Staat ontken brandbestryders is in Kanada ‘uitgebuit’

Die Working on Fire-span wat op 29 Mei 2016 na Kanada vertrek het om dié land te help om hewige veldbrande in Alberta te blus Foto: Working on Fire, Facebook

Die Working on Fire-span wat op 29 Mei 2016 na Kanada vertrek het om dié land te help om hewige veldbrande in Alberta te blus Foto: Working on Fire, Facebook

Suid-Afrika se departement van omgewingsake het bewerings deur die National Union of Metal Workers of South Africa (Numsa) ontken dat Suid-Afrikaanse brandbestryders “genadeloos uitgebuit is” in Kanada.

Die departement het in ʼn verklaring gesê hy het met spyt kennis geneem van Numsa se bewerings rondom die betaling van die brandbestryders wat onlangs teruggekeer het ná ʼn loongeskil. Die brandbestryders het gehelp om verwoestende brande in die Alberta-gebied in Kanada te blus.

“Hoewel die departement bevestig dat die vakbond daarop geregtig is om sy bekommernisse oor die betaling van werkers te opper, strook sy uitsprake nie met die waarheid of lewer ʼn bydrae nie en kan as aanhitsing gesien word,” het die departement gesê.

Patrick Craven, Numsa se woordvoerder, het Donderdag gesê die 301 brandbestryders wat na Kanada gestuur is, is uitgebuit deurdat hulle nie die loon ontvang het wat aan hulle belowe is nie.

Die departement het dit ontken deur te sê die brandbestryders het deel gevorm van die internasionaal-erkende program vir natuurlike hulpbronbestuur, Working on Fire (WOF), en dat hierdie program jong Suid-Afrikaners die nodige vaardighede en opleiding gee om hulle ʼn voorsprong in die toekoms te gee en ʼn kans op ʼn beter inkomste. Die departement het gesê die brandbestryders in die program word vergoed volgens die riglyne soos vervat in die program se beleid vir indiensneming en werksomstandighede.

“ʼn Groot aantal brandbestryders wat deel was van die WOF-program het intussen werk in die openbare en private sektor aanvaar,” het Edna Molewa, die minister van omgewingsake, gesê. “Sommige voormalige brandbestryders het intussen hul eie ondernemings in landbou, kleinhandel, ensovoorts begin, insluitend een brandbestryder wat in 2015 in Kanada begin werk het.”

Molewa het gesê die brandbestryders is weer terug in hul normale werksroetine sedert hulle Dinsdag uit Kanada teruggekeer het. ʼn Volledige interne ondersoek na die oorsaak van die loongeskil in Kanada is intussen van stapel gestuur.

Maroela Media het vroeër berig die 301 brandbestryders wat na Kanada gestuur is, het op 8 Junie begin staak omdat hulle glo slegs $15 per dag gekry het, en nie $50, soos hulle glo belowe is nie. ʼn Bemiddelaar is na Kanada gestuur om die loongeskil by te lê, maar die brandbestryders het kort daarna teruggekeer, glo omdat daar nie meer ʼn behoefte aan brandbestryders was nie weens swaar reënval in Alberta.

Lees alle vorige berigte oor Working on Fire/Kanada op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

alida ·

Wat anders verwag julle van Suid Afrikaners? Ondankbare spul.

Ivan ·

Die Unies rig meer skade aan as wat hulle goed doen, en is verantwoordelik vir 95% stakings in hierdie land. Hulle kos ons der miljoene.

Ai ·

Geen geld sal genoeg wees nie …. die gulsigheid is te groot!

Wat-ek-lees ·

Toe reën dit water en nie geld.
Lyk my daar is ook ‘n hoorprobleem met die verskil tussen 15 en 50.
Tipies Afrika ‘attitude’.

Teleurgesteld ·

Niemand gaan ons nou weer daar toelaat nie maar dit is reg ….. Hulle wil mos als verniet heeeeeee
l

Martin ·

Gedink hulle moet gaan brand stig. toe was dit gaan brand blus.

Johan ·

Mooi man, eintlik het hulle Suid Afrika se naam “BOLLIE” gemaak.

Oupa D ·

Laat die hele wêreld dan maar sien waarmee ons sit in die ‘nuwe’ Suid-Afrika. So maai die lot maar net wat hulle saai. Skandemakers!!!

m ·

Hierdie mense loop mos ma altyd met die persepsie van almal wil hulle indoen. Dis hoekom hulle so minderwaardig voel oor hulle self…….

Charles Austin ·

Dink Canada het hulle weg gejaag omdat hulle hopeloos is

Frans ·

Trek hule aan ma vat hule nerens ni want skade sal jy kry dis oor en oor bewys

Jan maak n plan ·

Nou hoe wil dit dan nou al weer lyk asof die regering hulle nouself alweer gehelp het aas die manne se salarise wat die Kanadese gegee het

Kaspaas ·

Uitgebuit teen R1500 per dag. Hulle kan my maar gerus so uitbuit. Die 301 is n verleentheid vir die land

Lizelle ·

Tipies!!!! Ondankbare spul. Nou word ons land se naam verder deur die modder gesleep. Ons is alreeds so ñ groot grap vir die wêreld. Sak maar net my kop in skaamte.

Chris Ws ·

Lizell ,ek sak glad nie MY kop in skaamte nie.Dis nie MY MENSE wat die skande veroorsaak het nie.Dis mense wat die BUITELAND aan bewind wou gehad het en HELP bring het.Nou kry hulle maar net vir hulle!!Ek geniet dit vreeslik!

Christo Visagie ·

Hulle is vreeslik uitgebuit,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,die Kanadese het van hulle verwag om te werk vir die geld

John ·

Volgende keer moet hulle Holywood probeer… en hulle het so hard geoefen.

Liewe heksie ·

Sê ok hul was nie opgewasse vir die job nie en toe gryp hul na hul kultuur se strooihalm LOONGEGESKIL Kannada kan bly wees hul het nie lewens verloor nie want in SA is dit mos regso om dood te maak

Bob ·

Genade. Ek sal nie werk vir $15 per dag nie. Dit is ongeveer R200. Die brandweermanne word uitgebuit!

grotman77 ·

Ek’t van die boonste kommentare gelees en moet se 15 dollar is niks. Ons het laasjaar die 5de grootste brand in SA by ons gehad.. die manne en vroue werk hard en soms is hul lewens ingevaar . Hul werk 24h in rook, roet en vuur en is uiters bekwaam . Vir die brawe armbank vuurslaners wat voor jul TV sit en bier drink ek daag jul uit om langs een van die mense te gaan werk…. jy sal dit nie maak nie… So is hul uitgebuit ja beslis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.