Staat sal appelleer ná verkragter slegs boete kry

Argieffoto.

Die staat gaan appelleer teen die vonnis van ʼn verkragter wat slegs ʼn boete opgelê is nadat hy ʼn student in September verlede jaar verkrag het.

Dit kom nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid ’n skrywe aan Shamila Batohi, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), in hierdie verband gerig het. Volgens die organisasie het adv. Moipone Noko, direkteur van openbare vervolging vir die Noordwes-afdeling, Donderdag bekend gemaak dat die staat stappe gaan doen om teen die boete-oplegging te appelleer.

Kebabaletsoe Motseko is op 16 Julie vanjaar deur landdros Ike Motswai in die Ga-Rankuwa-landdroshof tot agt jaar gevangenisstraf óf die keuse van ’n R10 000-boete gevonnis vir die verkragting van ʼn student.

Die student het verlede jaar die verkragting onmiddellik nadat dit gebeur het by die polisie aangemeld, maar die ondersoek na die saak het aanvanklik gesloer. Motseko het later skuldig gepleit.

Andrew Leask, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê die eenheid het by die saak betrokke geraak nadat Motseko se familie glo probeer het om die slagoffer om te koop om die saak te laat vaar.

“Die slagoffer se familie het die privaatvervolgingseenheid genader, waarna ons die nodige druk op die polisie toegepas het om die klagte te ondersoek. Dit het daartoe gelei dat Motseko uiteindelik deur die NVG vervolg is,” sê Leask.

Die landdros het egter, ná verskeie uitstelle, besluit om nié die minimum vonnis vir verkragting op te lê nie, ten spyte daarvan dat daar volgens Leask geen wesenlike en dwingende omstandighede was om dié afwyking te regverdig nie. Die familie van die verkragter het boonop R10 000 by die hof gehad en kon die boete onmiddellik betaal sodat Motseko vrygelaat kon word.

“Dit is vir AfriForum se privaatvervolgingseenheid belangrik om by sake soos hierdie betrokke te raak. Eerstens omdat die polisie nie selektief kan wees met die vervolging van verdagtes nie en tweedens omdat die regstelsel hierdie slagoffer gefaal het,” sê Leask.

“Die vonnis wat die landdros in hierdie saak opgelê het, is skokkend onvanpas en maak ’n bespotting van die regstelsel. Ons is tevrede dat ons druk die NVG oortuig het dat daar gronde is om te appelleer. Ons sal aanhou veg totdat geregtigheid in hierdie saak geskied het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

DS ·

Die slagoffer was nie bereid om omgekoop te word nie (en trots op jou daarvoor) maar die regter het geen probleem met omkoopgeld nie. Wys jou net hoe korrup is ons wetstoepassers! Ek hoop hierna sit hy bietjie in die tronk en voel waardeur hy jou gesit het!

Spiekeries ·

R10 000 vir verkragting maar R200 000 vir die die verkeerde woordkeuse? Maak nie sin nie? Verkragting is tog ‘n halsmisdaad?

Kani Vestani ·

R10000 vir verkragting, R200000 vir die K-woord! Arme vroue in vrouemaand word regtig sleg behandel deur die regstelsel!

Strandloper ·

Ek dink hulle name sê dit alles….gin reg denkende persoon kan so op tree nie!

jakes ·

Wat se boodskap stuur die hof aan verkragters? Dat hulle maar kan maak wat hulle wil? Weereens kom die aanstelling van landroste en regters onder die loep. Skande.

Swannie ·

Dis nie vir iemand nodig om van die “regstelsel”`n bespotting te maak nie – die “regstelsel”doen fit sommer vanself.

Hoe op deesaarde kan dit wees dat `n verkragting slegs R10 000.00 kos maar `n woord op die minste R150 000.00 PLUS 160 uur gemeenskapsdiens PLUS `n strafregterlike vervolging ????

Deesadae se regters ?….eish !!!

Clipper ·

Hierdie landdros is ‘n klad op die regstelsel en moet onmiddellik afgedank word

Niklaas ·

Meeste amptenare het sy prys en staan reg vir die Afrika Saluut (bakhand vol note). As hierdie tipe optrede nie nou kortgevat word nie , sal dit deurgans gebeur en die probleem is dan om dit te ellimineer in die toekoms.

Hendrik ·

Die landros moet ondersoek word. Hier is verseker n omkopery aan die gang.

Rubber ·

Gelukkig sal die ANC vroueliga in volle sterkte protesteer. Korrupte sisteem.

Henry ·

Skraap die regter van die rol. Hy is onbevoeg. Sal dit met ander sake ook doen

Arno Scheepers ·

Seker weer een van die regters wat nie eers matriek het nie. Die persoon is beslis nie bevoegd om op die bank te dien nie.
Dank hom af NOU.
Die regstelsel is n bespotting.
Alle vroue moet saamstaan en protesteer teen die vonnis.

Manie van Worcester ·

is nie net regter, onthou polisie het ook niks gedoen tot hulle gedwing is, laat ek raai, die arme vrou seker wit

Sam Brookes ·

Hoe is dit moontlik dat die keuse van ‘n boete vir verkragting ‘n vonnisopsie kan wees. Die landdros se vlieg in sy/haar kop het defnitief uit sy kano geval.

Suzie ·

Julle moet wakker word, die howe is nie meer soos jare gelede nie. Die “kinderhof” in Pretoria is nou die “vroue hof”. Mamma maak ‘n ongeluk met dogtertjie in die voertuig onder die invloed van dwelms en pille. Wit vroue landros sê sy wil niks hoor nie “dis in die verlede”, SHE MADE HER SHE WILL LOOK AFTER HER”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.