Staat mag nié monopolie op kragopwekking hê, sê groep

Argieffoto

Die sakeregtewaghond AfriSake het Eskom Vrydag as ʼn staatmonopoliekapitaal beskryf.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, het gesê die probleem lê nié bloot by eensydige tariefvasstelling, wanbestuur of ʼn “hopelose skuldsituasie” soos talle mag dink nie.

Verhore oor Eskom se aansoek om voorgestelde tariefverhogings is steeds aan die gang.

“Ons verwerp die idee dat die staat ʼn monopolie op elektrisiteitsopwekking behoort te hê. En ons weier om te maak asof dit sogenaamd billik, doelmatig of redelik is om een staatsinstansie, met verwysing na Nersa, toe te laat om pryse vas te stel vir elektrisiteit verskaf deur ʼn ander tak van die staat, met verwysing na Eskom,” het Le Roux gesê.

Hy sê die sakeregtewaghond “veroordeel die bestaan van staatmonopoliekapitaal”.

“Staatmonopoliekapitaal is, in der waarheid, die enigste werklike monopoliekapitaal wat daar is. Dit is een van die groot probleme in Suid-Afrika, vandag en histories. In ʼn vrye mark is elkeen se kapitaal onderworpe aan die voorkeure van verbruikers. Dit is ooglopend nie die geval met staatmonopoliekapitaal nie, na wie verbruikers gedwing word om hulle te wend omdat alternatiewe verbode is.”

AfriSake het bevestig dat hy kennis neem van die onlangse verligting in regulasies wat privaatverskaffers verhoed om elektrisiteit op te wek.

Bylaag 2 van die Wet op die Regulering van Elektrisiteit, 2006 (Wet no. 4 van 2006) verbied nié meer die opwekking van elektrisiteit onder een megawatt sonder vooraflisensiëring en staatstoestemming nie. Produsente word egter steeds verplig om hulself te registreer.

“Ons hoop dat hierdie beperkte oopstel van die deur, om met die staat in die verskaffing van elektrisiteit mee te kan ding, deur privaatverskaffers aangegryp word. En dat hulle meer suksesvol daarmee is om die ekonomie Eskom-bestand te maak as wat reguleerders sou vermoed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Chris Ws ·

Die anc regering kan weer dink as hulle dink ek gaan my kragopwekker registreer!Droom voort!

Hendrik ·

Dis nie wat daar staan nie. Dit het niks met jou kragopwekker te doen nie. Lees weer..

Leahim ·

Die staat moet eintlik onder die regerende party in beheer van niks wees nie want alles waaraan hulle raak is n totale flop

laevelder ·

hoekom wird semi staatsinstellings soos safcol toegelaat om eskom tariewe wat op hulle plantasies van toepassing is, aan te pas tot dorps tariewe vir die huurders van hulle plantasie huise? dit is in sommige gevalle 100%+ hoer as die escom tarief wat buite stedilik beloop.

DC ·

Kleinskaal kragopwekking kan talle geleenthede skep vir opleiding en werkskepping. Die owerheid ontneem mense die geleentheid. Kragopwekking vir eie gebuik by huishoudings en veral kleinbesighede moet vrygestel word v die tipe beperkings. Die perk v een mw is belaglik. Dit word bloot ingestel om selektief te diskrimineer. Opponeer asb die regulasies en as dit moet verhoog die perk na minstens 10mw.

Eish ·

Stem volmondig saam. Nog beter, privatiseer Eskom. Daar kan selfs so ver gegaan word om individuele opwekkingsfasiliteite aan verskillende entiteite te verkoop ten einde kompetisie aan te moedig. Ek dink die Sanlams en Ou Mutuals sal oormekaar val om dit te bekom.

jan_alleman ·

dit wat ons so lank teen geveg het al die jare het toe by die agterdeur ingesluip te danke aan FW en sy maatjies , ons is nou onder n kommunistiese regering

John ·

Die semi-staatsinstellings is ons ondergang en nog name kan bygevoeg word. Eskom wil alle krag beheer… selfs die prys van gas en paraffien word hoog gehou. Die kamma-ellende waarin Eskom hom glo steeds bevind gaan oor kersbonus-uitbetaling en vir reise oorsee vir vakansie-onderhandelings oor kernkragplanne… planne waarvoor daar weer bakhand-indaba’s sal volg in 2018, 19, 20…. en

Johanna Botha ·

Almal het wegbeweeg van Eskom tydens die loadshedding ….veral die verbruiker met geld wat eintlik die krag kan bekostig ….en wie suffer nou weer …..presies die wat so aanhou anc stem …so dom hulle leer nie en nou is daar teveel krag

HPV ·

Eskom kan maar sy krag indruk waar mens dit nie normaal indruk nie. Ek, my seuns, en ‘n vriend het hulle nie meer nodig nie. Ons gebruik alternatiewe kragbronne, wat ‘n plesier!

John ·

Die arm wittes ly, mense… Hoeveel meer kan die mense spaar en waar is daar nie winters nie en dan word diegene in die koue gebiede meer gestraf. Rykes kan ‘n plan maak al byt hul op die tande… baie armes kan nie eens daardie opsie uitoefen nie… Eskom is soos ‘n tandarts op die Suidpool wat maak of sy arm gebreek is en nou moet groot koste aangegaan word om die man met die yslike tandpyn by die huis te kry. Fire al die ‘actors’. Eskom moet krag opwek. Dis nie ‘n fancy ball vir tieners met tantrum-aanvalle nie oor hulle nie die duur skoene kan kry nie…

A Mac ·

Stem 100% saam. Dink die regering is bang dat indien mense privaat sorg vir hul eie krag of by nie-regeringsinstansies krag kry dat hulle sakke nie so lekker volgestop gaan word nie. Dink meer goed moet by die regering weggevat word wat duidelik kan hulle nie dit wat in die verlede met sukses bedryf is bedryf sonder selfverryking nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.