Staat moet bewys ‘terreurtweeling’ is wettig vasgetrek

Brandon-Lee Thulsie en Tony-Lee Thulsie. Foto: Facebook

Brandon-Lee Thulsie en Tony-Lee Thulsie. Foto: Facebook

Die saak teen die sogenaamde “terreurtweeling”, Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, is Donderdag weer in die Johannesburg-landdroshof uitgestel om die staat toe te laat om verklarings voor te berei wat bewys dat die tweeling se inhegtenisneming wettig was.

Die Thulsie-tweeling is meer as twee weke gelede in hegtenis geneem op aanklagte dat hulle die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Suid-Afrika namens die Islamitiese Staat (Isis) wou opblaas.

Die hof was veronderstel om reeds die twee se borgtogaansoek aan te gehoor het, maar dit is uitgestel nadat adv. Annelene van den Heever, die tweeling se regsverteenwoordiger, aangevoer het dat haar kliënte onregmatig in hegtenis geneem is.

Landdros Pieter du Plessis het gesê ʼn aansoek is amptelik deur die tweeling gebring waarin hulle sê dat hulle onregmatig in hegtenis geneem is. Van den Heever het aangevoer dat die verklarings wat reeds ingedien is ook gebruik kan word in die aansoek oor die onregmatige inhegtenisnemings, maar Du Plessis het dit geweier en versoek dat ʼn nuwe stel verklarings ingedien moet word.

Die saak is uitgestel om die verdediging kans te gee om die verklarings voor te berei.

Nadat die saak vandag hervat is, het Van den Heever ʼn nuwe stel verklarings van die tweeling ingedien. In die verklarings voer die Thulsie-broers aan dat daar geen lasbriewe vir arrestasie aan hulle voorgehou is toe lede van die Valke hulle vroeër die maand in hegtenis geneem het nie.

Du Plessis het gesê die staat het ʼn verpligting om op die aantygings in die verklarings te reageer en te bewys dat die tweeling regmatig in hegtenis geneem is. Indien die staat dit nie kan bewys nie, sal Du Plessis noodgedwonge moet beslis dat hulle vrygelaat word.

Adv. Chris MacAdam, die staatsaanklaer, het versoek dat die staat tyd gegun word om sy verklarings voor te berei. Die saak is tot Vrydag uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor die Thulsie-tweeling op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

m ·

Ag nee wat as dit nou eers wee so gaan kan ek julle waarborg hierdie mense gaan NIKS oorkom nie…….Hierdie mense ken ook elke trick in die misdaad boek..

Koos ·

Kan nou nie verstaan, van wanneer AF moet jy n lasbrief he om misdadigers te arresteer

Peter ·

Dis mos hoe dit in die Amerikaanse movies gedoen word. Dis snert dat dade wat neerkom op terrorisme in lekkergoedpapier toegedraai word en skuldiges elke truuk in die boek ken en gebruik om straf te vermy.

Kens ·

Maak nie saak hoe hulle vasgetrek was nie, solank die goed nou net in tronk sit sodat hulle nie onskuldige mense doodmaak nie. Menseregte moet net aan die onskuldiges behoort, misdadigers soos hierdie moet hard gepenaliseer word en daarom moet hulle eintlik nie regte he nie. Die wereld is te sag, ons moet hard word, dis al wat sal help!

KarooKlong ·

Ek het al gese ons regstelsel is lagwekkend, ek herhaal dit.
Ek het R10 gewed hulle gaan stap, ek herhaal dit.

Baie baie sterkte ·

Baie baie sterkte aan Landdros Pieter du Plessis, staatsaanklaer en Polise. Dit is een van die moeilikste misdade, dit moet dadelik uitgeroei word, soos nou net voor hulle toegeslaan het. Landdros du Plessis, ek bid dat u die regte keuse maak, die publiek en mense lewens moet eerste prioriteit wees, inhegtenis name van kriminele, gemotiveerde, parate moordenaars moet nie meer weeg as jou gewone burgers nie.

Sterkte ·

Sterkte aan die ouers ook, ek dink dit moet die hartseerste ervaring wees as jou kinders in die tronk op eindig, verder as dit nog vir terorisme is, ek sal my nooit in dit kan indink nie. Ek wil egter vir jul vra, as hulle betrokke was en die dokumentasie onderteken het, dat julle sal terugstaan dat die gereg sy loop neem. Hierdie kids was dalk nog net sterk onder die invloed van Isis, maar as hul gestraf word en van vooraf geleer word wat regtig belangrik is, sal julle wel later gewone kinders hê. Ek kan net sê as hul Advokaat probeer vir onregmatige inhegtenisneming, sal ek baie meer bekommerd wees as ek julle is. Hulle is groot en volg eie kop, julle sal hul nie kan beheer nie, as hulle al so ver gegaan het, sonder dat julle agter gekom het (wat ek regtig hoop julle nie geweet het nie), kan julle maar weet gaan julle nog baie lang trane huil, ‘n paar jaar in tronk en rehabilitasie is niks in vergelyking met ouer wees van ‘n teroris nie.

Bravo16 ·

Jy buig ‘n boompie as hy klei is. Hierdie twee bome moet afgesny word.

Rooibok ·

Regsgeleerdes is op hul beste wanneer hulle ‘n persoon moet verdedig wat skuldig is – hulle kan dan al die regs tegniese skuiwergate uitbuit. Geld wat stom is … dit is om van siek te word.

Wilma Potgieter ·

Gooi voornemende terroriste in uitgewerkte myn skagte met so paar van Isis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.