‘Staat is oorywerig om Zuma te vervolg’, hoor hof

Oudpres. Jacob Zuma, omring deur sy lyfwagte, kom by die hooggeregshof in Pietermaritzburg aan [20 Mei 2019]. (Foto: MotshwarI Mofokeng/ANA)

Jacob Zuma se regspan het Maandag gekap na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wat hulle meen “boendoegeregtigheid” toepas in die strafregtelike saak teen die voormalige president.

Adv. Muzi Sikhakhane het vanoggend voor ʼn volbank regters in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê daar is twee filosofieë ter sprake in die korrupsiesaak teen Zuma – een behels boendoegeregtigheid en die ander is gebaseer op die vermoede van onskuld.

Sikhakhane het die uitsprake gemaak tydens sy openingsbetoog vir sy aansoek om die vervolging van Zuma permanent te laat vaar. Die voormalige president het by sy regspan in die hof gesit.

Zuma staan tereg op een aanklag van rampokkery, twee van korrupsie, een van geldwassery en 12 van bedrog nadat hy na bewering omkoopgeld van die wapenvervaardiger Thales ontvang het deur sy voormalige finansiële adviseur, Schabir Shaik.

Oudpres. Jacob Zuma by die hooggeregshof in Pietermaritzburg [20 Mei 2019]. (Foto: MotshwarI Mofokeng/ANA)

Thales, ʼn Franse multinasionale maatskappy, word saam met Zuma aangekla en is beskuldigde nommer twee in die saak. Thales staan tereg op een aanklag van rampokkery, twee van korrupsie en een van geldwassery.

Die saak hou verband met Suid-Afrika se omstrede wapentransaksie, wat in 1999 begin het, waarvoor Thales ʼn multimiljardrandkontrak gekry het om wapenstelsels aan die Suid-Afrikaanse vloot te verskaf.

Sikhakhane het gesê die saak gaan oor die ʼn kruising van wet en politiek en dat die staat bevooroordeeld was om Zuma te vervolg. “Die vraag is, wanneer dit kom by mnr. Zuma – of enige ander beskuldigde – moet hulle buite die vier hoeke van die grondwet hanteer word omdat hulle beskuldig word?”

Sikhakhane het gesê hy is “waarskynlik die enigste een” wat vir Zuma gevra het of hy onskuldig is. “Terwyl ons sit in die koffiewinkels van Rosebank en in die groen woonbuurte, het ons nie gestop en gevra wat het hy gedoen nie. Ek het hierdie vraag vir mnr. Zuma gevra sodat ek ʼn skoon gewete kan hê en hom verteenwoordig.”

Oudpres. Jacob Zuma, omring deur sy lyfwagte, kom by die hooggeregshof in Pietermaritzburg aan [20 Mei 2019]. (Foto: MotshwarI Mofokeng/ANA)

Hy het verder gesê die laaste vraag wat gevra moet word, is of Zuma “gestroop moet word van sy menswaardigheid net omdat hy mnr. Zuma is”.

Sikhakhane voer aan die staat was oorywerig om Zuma te vervolg sedert die saak al ʼn dekade gelede begin het.

Hy het gesê die verdediging het nie die aansoek om die vervolging permanent te staak ligtelik gebring nie, aangesien dit ʼn “moeilike oplossing” is.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Kobus ·

Gerrie Nel is “Useless” hy en sy trawante weier om ons as afrikaners te help!! Hulle jaag net die publisiteit en sogenaamde grootkop hasbeens.
Ons wat regte sake het met bewyse kom nerens want gerrie is te vehewe bo ons!!

Fran ·

Hulle moet hom en sy regspan on the spot execute. baie minder moeite en geen geld morsery.

Gert van Wierdapark ·

Niemand se gewete is so skoon soos die wat voor ‘n volbank regters te staan kom nie!!! He-he-he!

Nettie ·

Kruisig my maar, maar ek dink hierdie saak moet net eenvoudig laat vaar word, want ons WEET mos die ZUMA/GUPTA-clan is “untouchable” en daar gaan “sweet blue all” van enige boete/straf in hierdie verband – of Bhuti Zuma se strafbare manslag (eintlik moord)-aanklagte-geval – kom.

Miskien kan die geld wat die staat op hierdie hofsaak-op-hofsaak-op-hofsaak spandeer, beter aangewend word deur ‘n aansoek om selfbeskikkingstaat vir blankes te bring? Nie dat die staat dit sal doen of sal toelaat om te slaag nie, synde die SA regstaat so in die ANC/anti-blanke politici se agterente opgekruip is, maar nogtans – dis seker ‘n probeerslag werd?

Fanie ·

Daar moet net n baie goeie voorbeeld van hom gemaak word want in die toekoms sal ander soort gelyke gevalle gekyk word na die hofsaak wat ruglyne sal stel so volgens my sal dit baie belangrik wees om hierdie saak te wen

Maljan ·

Vermoede van onskuld? Seker die belastingbetaler se onskuld. Of onvermoë om die vermorsing van ons swaar verdiende geldjies hok te slaan. Ek glo meeste belastingbetalers wil die sake so gou moontlik tot die spit’s gedryf sien. Ons wil hom en sy gesante in pragtige helder oranje pakke sien.

Sean ·

Ek wonder as meneer Trump n geel das dra of die spul ook geel dasse sal dra Sien malema dra ook rooi das………….foeitog

Johan ·

As Zuma en Thales dan onskuldig is, laat die hof dan die beweringe ondersoek. Daar moet goeie redes wees waarom hulle daarteen skop…

Keelvol ·

Dit is seker nie al die lyfwagte nie. Die res bly buite by die voertuie om seker te maak daar word nie gepeuter nie.
Die lyfwagte is werkskepping. In ons veilige rustige SA is dit mos nie nodig nie. Wie wil die man dan nou kwaad aandoen?
Wonder of die lyfwagte gewapen is? Regering wil mos nie hê jy mag ‘n vuurwapen vir selfverdediging besit nie. So laat jou lyfwag, waarvoor ander mense betaal ,een dra dan is dit nie jy nie.
Die saak gaan in elkgeval sloer tot die perde horings kry.

Wonder net ·

Die vraag is gevra : “Moet Zuma gestroop word van sy menswaardigheid?”
Wat ‘n belagrike vraag. Het hy vir een oomblik aan sy mede burgers gedink tydens die korrupsie en selfverryking?
Kon nogal ‘n paar huisies met daardie geld gebou het wat ‘n paar van sy kiesers ‘n menswaardige blyplek kon verskaf.

Robert ·

Ek stem. Sy arrogansie gaan hom kelder. Sy saak gaan nie slaag nie!!

aj ·

…. he … he …. he ….

‘…. corruption is a White thing … it is not part of Black culture ….’

… ” Black privilege?”

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.