Staat na appèlhof oor Oscar-vonnis

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die staat gaan die appèlhof direk nader oor Oscar Pistorius se ses jaar vonnis vir moord.

Die NVG het Donderdag bevestig die staat gaan Vrydag ʼn aansoek by de appèlhof in Bloemfontein indien om teen die vonnis te appelleer, nadat regter Thokozile Masipa in Augustus die staat se aansoek om verlof tot appèl in die hooggeregshof, met koste van die hand gewys het.

Die staat versoek ‘n swaarder vonnis vir die 29-jarige voormalige Paralimpiese atleet vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag 2013 in sy huis in Silver Lakes, Pretoria. Pistorius is aanvanklik skuldig bevind aan strafbare manslag, maar die skuldigbevinding is later in die appèlhof na moord verander.

Masipa het Pistorius in Julie vanjaar tot ses jaar tronkstraf gevonnis vir moord. Sy het tydens die vonnisoplegging gesê lang tronkstraf sal nie geregtigheid tot gevolg hê in Pistorius se geval nie en dit is onwaarskynlik dat hy weer ʼn oortreding sal begaan.

Die staat het tydens die appèl-aansoek aangevoer die hof het fouteer deur te bevind lang tronkstraf sal nie geregtigheid tot gevolg hê in Pistorius se geval nie. Die staatsaanklaer, adv. Gerrie Nel, het gesê die hof moes meer klem geplaas het op die voorsienbare gevolge van Pistorius se dade en die dolus eventualis-aspek van die saak. Volgens Nel moes Pistorius geweet het as hy vier skote deur die toiletdeur skiet, sal dit waarskynlik of selfs voor die hand liggend wees dat hy die persoon agter die deur sal doodskiet.

Adv. Barry Roux, Pistorius se regsverteenwoordiger, het in antwoord op Nel se betoog gesê hy beskou dit as ʼn belediging teenoor die hof dat die staat meen die hof het fouteer in sy uitspraak. “Die staat is bevooroordeeld teenoor die beskuldigde,” het Roux gesê. “Deur te sê die beskuldigde het ʼn ‘mate van spyt’ oor sy optrede, terwyl Pistorius erg gehuil het en duidelik gebroke was, wys net die staat se vooroordeel.”

Masipa het in haar uitspraak op dié kwessie gesê sy is nie oortuig dat ʼn ander hof tot ʼn ander gevolgtrekking sal kom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Sannie ·

Ai ek lag my n slaptjip as die appèlhof vir die staat n toffie wys en hy maak die vonnis minder. Glo my my dag sal gemaak wees!!!

Cherokee ·

Wat doen jy Sannie, wanneer betogings gehou word teen geweld teenoor vroue? Lag jou ‘n papie vir die baniere en wys ‘n toffie vir die betogers? Duidelik besit jy geen lojaliteit teenoor die vroulike geslag nie.

Gerhard ·

En ek gaan nog lekkerder lag wanneer hulle die arrogante mannetjie 10 jaar gee.

Edmund ·

En as dit jou dogter was, sou jy steeds so gelag het Sannie?

Ponie de wet ·

Die vonnis is skokkend onvanpas. Die Regter is met respek weereens n aanstelling sonder enige werklike ondervinding van ons strafreg.Sy het wesenlike getuinis wat daarop dui dat dit moord met direkte opset was buite rekening gelaat.Sy weet nie wat die verskil is tussen moord met moontlikheids bewussyn en nalatigheid is nie. Die vonnis selfs vir strafbare manslag is nie gepas nie. Oscar moet minstens 12 tot 15 jaar sit vir die moord.

Chris ·

Ou Gerrie wil hom graag weer op tv sien. Ek dink dit raak nou n bietjie afgesaag. Plaas hulle aanbeweeg daar is nog derduisende sake waarmee hy aandag kan trek.

Regtig ·

Regtig Chris ek dink ook so, dit is werklik irriterend nou. Nel het beslis n obsessie met Pistorius.

Doris ·

Ag ek wens hulle wil nou op met hierdie saak daar is net sulke ander ernstige sake wat aandag moet kry deur die N.V.G. kantore wat nie die geval is nie.want n mens sit met dokumentasie van die N.V.G. kantore dan kan ek nie glo hulle kan sulke leuens vertel nie dit is tog mense wat ons moet kan vertrou wat glad nie die geval is nie nou hammer net op een saak te duiwel met die res.

gatvol ·

Ag Gerrie jy raak nou afgesaag. Lyk my jy het nie genoeg werk nie.dis geen wonder di moordenaars loop so vrylik rond nie. So word ons belastingbetalers se geld gemors!!!! Gaan aan met die lewe en kry di ander vlugtende moordenaars agter tralies!!!!!! Of hou jy van jouself op TV!!!!

Alida ·

Ag hier gaan ons alweer! Dit lyk my ou Gerrie het nie genoeg aandag gekry nie.

Daan ·

Gerrie het “guts” om die vonnis teen te staan. As ses jaar tronkstraf as norm vir moord in die toekoms gebruik gaan word, wonder ek net wat diegene, wat Gerrie afkraak, gaan sê as die moordenaars van die man wat tydens sy hengeluitstappie vermoor is ook net ses jaar tronkstraf gaan kry. Dit wil sê as hulle ooit gevang sal word.

Cherokee ·

Raak gesê Daan – die mense wat Gerrie aanval se volgende betoog sal seker wees dat die moordenaar wat die hengelaar vermoor het ‘n tien maande vonnis moet kry.

Cheyenne ·

Presies. Gerrie moet regmaak waar Masipa/Masepa nog heeltyd verbrou. Sy behoort van die bank gehaal te word.

Belaglik ·

Belaglik om die 2 sake te vergelyk. Lees eers weer alles voor jul sulke belaglikhede kwyt raak!
Daar is hemelsbree verskil in alle opsigte en soos jy tereg opmerk as die skuldiges ooit gevang gaan word. Hul het gevlug en vat nie verantwoordelikheid nie. Voel regtig of Oscar ook moes hol of se dit was nie hy wat sneller getrek het nie, dan was hy seker lankal los, flippen wetteloses het n reg en kom met alles weg!

Manie ·

Ek stem saam dat die appele gaan oor ego’s en nie oor geregtigheid. Wonder of Gerrie so baie hof toe sou gaan as hy self die hofkostes moes dra en nie die belastingbetaler . Ek het baie simpatie vir die Steenkamp familie gehad maar myne droog nou op teen n groot spoed. Hoop die staat kry bloedneus want party mense in die land word geskop en slaan terwyl hulle lê en ander kry nie eers hulle dag in die hof

Ek voel ook so ·

Ek voel ook so, dit is mos n maklike saak, Oscar het erken hy het geskiet. Uitdaging Gerrie durf ander sake met dieselfde ywer aan en ek kry respek vir jou! Werklik klink vir my na ‘n ego die.

M'Lady ·

Genoeg is nou genoeg. Niemand het bewys dat dit moord met direkte opset was nie. Inteendeel. Dis n abolute heksejag en n vermorsing van my belastinggeld. Oscar is nie n geharde misdadiger dat die NVG so te kere moet gaan nie. Die res van sy lewe gaan hel wees. Los dit nou uit asseblief.

Rens Roodt ·

Presies – wat van die regering wat soveel bloed op hulle hande het – soveel moorde word gepleeg teenoor Blankes en die regering vat ons belastinggeld maar ksn ons nie beskerm nie – kla hulle aan – daar is baie plek op robbeneiland vir die hele spul regeringsamptenare – hulle is moordenaars – tyd dat daarop gefokus word

Saartjie ·

M’Lady die punt is juis dat ‘n toepaslike vonnis gevel word om te verseker dat die volgende “geharde misdadiger” korrek gevonnis word. Oscar se vonnis skep ‘n presedent en riglyn vir toekomstige soortgelyke oortredings.

Ai tog ·

Ai tog Saartjie, lees weer alles omtrent die saak. Jy kan mos nou nie die saak vergelyk met moord en beplande moord nie. Oscar is skuldig bevind omdat hy moes voorsien het hy kon iemand doodskiet.

M'Lady ·

EK VERSTAAN, EKK NEEM NIE DIE RELEVANTE PUNTE IN AG NIE. VERKOONING ASB.

Elize ·

Regtig! Daar is werklik heksejag gemaak op Oscar en dit raak nou ernstig oorbodig. Die man moet met sy gewete saamleef. Beweeg aan.

Sam ·

Ek, myself sou nie met my gewete kon saam leef as ek toelaat dat ‘n moordenaar slegs 6 jaar kry nie, ek glo ook nie Gerrie Nel wil nie, dis hoekom hy veg vir wat reg is. Maar jy wat so graag die moordenaar wil help uit die tronk uit nadag hy iemand 4 keer geskiet het, jy slaap seker lekker in die aand.

Oops gewete ·

Oops gewete uitgepluk. Wat sê jy van Gerrie wat met ‘n selferkende moordenaar deals wat GEFLOP het – dalk doelbewus gemaak het, sodat Mickey Schultz vry rondloop. Geharde beplande moord!!! Dit is 100% okay dat hy nie n dag in die tronk hoef deur te bring nie, so hoe lekker slaap mens as jy dit doen en veg daarvoor – want dit pla jou nie. Die ander wat daagliks groot hartseer tot baie gesinne bring vir soms n paar sente of net n selfoon, dit is ok.

Estelle ·

Moord is moord…strafbaar met minstens 15 jaar. Dit is juis omdat die regters nie gewldsmisdade streng hanteer en gepaste vonnisse toedien nie dat moord n speletjie geword het in Suid-Afrika!!

Sam ·

Jy is 100% reg Estelle. Moord is moord… die wat so agter Oscar staan, staan net daar omdat hy wit is, nie bene het nie en gehuil het dat die spoeg spat in die hof. Maar gou vergeet hulle van die lewe wat hy geneem het met sy geweer, sy disability gee hom nie die reg om te moor nie nog minder gee sy trane hom die reg om ‘n sagte vonnis te kry nie. Julle staan en moan so oor SA maar dit wat Nel doen is tog die regte ding. 6 jaar vir moord is lagwekkend. Kom volgende week en nog ‘n moordenaar sit slegs 6jaar dan wil julle huil want waar is die regverdigheid in die land!! Die probleem is mense soos julle wat dink 6 jaar is genoeg vir moord.

Sam ·

Ek wonder net die dag as dit een van julle se kind is, en jou kind se moordenaar slegs 6 jaar tronk straf opgele word en Gerrie Nel doen dieselfde vir jou kind en geregtigheid of julle steeds gaan se hy wil net op tv verskyn…of net aandag soek. Sit jou self in die Steenkamp’s se skoene. Verbeel jou dis jou dogter of seun wat vermoor is, en die moordenaar sit slegs 6 jaar… Ander prentjie wat nou voor julle opkom ne…

Neewat ·

Neewat Sam, as een van ons se kids vermoor word, gaan daar boggerol gebeur, hulle moet eers gevang word en dan het hulle n reg en as hul deal met Gerrie maak, gaan hul nie eens een dag tronk toe nie.

Skokkend ·

Gatvol,stem saam! Gekukkig kom die oordeel my nie toe! Dit is n skande dat Oscar so aangeval word deur GP! Dit nadat die aanvalle op blanke suidafrikaners net aanhou! GP, wat nou? Gelukkig weet ek waar my,en ons wat glo, se Koningkryk lê! Defnitief nie by mammon nie:-)

Sam ·

En voor ek gestenig word.. Ek sien telkemale almal van julle se name op die kommentaar lys. Baie van julle hierbo van wat ek al gelees het is Christene…

Leviticus 24:17
Whoever takes a human life shall surely be put to death.

Gaan julle ook nou se die Bybel soek net aandag?

yolanda ·

Sam stem saam jou.moord is moord as die regter net van die begin AF die saak regbehartig het en na die bewyse teen Oscar gekyk get sou hy beslis n Langer vonnis gekry het.maar nee.huil n bietjie speel toneel en die regter kry jou jammer

Liewe heksie ·

Sam lees jou bybel reg n moordenaar het saam Jesus aan die kruis gehang en hom vergewe ook so wie is jy en al die ander wat GOD wil speel

Cherokee ·

Liewe Heksie, moet nie dinge sê wat kan maak dat mense vir jou lag nie. Jy sê dat Sam sy Bybel reg moet lees? Lees jy Hekise, jou Bybel reg? Waar in die Bybel les jy dat dit ‘n moordenaar was wat langs Jesus aan ‘n kruis was? Skrifverwysing asseblief.

yolanda ·

Oscar verdien meer as 6 jaar.die steenkamps se eniges kind is dood geskiet of dit nou n ongeluk was of nie moord is moord.ek voel glad nie jammer vir Oscar of sy familie nie.

DR ·

Go Gerrie Nell,,, die persone wat moeg is om van die saak te lees hou Dan op.. Maar geregtigheid moet geskied. 15 jaar min.

Lettie ·

Julle almal het so baie te se oor oscar, maar dis reg as ons plaas boere vermoor word, vrouens verkrag word, ons praat Van vrouens in hul 80, Waar is gerrie Dan.

Sam ·

Lettie die gaan verseker nie oor Oscar nie. Die gaan oor ‘n moordenaar wat 6 jaar gevonnis is vir moord. En net soos die ook nie oor Gerrie Nel gaan nie kan ek wel vir jou se AS Gerrie Nel die aanklaer was van ‘n 80 jarige vrou wat vermoor was, sou hy OOK geveg het vir meer as 6 jaar, maar nes ek en jy weet, die gaan vir julle oor kleur want as die ‘n swart man was sou julle saam gestem het dit was nie genoeg nie. Hou op om dit oor Oscar Pistorius te maak, maak dit oor die daad wat gepleeg is, wat moord was, en se dan vir my 6 jaar is genoeg vir ‘n moordenaar.

Tinktinkie ·

Lettie asb!!! Het jy mooi gedink voordat jy kommentaar gelewer het? Juis…as moordenaars se vonnis slegs 6jr is, gaan plaasmoordenaars ook wegkom met 6r tronkstraf!! Dis n beginselsaak!! Gerrie veg hier eintlik vir almal dat geregtigheid moet geskied!!

100% reg ·

Jy is 100% reg Lettie. Kyk moor maar ons mense uit en moenie worry, hul word nie gevang en as dit per ongeluk gebeur, kry hul beskerming, staatshulp en regte en geen tronkstraf. Die beheptheid is buite verband.

marie visser ·

Ek stem 100% saam met Sam en Estelle met als wat hul sê. Lettie, glo my vry, wanneer ‘n saak aan Gerrie Nel toegeken word om te behartig, sal hy sy bes vir geregtigheid doen, maak nie saak watter ras of geslag of die soort saak nie. Die wat so oor Gerrie Nel kla, weet net, hy besluit nie alleen of ‘n saak moet voortgaan deur te appélleer nie, dis ‘n besluit deur die hele NVG. Onthou sommer ook dat die Woord van God sê dat die onreg in die laaste dae sal toeneem. As daar mense is wat 10 jaar tronkstraf vir diefstal moet uitdien, dan kan Oscar maar gerus 20 jaar vir moord sit.

James ·

Sorry but what i dont understand is almal warry oor een man waar die bevolking oor die 60mil. Mense is en al die plaasmoorde wat on opgelos is , Ì just dont get the picture.

Jo ·

Dames, slaap asb tog liewer by julle eie huise. Moet nie geleenthede skep nie.

Lance ·

Vervolg nou asb zuma met dieselfde vuur in jou dan help jy sommer die hele SA van n reeds groot ramp asb

Netso ·

Netso Lance en James, so gatvol vir die onsinnige kommentaar

fred ·

AL WAT EK SE – ONTHOU N WORS HET TWEE ENTE EN NIE NET EEN NIE.

UJ ·

Almal wat gal braak oor Gerrie jul sit die pot heeltemal mis Hy doen net sy werk Masipa is seker “gebribe” dit is nou die 2de keer dat sy Oscar bevoordeel, Mooi so Gerrie ek hoop hy kry 20jaar want hy verdien dit Moord is moord – 4 keer na ‘n toe toilet deur? Hy het bedoel om te moor

BONDJAMESBOND ·

UJ, jy vat dit so mooi saam in ‘n paar sinne. As almal net so oopkop was soos jy. Dan was daar ook die vooraf gebeure wat ongelukkig nie gestaaf kon word nie. Soos die gille wat uit daai huisgekom het. Deskundiges het kom getuig en dit kon ongelukkig nie bewys word nie. Hoe moet die mense voel wat dit gehoor het. Hulle word in twyfel getrek. Hoekom sal iemand nou ‘n leun vertel oor so iets?

Columbiana ·

5 jaar vir manslag en 6 jaar vir moord.
Kan enige mens werklik sê dit klink logies?
Die plaasmoordenaar, die huisbreker, die man wat sy vrou vermoor de laaste een van hulle kan nou lekker ry op die rug van hierdie uitspraak want like it or not selfs sulke gespuis het persoonlike omstandighede wat hulle dade beinvloed het. Moenie kla as die hof hierdie mense ‘n ligter straf buite die 10 of 15 jaar gee nie want onthou Gerrie Nel (eintlik die NPA) moet mos net get over it.

Rina Pretorius ·

mmmmm ja ja ja, as dit jou seun was wat die sneller getrek het???? sou jy 20jaar plus vir hom wou he dalk, ek dink nie so nie. Oscar het nie sy meisie vermoor nie, hy het gedink dit was n inbreker en het daarvolgens opgetree. As dit was dat hy haar in haar gesig gekyk het en toe geskiet het was dit ‘n ander saak. Sjoe mense, sover ek weet kom die oordeel God alleen toe, so hou op gal braak en gaan aan met julle lewens. Ek is seker julle het baie meer in die lewe wat julle kan besig hou of hoe

Columbiana ·

Die oordeel kom die hof toe dit lê dan selfs in die woord veroordeelde gevangene.

tinah ·

Dankie Rina,,,,,,,,,,,,,,,, almal hier so verdomp grootmond,,,,,,,,,,,,,, hulle ook te min te doen soos gerrie, jy eerste een wat toe skoen aan die ander voet sit, dankie

Jean ·

En as dit jou dogter was Rina? Maklik om net die een skoen aan te trek ne?

vermeende ·

Maroela, die Oscar saak is nou al soos n ou legkaart wat tot verveelins toe oor en oor gebou word, sluit eerder die kommintaar op die saak en maak die kommintaar oop oor die pastoor wat verbied word om SA te besoek.

Sam ·

Die een ding wat die Oscar saak bring is gesonde debat. Ons almal verskil van opinies en tog al maak mense se kommentaar my soms kwaad :) hou ek tog daarvan om ‘n debat te voer! Die pastoor se kommentaar. ..Daar is ‘n rede hoekom Maroela hom gesluit hou. En ek dank hulle daarvoor. ‘n Debat oor moord, en vonnis en politiek is in ons bloed sels rugby! Maar kom ons los eerder ‘n debat oor Godsdiens wat verseker in daai debat lelik gaan word. Gaan los kommentaar oor daai pastoor op sy facebook blad of op binnelandse sake sin.

LS ·

Soos hulle se……jy (almal) kom weg met moord……behalwe OP.

Diana Moolman ·

Ek wens regtig hierdie storie wil vir eens en vir altyd end kry. Ja hy het haar geskiet, ja dit is iemand se dogter ja alles is waar MAAR Gerrie Nel hul en die breë publiek het in elk geval Oscar se hele toekoms vernietig so wat help dit as hul aangaan en aangaan. Gerrie het seker nie ‘n ander saak om hom mee besig te hou nie.

Haasdas ·

Geensins Diana, jou MAAR moes in klein letters gewees het. OP het Reeva se toekoms opgeneuk. Hy het gekry wat hom toekom en eintlik te min. Hy is baie gelukkig in BAIE opsigte. Hy is nie eintlik in die tronk nie. Hy leef lekker, hy maak dit moeilik vir hom self. In die regte tronk slaap jy nie op jou eie bed met ‘n privaat badkamer nie. In die regte tronk kan jy nie in privaatheid studeer soos hy nie. Hy het seker teen die tyd al internet met sy eie rekenaar. Wat meer wil julle hê?

Jan ·

Go Gerrie go Gerrie as ons meer sulke mense in die land kan he dan ssl dit beter gaan met ons land

KP ·

Go Gerrie Go. Jy ken ten minste die wet nie soos party wat dink hulle ken die wet nie.

Teeblaar ·

Geen simpatie met OP! Gerrie, doen wat nodig is, bere hom vir lank. Hy is in die tronk, maar het sy eie badkamer, lekker bed met snoesige beddegoed, afgesonder op sy eie. Nee wat, hy hoort in die tronk, nie in ‘n hotel nie.

Jampotpolka ·

Gedane sake het geen keer nie. Trane behoort nie in ag geneem te word nie. Dit is vals! Doen wat jy moet doen Gerrie.

SêMaarNet ·

Is n persoon se lewe net 6 jaar tronkstraf werd.
n Oog vir n Oog sou ek sê…
Hy het geweet Reeva is agter daardie deur. Wil jy vir my sê as iemand iets in hulle huis gewaar dat daardie persoon nie sy geliefdes sal waarsku nie? Dit het te maklik geword in ons land om moord te pleeg, want kyk die belaglike vonnisse wat opgelê word…

Sam ·

My kommentaar oor wat die bybel wel se oor moord is dat dit wel presies beteken wat SêMaarNet hier bo gese het en dit is tog oog vir ‘n oog. Julle ondersteun moord (neem nota dat ek glad nie praat oor Oscar nie want die is oor die daad) en dat 6 jaar meer as genoeg is, maar God ondersteun die dood straf. So as die doodstraf wel nog hier was, sou julle teen die bybel veg dat dit te veel is? Nou kom ons praat oor Oscar, want dit is presies waaroor die vir julle gaan. Julle kry hom jammer, ek ook, julle se hy is nie ‘n geharde misdadiger nie, ek stem saam! Maar hy het moord gepleeg. Dit kan nie ligter gemaak word omdat volgens julle hy dit nie beplan het nie. Sy 6 jaar is nie genoeg vir die lewe wat hy geneem het nie en in my opinie is 15 jaar ook nie genoeg nie, nie net vir Oscar nie maar vir enige moordenaar. Gaan sit vanaand ‘n ‘tydperk’ op jou kind se kop ook want volgens julle is ‘n moordenaar se slagoffer se lewe net 6 jaar werd. Kyk julle die Steenkamps in die oe en se vir hulle Reeva se lewe was net 6 jaar werd, en wanneer julle eendag in die hemel kom, se vir God sy kinders se lewens is net 6 jaar werd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.