Staat sal ‘skokkend ligte’ Oscar-vonnis appelleer

Oscar Pistorius. Argieffoto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius. Argieffoto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag bekendgemaak dat hy teen Oscar Pistorius se moordvonnis sal appelleer.

Die NVG het in ʼn verklaring gesê sy aansoek om verlof tot appèl sal later vandag ingedien word.

Dit volg nadat regter Thokozile Masipa Pistorius vroeër vandeesmaand tot ses jaar tronkstraf gevonnis het vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp. Masipa het tydens die vonnisoplegging gesê lang tronkstraf sal nie geregtigheid tot gevolg hê in Pistorius se geval nie en dat dit onwaarskynlik is dat hy weer ʼn oortreding sal begaan.

Masipa het ook bevind daar is wesenlike en dwingende omstandighede vir afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar tronkstraf vir moord. Sy het gesê elke saak is anders en moet individueel hanteer word.

Die NVG het Donderdag gesê dat die vonnis na die staat se mening onvanpas is vir die misdaad wat gepleeg is, asook “skokkend te lig”. “Die het tot ʼn onreg gelei en het die potensiaal om die administrasie van die gereg in oneer te bring,” lui die verklaring.

“Ons hoop dat hierdie appèl ook die beginsels van vonnisoplegging duidelik sal maak, veral in misdaadkategorieë waar daar ʼn minimum vonnis voorgehou word, ondanks die feit dat die regsbeampte sy diskresie kan aanwend om van die minimum vonnis af te wyk indien daar dwingende omstandighede is.”

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

114 Kommentare

M'Lady ·

Ag asseblief tog. Wanneer gaan dit nou einde kry? Die NVS gaan seker die doodstraf terugbring net vir Oscar. Belaglik.

Boesman ·

Dit gaan einde kry wanneer hy ‘n regverdige vonnis kry, DIS wannneer.

GENOEG IS GENOEG ·

MOOI SO GERRIE…WYS ALLE VROUE MISHANDELAARS DIE REG ..!!!!!

Agree ·

M’Lady ek moet met jou saamstem, dit is belaglik, wens hul wil ook soveel energie aan ander sake gee. Hulle is kapabel en bring doodstraf vir dit terug en dan skielik is dit weer onmenslik as die swernote wat vroue op plase soos die huishulp wat vandag aangeval is, sy was alleen en 8 stukke gemors mans wat nie die woord man werd is nie, het haar aangeval, ek hoop die weerlig slaan hul dood, want die NVG gaan niks aan haar saak doen nie, hulle dink ag sy moet ok wees, sy is mos net ‘n huishulp, jammer NVG sy is ‘n vrou, eerlike vrou wat haar geld op eerlike manier verdien en dit is sommer lekker cool met julle dat 8 misbaksels haar aanval, te vrotsig om man alleen te kom.

Jawat ·

Jawat ou Boesman, Oscar het jou seker weg gehol, kan nie glo jy verlekker jou so in sy tragedie nie, ek bid maar vir jou, wanneer die ding jou familie se kant toe kom, glo my dit is nogal ‘n storie en dan besef jy ander se pyn is nie pret en plesier vir jou nie!!!!!!

Johann ·

Nog tyd, nog geld…weereens omdat die aangewese regsamptenaar(Masipa) haar herhaalde onvermoë en onbekwaamdheid ruiterlik ten toon gestel het. Aangestel; maar soos in soveel ander top poste, slegs effektief as en hopelik wanneer iemand anders haar terregwys. Irronie wat in die naam regstellende aksie lê…

Saartjie ·

Nou verwonder ek my oor hoe akkuraat en regverdig Juts Masipa se vonnise oor al die jare gedurende haar termyn as regter was. OP het bra lig daarvan afgekom, was sy dus reg in haar oordeel met ander.

Charlotte ·

Ek is nie n Oscar aanhanger nie….maar REGTIG!!!! Dis nou genoeg….laat hy sit vir sy 6jaar en klaar kry en aangaan met sy lewe en gewete. Hulle wil hom heeltyd uitsonder maar wat van die menigte moordenaars daar buite wat kinders verkrag en doodmaak en die weerlosr oupas en oumas op plase. Los nou vir Oscar en fokus op NOU se dinge wat daagliks gebeur!!

alet ·

as ek kon het ek op jou post miljarde male die like button, gedruk.

LeonR ·

Charlotte,
wat is die verskil tussen my en Oscar? Die eerste ding wat jy in opleiding leer is dat jy NIE kan vuur (skiet) sonder om die teiken te bevestig nie.

Ek het ‘n inbreker 2 maande terug in my huis geskiet en staar 15 jaar in die gesig, ek het hom gesien, gesien hy het ingebreek, hy het my aangeval en ek het hom gestop. Noodlottig ja, dit was ek of hy.

Wat mis jy in hierdie twee scenarios??

Sê my dat ek my advokaat kan inlig asseblief!

Dankie

Hilda ·

ek stem saam met jou….kan dir staat asb die geld gebruik om ander moordenaars vas te trek en te laat sit. Magtig, genoeg is genoeg! Ek is nie Oscar aanhanger nie…maar die staat mors nou geld wat hulle nuttiger kon gebruik het….of is dit al saak wat nou saakmaak?

Christa ·

Ja nee Charlotte ek stem saam jou. LeonR jammer dat jy nou dalk erger gestraf magword maar stel Barry Roux aan om jou te vededig………………

Onregverdig ·

LeonR, wat ek lees is regtig onregverdig!!!!!! Ek het wel een vraag, het die inbreker vir jou bedreiging ingehou of het jy net geskiet omdat hy jou goed vat, dit speel ‘n groot rol, glo my ek voel soos jy – my goed is my goed, maar as jou lewe op enige stadium bedreig gevoel het, moet jou advokaat jou deur die penarie help, al wat hy eintlik moet doen is om die staat se saak te weerlê met jou vrees, bedreiging en selfverdediging. Ek kan nie sien hoe jou advokaat dit nie kan uitsorteer nie!!!!! Kry dalk iemand anders, William Booth is ‘n goeie opsie. Jou saak het meriete!

Absoluut ·

Absoluut Charlotte, Alet, Hilda & Christa, ek kan nie aan beter woorde dink nie, ek kan nie glo hulle wil nog geld spandeer op die saak nie om wat te bereik?????? Daar is hoeveel misdadigers wat vervolg moet word, maar daar is nie geld en tyd nie!!!!!!

Daan Erasmus ·

Het die NVG niks beter om te doen nie. Daar is soveel sake wat hul opmors. Omdat die NVG oorlaai en te min personeel het. HULLE WOORDE. En steeds klou hul soos dinges aan n wolkombers.

Helene Heyns ·

Hierdie storie raak nou regtig absurd. Wat de joos gaan aan.? Hoeveel geld wil hul nog mors? Dis siek.

Boetman ·

Nou raak hierdie lot belaglik!
Gee eerder aandag aan swaarder strawwe vir plaasmoorde – waar mense wegkom met tien of twaalf jaar vir marteling, verkragting en nadat hul genoeg “sports” gehad het, moord.

My Mening ·

Ag nee wragtig is die Staat se ego se erg gekrenk dat hy nou moet voortgaan om te appelleer? Julle mors kosbare tyd en geld man. Bou ‘n brug en kom nou eens en vir altyd oor die Oscar sage. My pa is ook ‘n paar jaar terug vermoor en ja ek moes aanbeweeg. Glo my die beste ding wat ek ooit kon doen want jy weerhou jouself net baie geluk.

Netso ·

Netso Boetman, maar voor die kort strawwe kry hul eers borg en vermoor nog so paar mense waarvan kinders en dan kry hul kort strawwe met daai vervelige storie van ons het so moeilik groot geword, flip man daar is baie van ons wat moeiliker groot geword het en ons moet net cope en doen nie sulke goed nie.

siela ·

Belaglik is nie d woord nie. Oscar word vervolg asof hy d enigste moordenaar ooit was. Liewe hemel. Hyt nooit ontken nie..nooit gemartel nie.. Hyt nie iemand met n byl doodgekap nie.. Hyt nie verkrag nie.. Maar plaasmoordenaars wat dit als doen en nog gesoek moet word ens kry soms nie eens 4 jaar tronkstraf nie.. Nee magtig.

Elmarie ·

Gerrie Nel sal aanhou blykbaar tot die doodsvonnis terug kom. Die kort mannetjie wil iets bewys. Vervolg eerder die gewetenlose moordenaars wat ons boere vermoor.
Sies man!!

Maddox ·

Elmarie, jy is 100% reg, ek vermoet gerrie dryf ‘n persoonlikke vendetta teen Oscar. Hy het mos sy straf gekry, nou hoekom hom so vervolg?. Dieselfde word nie gedoen vir die moordenaars van blanke boere nie.

Spyker op sy kop ·

Ja Elmarie en Maddox, jul slaan die spyker op sy kop. Kort man sindroom het mos met ‘n self erkende moordenaar wat vooraf beplan het om die man te vermoor ‘n deal gemaak wat nie uitgewerk het nie of dit nou vriend vriend deal was of slegte deal en dit ry die man se gewete so, hy moet mos nou wys hy is die man!!!!

joe ·

Gerrie het niks met di NVG uit te waar ni…. Dis ni hy wat appeleer ni. Dis n heeltemal ander deel en organisasie van di staat

Tammy ·

Ag asseblief. dis belaglik verby !!!!!!!!!!!!!!!Klein mannetjie sindroom??????? He He

Tammy ·

Bou die brug en kom oor dit asseblief, ons is gatvol vir kleinlikheid. jVerstik al van die aangeleentheid.

Willie E ·

Nee hel,moenie “moan” nie,los die Oscar Saga….laat hulle aangaan…..dit raak nou ‘n kwaai “sepie”, hierdie…Sewende Laan se Gat…sou ek se….ha ha haaaaa!!!!!

Liewe heksie ·

Omw kan hul nou maar nie vir Gerrie n pakket aanbied nie die ou het helse knou gekry genade glo nie daar is iemand erger as Oscar gestraf nie hy moet vir die res van sy lewe daarmee saamleef wat geen ander moordenaars doen nie Bou n brug en kom daaroor tskkkkk

Karma ·

Arrrggghhhhh!!!!!!!!!!!!! Here we go again ……. Gerrie Nel & Kie, kry ‘n lewe. Ek is geensins ‘n OP-aanhanger nie, maar die hemel weet, genoeg is ook nou genoeg. Was dit Jan Alleman in die straat, het Jan Alleman sy straf gekry, miskien een of twee keer geappelleer en dan maar gedienstig tronkstraf uitgedien en daarna met sy lewe aangegaan. Maar nou is dit ‘n borgtogverhoor, ‘n verhoor-binne-‘n-verhoor, die verhoor, appèl, uitspraak, dan hoër gesag, en weer terug vir vonnisoplegging en nou ………. WEER appèl teen die vonnis? NEE, EK IS NOU REGTIG DIK VIR DIE SAAK!!!

Tong innie kies ·

Viva Gerrie Nel.Jy is n man so na my hart.Wens net daar was baie meer soos jy.

Steven ·

6 jaar was te min en dalk na 3jaar uit vir moord, net omdat hy Oscar is. Stem saam 15 jaar sonder parool. Staat doen net wat hul voel is reg persoonlik dnk ek dit is geensins vendeta teen Oscar hulle doen wat Reeva se ouers goedgekeur het. As dit my dogter was sou ek ook maksimum wou he nie 6 Jaar.

Verkramp ·

Ou Chris lekker verkramp, wat mens wens vir ander kan terugval, dan moet jy sterk staan outjie!!!!! Wat sou jou so beweeg dat jy sooo erg vir die jongman toewens, weet jy as sy storie waar is, die teendeel is nie bewys nie – hy is slegs skuldig omdat hy kon voorsien het dat hy die persoon agter die deur sou dood, ek was in so situasie, is dit darem ‘n rowwe wens wat jy hom toewens.

Groot oog ·

Steven ek sit groot oog, Reeva se ouers het op Nasionale TV dmv Advokaat Dup De Bruin gesê hulle is tevrede en hulle gaan nie appeleer nie. Regtig sulke swak smaak as mense wat min weet vreeslik slim is op goed wat hulle nie eens direk raak nie.

Bloues ·

Reg en geregtigheid moet seevier. DANKIE Gerrie Nel en span. Hoopenlik sal n regte regter nou oor die straf beslis. 6 Jaar vir moord is belaglik. Kierangs gaan braai maak nie saak hoe lank dit neem nie.

Hierdie is nie dieseselfde as plaasmoorde nie. Hier is n vrou in die huis in genooi, saam ge eet en gekuier, n bed gedeel (sy het veilig gevoel)en toe goeds moeds vermoor.

Happy ·

Ek is so happy oor mense soos jy wat presies weet wat gebeur het, wens net jy kon getuig het. Ek wonder wanneer gaan dit uitkom dat jy ook daar was Bloues.

Kobus ·

Van wat ek verstaan uit ‘n berig in die Engelse pers, word daar juis ook appél aangeteken om klarigheid vir alle strafregsake vorentoe te verkry, waar daar van die minimum vonnis, soos per die wet vir daardie kategorieë voorgeskryf, afgewyk word. Dus gaan dit nie nét oor hierdie saak nie, maar sal daar duidelikheid vir alle toekomstige sake daaruit voortspruit.

Ewe skielik ·

Ewe skielik gaan ons nou die straf lyne vaslê, asb dit is die swakste verskoning vir die idiotiese hekse jag. Die strawwe is nog altyd daar. Indien daar dinge gebeur het wat die regter in ag neem om straf swaarder te maak of sake soos in die geval ligter te maak, kan dit gebeur in diskresie van die persoon.

Rupert Ashford ·

Mens sou sweer die NVG het niks om te doen nie. Maar nouja hy is wit…

Mixi ·

Hierdie mag dalk ou gertjie se verskuilde laaste pogintjie wees om as OB verkoes te word……

Saartjie ·

Nee wat Mixi dan is jy bra ONINGELIG. Die kortlys vir OB is reeds saamgestel. Dit is belangrik dat die NVG appelleer. Oscar se vonnis word neergelê in die annale en word as riglyn gebruik vir toekomstige sake. Kom hy nou lig daarvan af, word dit in die toekoms gebruik is riglyn – kom ons kyk maar wat sê die appélhof en daarby sal ek berus.

Anton ·

Dit is nie nét adv. Nel se besluit nie om aan te gaan met die saak nie!
Ek ondersteun die NVG.
Juis omdat díé saak in die toekoms as voorbeeld gebruik sal word en meer moordenaars, waarvan Oscar een is, onbehoorlike strawwe sal kry!
Laat geregtigheid geskied en laat hy sy tyd doen.
Soos ‘n man.
Wat hy gedink het hy was met ‘n moordwapen in sy hand!!!!
Sela.

Elmarie ·

Die Regter het haar baie goed van haar saak gekwyt. Haar vonnis oplegging was in die kol. Elke saak moet op miriete beoordeel word, en dit het sy gedoen, dit is ook by die paneel bespreking deur die afgetrede Regter en advokaat genoem. Hierdie saak sal bewys word as die grootste onreg wat nog gepleeg is, ‘n verhoor in die media deur die media. Sela

Elsabe ·

Ek stem Anton…hierdie saak gaan na vorentoe ‘n kriteria word. Oscar sou werklikwaar met die “wegkom met moord” in lewende lywe gevier het as die NVG nie hierdie weer eens belaglike vonnis teenstaan nie. Die boodskap wat dit uitstuur in die toekoms sou fataal wees.

Lees ook Jacomien se kommentaar hieronder!

Jawat ·

Jawat Anton, nou skryf jy nogal mooi en nie te kant kieserig nie, jy bluf niemand, jy het van die begin af nie van Oscar gehou nie, op die 1ste wa gespring hy is hierdie koelbloedige moordenaar misdadiger. Die redenasie dat dit vir ander gebruik word is die flouste verskoning, man hoeveel mense is in SA wat ‘n dubbel amputee is, hoeveel het die angs afwyking, so beroemd dat mense naby hom wou wees, soos hy wou wees, wat sou wou gee om hom te ontmoet – selfs agtervolg, nee komaan man dink jy werklik almal is so stupid om jou stem vir geregtigheid te glo, wel meeste van ons nie.

Jacomien ·

Ek kan darem nie verstaan wooroor julle almal so tekere gaan nie . Die NVG doen hulle werk . Ons almal kla heel tyd oor die wetteloosheid in die land -nou veg hulle vir beter toepassing van n gepaste straf vir n moordernaar. …sou julle almal die selfde gevoel het as die moordernaar se naam NIE Oscar was nie…julle almal het dubbelstandaarde

Skokkend ·

Dit is skokkend dat julle skielik oor wetteloosheid praat, maar nie eens ‘n ooglid veroer as vrouens wat minder bekend is of van armer dele kom iets aangedoen word nie. Julle is doodstil, dit is ok, dit was maar net ou San of Maria, wel ek het nuus vir jou hul lewens is net so waardevol, maar hul moordernaars / verkragters kry eers borg, doen dit aan nog so paar en dan kry hul 4 jaar / 12 jaar.

N ·

Gerrie Nel het n obsessie met Oscar. Aai tog los Oscar net uit genoeg is genoeg. Wat is dit met Gerrie Nel???????

Bach ·

Adv Nel het ”n obsessie met elke saak waarin hy aankla omdat hy wil sien dat reg geskied. Glo my hy hanteer 3 na 4 moordsake pm. Hy is een vd bekwaamstes wat ons het en hy ly nie aan enige sindroom nie. Hy het wel ”n sterk persoonlikheid. Enige een wat nie kennis vd reg het nie of vir Nel ken nie, moet liefs hul weerhou van onvanpaste uitsprake en beledigings.

Willie E ·

Gerrie Nel het nie gese hy gaan appelleer nie,dit was die NVG wat dit aangedui het. Arme ou Gerrie,lyk my hy het ook maar sy kop in ‘n bye nes….ts ts tsk…..

GERRIT ·

NOU WAT NOU?????? EK het dan net vroeer op FB gesien dat Oscar????????
Oscar was PARDONED by Pres Zuma for any wrong doing as with immediate effect A FREE MAN

pieter ·

JULLE WAT DIE MOORDENAAR ONDERSTEUN HET VERGEET REEVA IS VERMOOR EN OSCAR MOET BOET VIR DIE MOORD AL LY HY NOU AAN GEHEUVERLIES EN DR MASIPA ISHHH.

Rina Pretorius ·

hierdie is niks anders as ‘n hekse jag op die man nie, wie wil vir wie tervrede stel, los hom asb in Vaders naam nou uit

joan ·

Die appel teen die vonnis moet plaasvind sodoende toekomstige moord beskuldigdes nie kan terugverwys na Oscar se “ligte” straf vir moord gepleeg nie. Gerrie Nel is nie die NVG nie, dit bestaan uit ‘n hele span mense. Teen hierdie tyd is hy seker ook al moeg vir die Oscar saak maar hy moet veg vir reg en geregtigheid! Hy voer definitief nie ‘n vendetta teen hom nie. Baie dankbaar ek is nie die een wat hierdie besluite moet neem nie.

E.K. ·

Siek man! Hoevele moordenaars is ind ie verlede as die president verjaaar vrygelaat en dan het hul weer gemoor en niemand het vreeslik daaroor aangegaan nie. Hierdie was nie beplande moord of soos die Modimolle Monster of andere (wat by the way nie eers ‘n spesiale tv kanaal gekry het vir SY verhoor nie, soos sovele ander walglike moordenaars waarvan daar baie is) nog is hy ‘n gevaar vir die samelewing. Hou op ons belastingbetalers se geld mors en kry end met hierdie twak. Gerrie Nel lyk my wroeg en wroeg asof die ‘n persoonlike ding teen hom as mens is. Kry net end!

joe ·

Lida. … En as dit jo dogter was? Reg is reg en verkeerd is verkeerd.

NELIA MEYER ·

Laat die wat nie in glas huise bly nie die eerste klippe gooi. Wat het geword van vergifnis, wie het so te kere gegaan toe JESUS met SY lewe aan die kruis moes sterf, die se tog duidelik daar sal nie `n haar van jou kop afval as dit nie MY wil is nie…. jou tyd is jou tyd…. as Oscar nie vir Reeva geskiet het nie….. kon sy net so wel deur `n trok omgery gewees het. Laat los en laat JESUS. ADV GERRIE NEL is nie die alfa en die omega nie sy persoonlike vendetta is nie bevorderlik vir sy beroep nie.

se maar net ·

Kyk Almal is al moeg vir die pistorius sage, maar regtig.
Ja breek gal dis reg, maar dink vorentoe. Dink julle nie dat ander dit later kan gebruik teen die regstelsel as hul nie teen die vonnis appeleer nie? wat maak hom spesiaal teenoor die gewone ou op straat? hoekom net 6jaar vir hom? dit kan baie drama later veroorsaak as die vonnis nie gelig word nie, sou ek se!

Henk ·

Die administrasie van die reg, die regstelsel, is in oneer gebring die oomblik toe besluit is dat hierdie hofsaak op TV uitgesaai mag word.

lavender lady ·

maak seker van jul feite die wat Gerrie Nel so kruisig…dis ni sy besluit om te vervolg ni dit is die NVG WAT OPDRAG GEE om te appelleer. Hy het reeds bewys hy was van die begin af reg gewees oor sy Hoogheid Pistorius!!! julle almal sou graag wou gehad het hy moet die moordenaar van julle kinders vervolg ne??????

Nou Toe ·

Ek moet regtig se 6 jaar is belaglik. Julle wat so kerm en dink dit is ‘n hekse jag! Word wakker!!
Moord bly moord. Maak regtig nie saak wie of wat jy is nie. En nog minder sy kleur van sy vel.
As dit my dogter was sou ek wou he die doodstraf moes hom te beurt val. Ek het nie simpatie vir leunaars nie. En die wat sy twak geglo het glo sekerlik steeds aan die Tande Muis!

Anoniem ·

Nou Toe ek stem honderd persent met jou saam. Geregtigheid het nie hier gebeur nie. Ons elkeen moet onthou op die einde van die dag gaan dit nie net oor die moord van Oscar/Reeva nie…dit gaan om baie meer. Hier word baklei vir elkeen wat vermoor word…maak nie saak wie en wat of wat jou velkleur is nie. As die my kind was sorry mense…net doodstraf sou geregtigheid laat geskied het……

anel ·

Gerrie doen net sy werk en die NVG het opdrag gegee om te appelleer… jul wat so gekant is teen Gerrie sou hom darem graag wou gehad het as hy die moordenaar van jul kind moes vasvat ne??? well done Gerrie jy is die beste!!!

Bloues ·

Nelia Meyer, ek wens ek kan persoonlik met jou gesels want ek dink by Christene verstaan nie vergifnis nie. Jesus het aan die kruis die moordenaar langs hom vergewe en vir hom die paradys beloof, dis 100% reg. Maar lees n bietjie verder asb. Nerens is daat geskryf dat die man toe summier van die kruis afgeval het sonder enige skete en swaarkry nie. Nee, Jesus het hom vergewe maar hy moes nog steeds sy straf gekry en gedra het. Ek dink Oscar is lankal deur meeste mense vergewe, maar helaas, hy moet sy regverdige straf kry en dit uitdien. Dis wat Jesus se voorbeeld ons leer.

Ek hoop rerig jy verstaan

PIETER ·

bloues stem nie met jou kleur saam nie, maar met jou stelling 100%

Rynhardt ·

Die NVG sal nooit tevrede met Oscar se vonnis wees nie, want hy is wit en daar moet van hom n voorbeeld gemaak word.Net jammer die NVG is ook nie so gretig om Zuma te laat vervolg vir 783klagtes nie!

Willie E ·

Ek kry die idiee daar is iets soos moord pleeg en dan ” ‘n moordjie pleeg”….twee verskillende dinge???…

Theresa ·

Bloues, ek verstaan nie hoe jy ‘n verskil kan tref tussen hierdie moord en die plaasmoorde nie. Plaasmoorde word ook op onskuldige mense, net besig met hul lewe in en om hul huise, uitgevoer. Meestal baie wreed en met gepaardgaande marteling. Herdink jou woorde. Dit maak glad nie sin nie.

e ·

As die NVG nie gelukkig is met die besluit nie… wat soek die “my Lady” Regter op die Regsbank. Al die tyd en geld wat nou vermors word! Daar is baie ander persone wat meer as een familie lid vermoor het en woerts warts die howe besluit en dis afgehandel… hoekom die een so uit rek?

Catherine ·

Elke keer word appel aangeteken??? Dit raak nou regtig n smerige gemors en ons belastingbetalers moet maar net betaal. Dit lyk regtig of Gerrie ‘n vandetta teen Oscar voer. Kom oor dit asseblief. Daar is baie ander sake waaraan aandag gegee moet word.

Maddox ·

Ja , as Gerrie maar net so passievol was om wit boere se moordenaars ook so te vervolg, nee wat hierdie land is anti wit sirkus!

Hennie ·

As iemand nie lus het om hofsake te volg nie, hou dan net op. Hierdie regter is besig om van die regstelsel ‘n grap te maak en Gerrie Nel is mans genoeg om dit hok te slaan. Dis mense van sy kaliber wat sorg dat daar nog geregtigheid is in ‘n korrupte land soos ons s’n. Laat dié wat hou van geregtigheid hom ondersteun, hy doen die regte ding!!

Andre ·

Vir al die haters hierbo. Hoe vergelyk sy vonnis met die twee pa’s wat hulle kinders geskiet het. Een ook deur n slaapkamer deur. Ek is seker nie en van julle weet nie.

Poplap ·

Andre vergelyk bietjie die omstandighede
1. Het daai twee mans 4 skote geskiet
2. Het daai twee mans ‘n track record van
nalatigheid gehad waar hulle deur kar
sondakke of on restaurante wapens
afgevuur het?
Nee hulle het nie. Heeltemal ander omstandighede

Lida ·

MM sluit asb die kommentare. Die mense is soos honger leeus wat bloed geruik het. Siek samelewing.

Liewe heksie ·

Jo baie slim mense hiso vertel my een ding wat as dit nie jou dogter was nie wat as dit jou seun was wat die sneller getrek het sou jy hom ook so gekruisig het dink nie so nie hier is nie n wenner nie kry grip en kom oor jouself O sorry julle was mos daar en wie is julle om te sê hy lieg Oscar mag God genade met jou hê

Kowa ·

Liewe Heksie as dit my seuntjie was het ek saam met Gerrie Nel gesorg dat hy gaan sit totdat hy maniere het en jammer is oor wat hy gedoen het. Ek is so moeg vir al die geweld teen vroue en kinders. Gelukkig het ek my seuns geleer om respek vir vroue en ander mense te hê. En voor jy my aanval hulle is altwee bo 35 en dink nie die wêreld skuld hulle iets nie.

Buchi ·

Die mense wat sê dit is nou genoeg, miskien moet julle weer daaroor dink. Dit is juis die NVG se plig om te sien dat reg en geregtigheid geskied. Ek lewer nie hier kommentaar om Mnr Pistorius te kruisig nie, dit is nie wie ek is nie, maar die hele verhaal is ‘n absolute tragedie en eintlik so onnodig gewees en beide partye se lewens sal nooit weer dieselfde wees nie, dit geld vir almal betrokke o.a. die families ens. Maar onthou net ook dat Mej Steenkamp, vierkeer agter ‘n geslote deur op so kort afstand geskiet is. Die tragedie is dat mense al vergeet het van Mej Steenkamp en die hele saak nog eintlik oor Mnr Pistorius gaan, maar ek dink nie ‘n mens kan werklik besef en verstaan waardeur sy moes gaan nie en die grusame manier waarop sy gesterf het. Dink julle werklik die vonnis wat mnr Pistorius gekry het sal as ‘n afskrikmiddel dien, die antwoord daarop is NEE. Ek verstaan die media het mnr Pistorius op ander gebiede ook onnodig gekruisig en dit alles gaan oor sensasie en is tog so jammer, maar vergeet ‘n oomblik van hom, en kyk holisties na die hele saak. Vergifnis is tussen hom en sy Maker maar dit kom neer op reg en geregtiheid en dat die wet reg toegepas moet word.

Daan ·

Ek wil graag weet hoekom niemand gevra die man moes swaarder gestraf word nie. Dit is wat in ‘n koerant verskyn het. Hoekom het hy net 15 jaar gekry waarvan 3 jaar opgeskort is. Vergelyk bietjie die twee sake

Davids (20) is Vrydag 27 Mei 15 jaar gevangenisstraf in die Somerset-Wes-streekshof opgelê vir die November 2014- moord op Rajacques Thomas in Macassar. Drie jaar van die vonnis is opgeskort op die voorwaarde dat hy nie in die tydperk skuldig bevind word aan moord of geweldsmisdaad nie.

Davids was deel van ’n groep mans wat Woendag 26 November 2014 met vuurwapens op Rajacques (23) losgebrand het terwyl hy omstreeks 22:00 die aand in Kimstraat op pad huis toe geloop het. Rajacques is vier skote toegedien

Eric ·

Regtig!! Ek ken persoonlik mense wat in n plaasmoord dood is aanvaller het 9 jaar gekry 2 jaar gesit en uit hy vrou gemartel .
Maar die ding gaan vir gerrie oor geld as hy appeleer gaan hy nog geld kry .
Dus regtig belaglik

Poplap ·

Gerrie is’n staatsamprenaar hy werk vir ‘n salaris jou storie is dus snert

Louise ·

Ag regtig, wanneer gaan dit einde kry????? Mors nog van die staat se geld lekker

Anna ·

As Reeva my dogter was sou dit nie vir haar nodig gewees het om sonder n eie woonplek te gewees het nie. Ook nie om met ryk mans baie jonger as sy self uit te gaan nie moontlik omdat sy vir my moes sorg nie

Bach ·

Eric die man is ‘n staatsamptenaar en kry maar net sy gewone salaris. Kom asb by hy doen maar net sy werk.

Liewe heksie ·

Kowa hoe lekker laat jy my lag Dit is jou mening shame kry jou nogals jammer

foxi ·

Haai julle almal wat soveel snert gesels. As almal soveel goed te sê het…..HOEKOM TEL EEN VAN JULLE NIE N KLIP OP EN GOOI NIE MAN! Ja, ja, n moord is gepleeg. Wat verby is, is verby. Oscar het nou sy straf gekry, hoekom hom nog aanhou skop en verneder terwyl hy lê?
Mense…..word groot asseblief.

Rapes ·

Kowa jy en hoeveel vaar teen Oscar en sy vonnis uit wat van al die ander wat ligte strawwe kry? ‘n Ander probleem is volgens jou skrywe net mans wat vroue en kinders aanrand terwyl baie vroue hul hande vir mans optel

Liewe heksie ·

Rapes Kowatjie se wereld is baie klein ek wil daar wees as sy wakker skrik

De'lia Apsey ·

My liewe hemel vir hoelank gaan die staat nog ons belasting betalers se geld mors??? Het hul regtig nie ander sake soos korrupsie in die regering en die veiligheid van ons almal om op te werk ni??????

Poplap ·

Gaan die saak dan weer terug na Masipa as die appel hof se die vonnis is te lig. Hoop nie so nie sy gaan nooit hom swaar straf nie. Dink regtig sy wou met haar vonnis vir die appel hof wys julle interfere nie in my hof nie.

Sam ·

ai die komentaar laat my verstaan hoekom die land in sy hel is. As Oscar swart was, sou almal van julle gese het JA 6 JAAR is te MIN!!!! Skynheilige klomp goed!! Sit hom weg vir 15 jaar. Dis wat hy verdien.

Jef ·

Ag ja, al die kritiek wat mense lewer oor hierdie saak, dit laat my dink dat SA vir die volgende 80 jaar genoeg advokate en regters het, die een dink beter te weet dan die ander.
Het een van julle die guts om die plek in te neem van die regter.

Lida ·

Ek hoop die honger leeus is nou versadig. Lewer bietjie kommentaar op die sinvolle artikels ook.

siela ·

Watse skielike swaai is die “vir toekomstige sake”? TWAK. TWAK TWAK. dit gaan oor n heksejag want Gertjie en d Steenkamps soek hoofrolle in n Hollywood drama. Ons land het reeds met soveel hofsake belaglike vonnisse uitgedeel. Regter Masipa is bekwaam en menslik. Kyk na haar cv en vorige sake. Perfek tot op d letter. Syt alle faktore oorweeg. En laat haar nie voorsê nie. En dis waaroor dit eintlik gaan.

Poplap ·

Ai ai, fokus mense ! Oscar en Reeva het woorde gehad die nag. n eks Boyfriend het haar geskakel terwyl daar ook intussen na porno op internet gekyk is. Oscar het sy humeur verloor, sy skietgoed gegryp en haar gedreig , daarna het sy na die toilet gevlug en haarself daar toegesluit. Die res is geskiedenis. DIT is wat gebeur het en basta. Die NVG en Gerrie Nel weet dit. Ongelukkig het die regter nie belanggestel in die mense wat Reeva se krete die nag gehoor het nie. Jammer Oscar, jy moes maar die waarheid gepraat het.

Tc ·

Gerrie is bloedneus geslaan Dis hoekom hy aanhou!Hy is mos deel van die staat!Ek ongelukkig nie baie tyd vir Gerrie nie,dink hy is rugraatloos nadat Skerpioene destyds toegemaak is sodat Zumpie nie vervolg kan word ivm die wapenskandaal nie.Gerrie was mos hoof van die Skerpioene,en as hy rugraat gehad het moes hy geweier het dat Skerpioene toemaak sodat Zumpie vervolg kon word!Wonder hoeveel is hy destyds onder die tafel betaal vir die ou transaksie?Ongelukkig met Oscar se vonnis is Gerrie bloedneus geslaan….maar soos die ou gesêgde gaan “Die wiel draai’

J ·

Gerrie moet eerder nou voorbereiding doen vir die Henning saak en los nou die Oscar saak. Ou Gerrie gaan weer sy limelight kry in die media. Natuurlik sit hy weereens agter hierdie appel. Hy en June Steenkamp gee my nou n pyn

Wonder ·

Mens kan maar net wonder of Gerrie vir Henning ook so sal ry en ry en ry. Die staat voer aan Henning het vermoedelik beplan om sy vrou te laat vermoor en dit gereel, Ambrose hulle is al skuldig bevind, daar is bewyse in die saak of sal hy ook n deal kry soos n ander selferkende moordenaar en heeltemal vry wees?

Marius ·

Ek stem saam met die staat(NVG).Die vonnis is “skokkend te lig”Dit kan meskien nie 100% bewys word nie,maar eenige persoon,selfs die aan Oscar se kant,weet die moord is met doelbewuste redes/motiewe,aggressie,russie,noem dit wat jy wil, gepleeg.Alle sulke tiepe moorde wat nou in die toekoms gepleeg gaan word,gaan die persoon wat die moord gepleeg het,se verdediging die Oscar saak ophaal.”As Oscar 6 jaar kan kry,hoekom nie my klieent nie”.Daar is baie “per ongeluk moorde soos bv.,jagveld,geweer skoonmaak,kinders wat met vuurwapens speel,ens. en dit is verstaanbaar,maar die in Oscar se geval,dit is moord en hy moet boed daarvoor.Die staat moet met die hofsake teen hom aanhou so lank as wat die wet dit toelaat, totdat hy ten minste die minimum vonnes van 15 jaar en baie van ons voel 20 jaar is nog te min,opgele word.
Om mee af te sluit,so lank as wat Oscar nie oopenlik erken dat hy doel bewus moord gepleeg het nie,en berou het daaroor nie,sal hy nooit vergewe word nie,al bid sy aanhangers/ondersteuners hoe hard vir hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.