Staat sal moeilikheidmakers vasvat, sê minister

naledi-pandor

Naledi Pandor. Foto: Flickr/GovernmentZA

Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en opleiding, het sterk optrede in die vooruitsig gestel teenoor enigeen wat die ordelike registrasieproses van studente by universiteite en ander tersiêre instellings ontwrig.

Pandor het by monde van haar woordvoerder, Lunga Ngqengelele, aan Maroela Media die versekering gegee dat die regering nie sal toelaat dat enige oortreding van regulasies by tersiêre instellings ongestraf gelaat word nie.

“Hoewel dit uiteraard die grondwetlike reg van studente en die samelewing is om protes aan te teken, is daardie reg slegs geldig solank dit binne die landswette en die instellings se regulasies gebeur,” het Ngqengelele gesê.

“Sodra enige wet of regulasie oortree word, moet daar geen huiwering wees om die veiligheidsmagte te ontbied en die orde te herstel nie,” het hy benadruk.

Probleme word by verskeie universiteite verwag nadat organisasies soos die EFF hul teenstand teen die betaling van registrasiegeld deur studente uitgespreek het. Die universiteite het die geld nodig vir lopende uitgawes aan die begin van die jaar.

Vier jaar gelede het studente-onluste ten gunste van gratis onderwys onder die “FeesMustFall”-banier chaos, ontwrigting en skade by verskeie universiteite veroorsaak. Aanduidings is dat die EFF daardie sentiment tot eie voordeel met die oog op die verkiesing wil aanwend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Alida ·

Dink sy nou regtig haar woorde gaan hulle stop? Alles wat intussen herstel of herbou is sal eenvoudig weer afgebrand word. Watch the space.

Petra ·

Ag twak Naledi!!!! Julle kan julself dan nie eens reguleer nie!!!

AJ ·

Hou net die MEDIA weg (stil) …. dan sal niemand belangstel om te gaan “grandstand” by tersiêre instansies nie.

Dit is die breindood media se skuld dat vandalisme en geweld die beproefde resep geword het waarmee GRATIS publisiteit verkry kan word.

Hanna Hoekom ·

Blah-blah-blah-blah! “Our people” raak nou heel voorspelbaar. Gee tog maar vir hulle die graad-sertifikate wanneer hulle vir die eerste keer registreer. Dit sal die vuisvoos belastingbetaler baie geld spaar!

elizna ·

Ek wil net vir die ou auntie sê. Vir elke dag wat my kinders weerhou word om klas te draf eis ek fondse van die staat. Julle moet pa staan vir jul uitlatings. Almal het regte. My wit kinders ook.

PJC ·

Hierdie klink na erg leë beloftes in die lig van wat in die verlede gebeur het.

JG ·

Ja ne? Pandor…julle is nie eers in staat om n put-toilet te administreer nie…wat wou ietsie meer ingewikkeld soos die ? Narre….

jakes ·

Pandor probeer tevergeefs om studente te waarsku. Malema het reeds opdrag gegee dat studente reg in eie hande moet neem. Dus is optogte, brandstigting en saakbeskadiging ons voorland. Die maklikste oplossing sou wees om alle jongmense op ouderdom 18 n matrieksertifikaat met universiteitsvrystelling te gee sowel as n tersiere graad. dan hoef kinders glad nie eers skool toe te gaan of verder te studeer nie. N salaris van R18000 pm moet dan aan alle mense betaal word en jaarliks met 15% styg. O ja, moet ook nie vergeet van rentevrye huislenings, vry elektrisiteit en n maandelike kruidenierstoelaag van R5000 per gesin. Moenie se dat daar nie geneg geld is nie want elke dorp kan sy eie munt he wat geldnote na willekeur kan druk, SA is mos n paradys wat nie die einde van sy skatte ken nie.

Sarel ·

Net groot praat, sal sy die kans vat dat die universiteit afgebrand word? waarskynlik nog sel aanmoedig.
Steme verloor, beslis nie, kwaaddoenders wat nie wit is nie sal niks aan gedoen word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.