Staat ondersoek onwettige ‘burgerskap-huwelike’

Aaron Motsoaledi. Foto: ANA

Die departement van binnelandse sake is besig om op te tree teen buitelanders wat met Suid-Afrikaners trou met die hoofdoel om Suid-Afrikaanse burgerskap te bekom, asook teen lugdienste wat onwettige immigrante die land in vervoer.

Dit blyk uit antwoorde deur die minister van binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi, op skriftelike parlementêre vrae deur twee parlementslede van die opposisie, te wete Liezl van der Merwe (IVP) en Joe McGluwa (DA).

Van der Merwe het spesifiek oor die huwelike gevra en McGluwa oor die lugdienste.

In antwoord op Van der Merwe se vraag het die minister gesê die departement het ’n teenkorrupsie-eenheid wat onder meer spesifiek fokus op sulke gerieflikheidshuwelike om burgerskap te bekom.

Die afgelope vier jaar is 84 sulke voorvalle aan die eenheid gerapporteer.

Van hierdie sake is 59 afgehandel en 16 het reeds op suksesvolle vervolgings uitgeloop. Die ander nege sake word nog ondersoek.

Die departement se stelsels vereis telkens biometriese identifikasie van gebruikers, wat beteken dat die owerhede baie suksesvol is met die aankeer van amptenare wat onwettig optree.

In antwoord op McGluwa se vraag het die minister gesê agt lugdienste is boetes opgelê omdat hulle ongedokumenteerde buitelanders na Suid-Afrika vervoer het.

Die lugdiens met die meeste uitstaande boetes hiervoor is Emirates met R9,63 miljoen, gevolg deur SAL (R6,6 miljoen), die Ethiopiese lugdiens (R5,76 miljoen), Kenya Airways (R2,73 miljoen), British Airways (R2,325 miljoen), Qatar‑lugdiens ((R1,77 miljoen), Air Rwanda (R1,44 miljoen) en Etihad Airways (R1,11 miljoen).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
hendrik

Nou eers? Moes dit al twee dekades terug gedoen het.

A

Ek vermoed as ons van al die onwettige immigrante ontslae kan raak sal ons werkloosheid, behuising ens. ens. ook makliker opgelos kan word.

Jaco

Aan wie word boete geld betaal?

Ben Parsons

Is dit dan nie die doane amptenare (wat in elkgeval vir die staat werk) wat hierdie mense deurlaat tot by die vliegtuig nie. Lugrederye vervoer net die mense.
Net nog ñ manier om geld van iewers af te kry en……….. ja.

sweis

Soos hulpbronne minder word gaan lande strenger optree teen afrika immigrante wat wettig of onwettig lande binnekom wat nie eers genoeg hulpbronne het vir hulle eie mense nie