Staat se kernkragplan onwettig

Omgewingsaktiviste buite die Wes-Kaapse hooggeregshof. Foto: Catherine Rice/ANA

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag bevind die staat se verkrygingsprosesse vir sy kernkragbouprogram is onwettig en ongrondwetlik.

Aktiviste van Earthlife Africa het ná afloop van die hof se uitspraak verheug buite die hof in die reën gedans.

Earthlife Africa en die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskap se Omgewingsinstituut (Safcei) het in 2015 die saak by die hof ingedien. Die aktiviste het aangevoer die regering kan nie die een duisend miljard rand bekostig wat dit sal kos om met die kernkragbouprogram voort te gaan nie.

Hulle het ook gesê die regering het nie openlik opgetree toe hy ʼn ooreenkoms as deel van die program onderteken het nie. Die organisasies het die regering daarvan beskuldig dat die regte prosedures nie gevolg is deurdat die planne nie eers in die parlement gedebatteer is nie.

Regter Lee Bozalek het in sy uitspraak, wat hy voor ʼn volgepakte hofsaal gelewer het, die Suid-Afrikaanse regering se ooreenkomste met Rusland, die VSA en Suid-Korea ter syde gestel.

Die hof het ook bevind Tina Joemat-Pettersson, die voormalige minister van energie, het onwettig opgetree toe sy in 2016 die verkryging van kernkrag na Eskom oorgeplaas het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

E.K. ·

Bravo! As Joemat-Petersson onwettig opgetree het wil ek graag weet wat die gevolge (vir haar) gaan wees. Hulle sal seker appelleer maar laat ons hoop dit kom nêrens.

Gerd Lourens ·

Skitterend!!!

Hoe gaan die Roebels terugbetaal word…..????

AL ·

Ek het nou die dag gelees in ñ nuusartikel dat sy glad nie so voorstaner was van die kernkrag nie en dat zumpie haar afgedank het omdat sy te stadig was om die planne te transformeer.
Sy was blykbaar meer ten gunste van hernieubare energie.

Piet Snot ·

AL, wil jy ons nie daai skakel gee nie? Dit klink na ‘n baie interessante storie. Of stuur die bron van die storie na Maroela se redakteur – dalk kan hulle ‘n storie daaroor doen as dit van belang is.

humor ·

Tipies die werkswyse van z en sy kadergespuis. Alles word gedryf, geforseer op n bedenklike wyse so lank hul maar net daarby kan baat en te hel met die armoedsvlakke en ekonomie van die land.

Scalla ·

Baie mooi, waar sy betrokke is was alles net een groot flop, Gigaba moes goed teken wat Pravin nie wou teken nie en daar word middernagtelik palimentere skywe gemaak deur hul te beskerm, Word daar nie besef dat jy moet opgewasse moet wees vir die taak nie.

Elizabeth ·

Die anc gaan net die uitslag as toilet papier gebruik soos elke hofsaak teen hulle! Die wette bestaan net vir sekere lands burgers, nie vir die anc en 90% van alle burgers nie

E.K. ·

En natuurlik gaan dit alles terug na Guptas wat weereens ‘n vuil vinger in hierdie pastei gehad het. In diepte gesprek op etv Nuus gekyk netnou en word sommer weer naar.

Jaco ·

Ag asseblief asof die Zuptas hul daaraan gaan steur. Hierdie gaan hul plannetjies net bietjie uitstel…Zuma maak in elk geval net wat hy wil met sy twee duisend drie honderd en tagtig en twee en twintig fyftien aanklagtes teen hom.

AL ·

Kan ons die Zumpie-regering ook onwettig en onkonstitutioneel laat verklaar?

Grassie ·

Die betrokke regeringslui sal hulle nie aan ‘n hofbeslissing steur nie want hulle wil nie, of kan nie, die geld wat reeds onder die tafel deur van hande verwissel het terugbetaal nie. Volgens gerugte is dit baie groot bedrae.

cor ·

Daar is nie n manier dat die zuptas dit sal aanvaar of aan die bevel gehoor sal gee nie. Dit is nou al bewys dat hulle hul nie steur aan enige hof uitspraak nie. Die gedeelte van “Kick back” is ook al klaar uitgeleef en op die res is al klaar vooruit gekoop . So kom ons wag en sien in die land van wonders, jy wonder elke dag wat is volgende.

Dawie ·

Die woord korrup en skelm oral waar die ANC betrokke is.Dat hul mederheid kiessers dit nog nie sien nie gaan my verstand te bowe.Kan iemand so aan n party hang al steel hulle die mat onder jou sitvlak uit.

Rynhardt ·

Maak alle geheime ooreenkomste met China en Rusland bekend en wys al die voordele uit wat Anc politici kry, insluitende Joemat-Pattersson s’ n!

pieter ·

joemat is onskuldig zuma en sy anc sit agter alles.sy doen dit maar net vir n vet belonging.

Rynhardt ·

Hoe weet jy stommerik of Joemat onskuldig is, ken jy haar “slimmie?”

Johann ·

Nou kan ons net met n naiëwe verwagting hoop dat DIE Hof uitspraam toegepas gaan word? Maar in ag genime di3 afgelope paar kere waar Zuma en sy Zumaikies hulle zirre affee aan die Wetgewing?

John ·

Die ANC kla ‘n geheime stemming sou glo nie deursigtig wees nie, maar geheime mega-miljard-kontrakte onder die tafel deur wel?

Ou Anti-kernkrag Erdvark ·

En raai wat gaan Rusland, die VSA en Suid-Korea nou doen?

Johann cb ·

Dit is waarskynlik beter dat die howe ons land regeer…hulle weet minstens wat hulle doen! Dankie aan die reslui…
en nou, om van JZ ontslae te raak…kan die agbare Regters asseblief help!?

Alida ·

Kan een mens met st3 n hele land verwoes? Ja! Dit het gebeur ten koste van duisende mense.

Leendert ·

Wat gaan nou word van Rosatom, Duduzane en die uraan myne? Gaan hulle nou in die toekoms maar die uraan uitvoer?

Pietsepan ·

Mooi so . Wys dat die howe oor meer rasionaliteit as die regering beskik. Waar is die kernkragkomitee wat redelikheid aan die kwessie verleen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.