tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Die hooggeregshof in Johannesburg het vandag gehoor dat Oscar Pistorius se ses jaar vonnis vir moord “skokkend te lig” was en nie die verontwaardiging en skok van die publiek weerspieël nie.

Adv. Gerrie Nel, die staatsaanklaer, het voor regter Thokozile Masipa die hof gelei deur sy vorige vonnisuitspraak en ses faktore uit te lig waar hy meen die hof fouteer het. Die staat het die hof versoek om verlof toe te staan sodat die staat die appèlhof kan nader om teen Pistorius se vonnis te appelleer.

Nel het Vrydag aangevoer die hof het in sy vonnisuitspraak fouteer deur te bevind dat die feit dat Pistorius nie geweet het Steenkamp is agter die deur nie as versagtende omstandighede moet geld. Volgens Nel stel die wet dit duidelik dat enige moord ʼn ernstige misdaad is en dat die omstandighede rondom die spesifieke moord nie rede is om die misdaad as minder ernstig te beskou nie.

Nel het ook gesê die hof het drie faktore rakende verswarende omstandighede nie in ag geneem nie, onder meer dat Pistorius die voorneme om te skiet reeds in die slaapkamer gevorm het voordat hy na die badkamer gestap het. Boonop het Pistorius na die toiletdeur geskiet terwyl hy geweet het daar is iemand agter die deur en vier skote afgevuur sonder om ooit ʼn aanvaarbare rede te gee hoekom hy dit gedoen het.

Nel het verder aangevoer die hof het te veel klem geplaas op Pistorius se persoonlike omstandighede en fouteer deur te bevind dat dit onwaarskynlik is dat hy weer sal oortree. Hy het ook klem geplaas op die feit dat Pistorius nie tydens die vonnisverrigtinge getuig het nie. Nel het gesê daar moet ʼn onderskeid getref word tussen ʼn beskuldigde wat ware berou het vir sy dade of bloot spyt is dat hy die oortreding begaan het.

“Die minimum voorgeskrewe vonnis vir moord is 15 jaar tronkstraf. Die punt waar die hof dus moes begin toe hy oor die vonnis besluit het, is 15 jaar. Die hof het fouteer deur op ʼn skoon bladsy te begin en nie by die minimum voorgeskrewe vonnis nie,” het Nel gesê.

Laastens het Nel gesê die hof het fouteer deur te bevind dat lang tronkstraf nie geregtigheid tot gevolg sal hê in Pistorius se geval nie. Hy het gesê die hof moes meer klem geplaas het op die voorsienbare gevolge van Pistorius se dade en die dolus eventualis-aspek in die saak. Volgens Nel moes Pistorius geweet het indien hy vier skote deur die toiletdeur skiet, sal dit waarskynlik of selfs voor die hand liggend wees dat hy die persoon agter die deur sal doodskiet.

“Ons voer dus met alle respek aan dat ʼn appèlhof waarskynlik tot die gevolg sal kom dat die beskuldigde se vonnis skokkend te lig en onvanpas is vir die misdaad wat gepleeg is,” het Nel gesê.

Adv. Barry Roux, Pistorius se regsverteenwoordiger, het in antwoord op Nel se betoog gesê hy beskou dit as ʼn belediging teenoor die hof dat die staat meen die hof het fouteer in sy uitspraak. “Die staat is bevooroordeeld teenoor die beskuldigde,” het Roux gesê. “Deur te sê die beskuldigde het ʼn ‘mate van spyt’ oor sy optrede terwyl Pistorius erg gehuil het en duidelik gebroke was, wys net die staat se vooroordeel.”

Roux het voorts gesê die staat het ook die tronkstraf en tyd onder korrektiewe toesig wat Pistorius reeds uitgedien het, geïgnoreer. Hy het aangevoer dat Pistorius se vonnis nie werklik ses jaar is nie, maar eintlik agt jaar as daar in ag geneem word dat hy reeds tronkstraf uitgedien het.

“Kan die hof net dink hoe dit moet voel om tronk toe te gaan, jou tyd daar uit te dien en uit te kom en te dink jy het gedoen wat jy moes doen – net om weer teruggestuur te word tronk toe? Die staat dink nie hoe dit moet voel nie; om heeltyd met hierdie onsekerheid te lewe van ʼn hofsaak wat net aanhou voortsleep,” het hy gesê. “Wat wil die staat nou eintlik hê? Hulle sê dat die hof moet begin by die minimum vonnis van 15 jaar wanneer hulle besluit oor die beskuldigde se vonnis, maar ek weet nie wat hulle eintlik wil hê nie, want hulle sê nie vir ons nie.”

Roux het die hof versoek om die staat se aansoek met koste van die hand te wys.

Die saak sal om 11:45 weer hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ouma mix ·

Ek wens hierdie ding wil nou stop rerig dit raak nou erg en afgesaag

Hannetjie ·

Ai tog het die ouens geen ander sake om aan te werk nie. Joh neeee

Bloues ·

Jaa dit moet nou end kry. n Vonnis wat die oortreding weerspieel en nie n ligte afgewaterde vonnis nie. Minimum vonnis van 15 jaar en als is oor en verby.

Sanet ·

Afgesaag? Die staat dink nie hoe dit moet wees om terug te gaan tronk toe nie? Luister julle na julself? Die staat dink aan die slagoffer hier. Die slagoffer se familie. Die slagoffer WAT HAAR LEWE VERLOOR HET. Die wetlike aspekte wat deur die JUDGE geignoreer is. DIT is waaraan die staat dink, sou ek se! Ek sal WAT wil gee om te hoor hoe JULLE sou gevoel het as dit JULLE dogter was wat so wreed vermoor is en dat die moordenaar net 6jaar gaan uitdien vir haar moord. Se net asseblief vir my hoe voel julle daaroor? Hoe kan dit ooit afgesaag raak as jou KIND VERMOOR is? Hene, nee. Ek kan hierdie mense nie verstaan nie. Regtig. As jy nie belangstel in die saak nie…HOU OP LEES!

Jeanette ·

Genade ……. Daar is hoeveel moordenaars in die tronke! Hoeveel het 15 jaar en meer gekry? Is daar net hierdie ouers wat n kind verloor het? Is daar net een saak wat verhoor moet word? Gerrie Springer Nel is seker werkloos. Want hy het net een saak om aan te werk! Dit klink na n persoonlike fete! Skokkend dat dit toe gelaat word. Maar verseker sal die tv kamers nooit weerin n SA hof draai! Die hoof karakter Springer Nel het van die draaiboek vergeet! Eesh kan ons nie asb na Panayotiou toe beweeg ou Nella! Daar is nog ouers wat n kind verloor het! Beplan en als! Jy kan ba hartelus appeleer van vooraf! Sanet sal jou ondersteun! Genade hy en Zuma is voorwaar indieselfde katrgorie! Hou net aan luister na niemand! Volgende week is ou Nella seker my die ” Supreme court” want hy sal nie stop. Eesh!

Annetjie ·

En wat as dit JOU SEUN WAS WAT DIE GROOTSTE FOUT VAN SY LEWE GEMAAK HET AN DAARBY GESTREMD EN N SAGTE TEIKEN MET DIE TOESTAND WAARIN DIE LAND VERKEER? WAT AS DIT JOU SEUN WAS WAT DOODSDREIGEMENTE GEKRY HET VOOR DIE ONGELUK EN WAT AS DIT JOU SEUN WAS WAT ALLES WAT HY IN SY TOESTAND VAN BABA AF MET STAMPE AN STOTE BYMEKAAR GEMAAK HET VERLOOR? EK VRA JOU WAT AS DIT JOU DOGTER WAS SOU JY OOK JOU DOGTER AT DOOD SO MISBRUIK HET ON GELD TE MAAK OM N DRANK KROEG TE BEGIN WAARVOOR OSCAR DIE LISENSIE BUT HULLE BETAAL HET ? Ek dink dit is skandalig soos hulle Reeva MISBRUIK om vir hulle luukshede he betaal.

Mary ·

Die wat aangaan oor ‘n erger straf vir Oscar – Sterkte vir jou want die wiel sal draai en jy sal eendag voor die groot Regter moet staan – sterkte!

Jenie ·

Genade genoeg is genoeg….kan hierdie man nie ophou nie….lyk my hy hou daarvan
om sy gesiggie in die koerant te sien!

ig ·

Mense mense mense,Oscar het eintlik lewenslank gekry want die moord sal by hom spook tot die einde van sy lewe.

Stephanie ·

Mense, dis nie Gerrie Nel of sy eie ego of wat ookal…. as staatsdiens amptenaar voer hy net opdragte uit vanaf sy baas.

Ammi ·

Ag nee wat, Nel is besig met n heksejag om naam te probeer maak. Wat van ander moordenaars wat net 5 jaar sit? Oscar sal in elk geval die res van sy lewe gebrandmerk wees.

Carien ·

Gerrie Nel sal nooit tevrede wees voor Oscar nie lewenslange en rerige lewenslange sonder die opsie om vir parool aansoek te doen nie, gevonnis word nie. Waarom het hy nie hierdie aanslag teen plaasmoordenaars wat beplan om mense te gaan vermoor nie? Ek kan myself gladnie in hierdie situasie indink nie want ek het seuns en n dogter. Wat ek wel weet is dat selfs 80 jaar tronkstraf nie vir Reeva sal terugbring nie. So kan Gerrie Nel begin met ander sake met soveel ywer as hierdie een??

Anie ·

Maroela sluit ‘seblief al die kommentaar oor Oscar. Ons almal wat menslikheid en integriteit het, wil hê dat enige verdere aanmerkings gestop moet word…

Magda ·

Mense mense mense- hou op om vir Gerrie Nel met klippe te gooi- dit is die NVG wat die staat se saak om te appelleer moet stel- Die NVG is egter n instansie.. Gerrie is net die persoon wat dit moet doen..

Cherokee ·

Barry Roux sê hy beskou dit as ‘n belediging teenoor die hof as die staat meen die hof het fouteer in sy uitspraak.
Klaarblyklik weet hy nie daarvan dat ‘n vol paneel regters gesê het dat die hof fouteer het in die uitspraak waarvolgens kriminele klagtes teenoor Zuma van die rol gekrap is (en nou weer ingestel is). Lees die koerante Barry….. daar is meer sake wat dien voor howe as slegs die een waar miljoene rande van hande verwissel.

Ander Koos ·

Diegene wat aanvoer NVG doen net hulle werk. Daar is ‘n hofuitspraak dat Zuma vervolg moet word maar NVG appelleer daarteen. Hulle wil hom nie vervolg nie, hoe rym dit?

Francois Stemmet. ·

Wat my betref was die vorige vonnis te lig. Die huidige vonnis is van pas en Gerrie Nel probeer prersoonlike punte score, dis al. Hoop die appelhof keur sy poging af. Gaan huistoe Gerrie Nel. Almal weet reeds jy is goed.

Hein ·

Regtig gaan die staat nou nie rus nie ?? Plaas hulle nou konsentreer op al die ander dinge wat om hulle aangaan . ( Korupsie op hoogskaal )
Laat Oscar nou met rus eks al moeg vir sy part .

Annetjie ·

Ja soos al die plaasmoorde, inbrake korrupsie en swendelary wat aangaan wat die land se ekonomie lamlê.

Joann ·

Oscar moet baieeeeee lager straf gekry het,maar geld is mos wortel van alle kwaad. Gerrie Nel is tops

Lance ·

Die ding is nou SO holrug gery ….begin kyk na ander sake ASB ….die land gaan tengronde !

Cherokee ·

Miskien is dit om te voorkom dat hy verveeld word in ‘n klein sel. Iemand gaan vorentoe groot geld maak deur ‘n boek te skryf oor die hofsake en ‘n biograaf vir OP.

Kobus ·

Ons almal wens die ding wil stop, ons almal wens dat alle skuldigbevindings eindig nie op appelle op appelle op appelle nie, omdat die regters nie hul werk doen en oordentlike vonisse met behoorlike motiveering gee nie. Soek die probleem by A en nie b, c of d nie. Die probleem lê by onbevoegde regslui. Gerrie soek net antwoorde en die regter bly haar verantwoordelikheid ontduik. Sy hoop seker die probleem sal weggaan.

Najsaab ·

Die appèl gaan eintlik oor die belaglike ligte vonnis……Oscar kom weg met moord…die vonnis is te lig maar nou ja nou is die saga seker klaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.