Staat se dokters gaan Agrizzi nou ondersoek

Angelo Agrizzi, voormalige hoof van Bosasa, tydens ‘n vroeëre hofverskyning. (Foto: Timothy Bernard/ANA)

Staatsdokters sal Angelo Agrizzi nou ondersoek om te bepaal of hy in staat is om verhoor te word.

Agrizzi is die voormalige bedryfshoof van Bosasa. Saam met hom in die beskuldigdebank is Linda Mti, die voormalige kommissaris van korrektiewe dienste, Patrick Gillingham, die voormalige finansiële beampte van korrektiewe dienste, en Andries van Tonder, die voormalige finansiële hoof van Bosasa.

Die saak teen hulle hou verband met vier tenders van R1,8 miljard wat tussen 2004 en 2007 aan Bosasa Operations en sy filiale toegeken is. Die kontrakte was vir die lewering van spysenier- en opleidingsdienste, installering van kringtelevisiekameras, installering van grensdrade, en die verskaffing van televisiestelsels en moniteringstelsels.

Agrizzi was egter maande laas in die hof – glo weens sy swak gesondheid – en ʼn staatspulmonoloog sal hom nou ondersoek om vas te tel of sy gesondheid van so ʼn aard is dat hy verhoor kan word.

Hy word daarvan beskuldig dat hy Vincent Smith, ʼn voormalige parlementslid, omgekoop het om te help verseker Bosasa kry winsgewende staatstenders. Agrizzi het aanvanklik saam met Smith tereg gestaan, maar die sake is geskei weens Agrizzi se swak gesondheid.

Smith hou vol die geld was ʼn lening, ʼn bewering wat Agrizzi ontken.

Agrizzi het Donderdag ʼn aansoek by die Palm Ridge-handelshof ingedien waarin hy gevra het dat sy borgtogvoorwaardes verslap word, maar betoë is nie in die hof gevoer nie. Die staat het die aansoek boonop teengestaan.

Agrizzi se borgtogvoorwaardes bly intussen onveranderd, buiten die voorwaarde dat hy voortaan by die Douglasdale-polisiestasie moet aanmeld.

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat, sê die hof het ook ʼn lasbrief vir Agrizzi se inhegtenisneming uitgereik wat oorgehou word tot die volgende hofverskyning op 2 Maart aanstaande jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

AW ·

Kan maar net LAG, ander kom weg daarmee, maar hulle maak dit Moeilik vir hierdie Ou!!

Viva Democracy !!

Lourens CFG ·

Sies Herman, swak kommentaar.
Moenie die persoon aanval nie.

Strandloper ·

Oooo ok…so bly asemhaling is n reflex(of spyt) …ons probleme kon hul dalk self opgelos het.

Pietertjie ·

Dit gaan seker dieselfde dokters wees wat vir Stortkop moes ondersoek.

Theuns ·

SAL NIE WEES NIE WANT HUL WIL HOM VIKTIMISEER SODaT HY NIE KAN GETUIG TEEN DIE CADRE BRIGADE IN DIE KABINET EN PARLEMeNTE NIE! Dom om dit mis te kyk…

Theuns ·

Nee regte dokters en hul sal seker van minderheidsgroep wees maar onbetroubaar anders sal hul NOOIT op paneel wees nie. Eerlike dokters op ‘n cadre paneel? Nooit. OPinie is gewaarborg.

JohanR ·

Miskien moet daar maar net tronk hospitale gebou word, en nie meer tronke nie. Hoeveel ANC’s en by die ANC betrokke het nie nou al hulle tyd binne in die tronk hospitaal uitgedien nie?

Hennie J ·

Bly maar vreemd dat hulle so graag die ou wil offer. Offer hom en die grotes bly wegkom en dis waaroor dit gaan! Wonder ook maar net waar gaan hulle n bevoegde ‘staatsdokter’ kry om hom te ondersoek?
Sela

Dries ·

Hierdie bewys nou eenmal vir jou fluitjieblasers word vervolg maar nie n enkele ANC politiekus nie. Skande skande

Dries ·

As dit nie vir hom was nie sou ons niks geweet het van al die bedrog en korrupsie in staats organisasies nie. Hy was die fluitjieblaser . Nouword hy vervolg

Johanncb ·

Is JZ al deur die staat se dokters ondersoek? Ons weet stééds nie wat met hom verkeerd is nie!

Jr ·

Staats dokters mag nie zumpie ondersoek volgens dhali mphoofi maar aggrizzi mag. Two sets of standards depending on your race

annie ·

Hy sal die enigste een wees wat vervolg word want hy het die waarheid gepraat en hy is wit.

Waarnemer ·

Hier kom nog n gholf partner vir Schabir Shaik en Jacob Zuma.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.