Staat roep getuies in Upington-moordsaak

Judith Redelinghuys (Foto: Facebook)

Die staat het verlede week reeds drie getuies geroep in die moordsaak van Judith Redelinghuys (71), ʼn sakevrou van Upington in die Noord-Kaap.

Tumelo Mavlenter Sotho (39), Martatjie Engelbrecht (31) en Nkosinathi Ntombela (35) het Maandag weer in die rondgaande hof in Upington in die Noord-Kaap verskyn waar die verhoor sedert verlede week hervat is.

Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en dwarsboming van die gereg. Hulle het skuld op al die aanklagte ontken.

Volgens Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die staat heel eerste Redelinghuys se dogter, Leanne Arnon, as getuie geroep.

Tumelo Mavlenter Sotho, Martatjie Engelbrecht en Nkosinathi Ntombela in die rondgaande hof in Upington, Noord-Kaap (Foto: Anja van der Merwe)

Arnon het getuig hoe sy op 30 Junie 2020 op Redelinghuys se liggaam in die swembad by haar huis in ʼn woonkompleks in Budler Close, Upington, afgekom het. Haar hande was agter haar rug vasgemaak.

Senokoatsane sê die staat het daarna die ontwerper van Redelinghuys se juweliersware na die getuienisbank geroep.

Ntombela is op 2 Julie in hegtenis geneem ná hy glo dié juweliersware by Cash Crusaders in Upington probeer verkoop het. Die derde getuie was die eienaar van dié pandjieswinkel.

Die verhoor sal na verwagting vandeesweek voortgaan waar die staat nog getuies sal roep. Die beskuldigdes bly in aanhouding.

Luidens die klagstaat het die drie beskuldigdes vooraf gekonkel om Redelinghuys te beroof en te vermoor.

Sotho het as tuinier vir Redelinghuys se bure gewerk en het dus toegang tot die kompleks gehad. Engelbrecht en Ntombela was ten tyde van die moord getroud gewees.

“Op 30 Junie het Sotho vir Ntombela na die kompleks ontbied om hul planne deur te voer. Redelinghuys het Sotho toegang tot haar erf gegee, waarna hy en Ntombela haar oorval het,” lui die klagstaat.

Volgens die klagstaat het die twee beskuldigdes na bewering ʼn elektriese koord en ander voorwerpe gebruik om Redelinghuys te verwurg. Hulle het daarna glo haar hande vasgemaak, ʼn voorskoot oor haar mond en nek gebind en haar liggaam in die swembad gegooi.

Die beskuldigdes het na bewering ʼn selfoon ter waarde van R10 000, kontant met dieselfde waarde, twee bankkaarte en juwele ter waarde van byna R250 000 gebuit.

Volgens die nadoodse ondersoek is Redelinghuys dood weens verwurging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Nee want dis mos hulle reg om wit mense dood te maak. Hulle sal niks oorkom nie want hulle is kastige voorheen benadeeldes.

Lillian ·

Nee jong, die verskoning sal seker weer wees dat hul honger was

Hettie ·

Verstaan ek dit reg? Is Ntombela die ontwerper van Redelinghuys se juweliersware? Dan het hy baie goed geweet watter waardevolle juwele sy het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.