‘Staat se regrukplan niks meer as ʼn lugkasteel’

Pres. Cyril Ramaphosa Donderdag aan die woord. (Foto: GCIS)

Solidariteit het Sondag sy kritiek uitgespreek op die sogenaamde “regrukplan” wat pres. Ramaphosa op 15 Oktober aangekondig het. Die plan is veronderstel om ekonomiese groei te stimuleer en geleenthede vir werkskepping daar te stel, maar in teenstelling hanteer dit nie die werklike ekonomiese krisis waarin Suid-Afrika hom tans bevind nie.

“Dit is belangrik om te besef dat die ekonomiese krisis waarin Suid-Afrika gedompel is nie die gevolg van die Covid-19-pandemie is nie, maar dat die primêre oorsaak daarvan toe te skryf is aan ANC-beleid wat die afgelope paar jaar geïmplementeer is,” sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut.

“In hierdie regrukplan belowe die president byvoorbeeld ekonomiese groei van 3% oor ʼn tydperk van ʼn dekade, terwyl Suid-Afrika die afgelope twee dekades hoegenaamd nie by hierdie groeikoers kon uitkom nie.”

Verder poog die regering om werk te skep maar, getrou aan sy aard, keer hy nie na die privaat sektor om verantwoordelikheid daarvoor te neem nie en neem eerder voor om ʼn verdere 800 000 amptenare aan te aanstel; dít terwyl die minister van finansies, Tito Mboweni, juis poog om die staat se salarisrekening te sny. “Hierdie voorgenome aksie dui duidelik op ʼn regering wat hom nie tot politieke werklikhede soos befondsing vir projekte verbind nie.”

Volgens Solidariteit is die regering se sterk fokus op infrastruktuur nog ʼn punt van kommer. “Dit is juis die kanaal waardeur die ANC ongelooflike korrupsie gepleeg het. Projekte soos Medupi en Kusile is toonbeelde van hoe die ANC sulke projekte aanpak en Suid-Afrika kan beswaarlik nog enige van die ANC se infrastruktuur-‘suksesse’ bekostig,” voeg Mulder by.

Die skrapping van die huidige regulerende en beperkende maatreëls op sakeondernemings en arbeidswetgewing is van kardinale belang om die Suid-Afrikaanse ekonomie om te draai en werkskepping te stimuleer. Dit staan egter in skrille kontras met die ANC se ideologie van staatsbeheer en sentralisasie waaraan hy verbete vasklou.

“Wat pres. Ramaphosa moes aankondig, was radikale deregulering, die skrapping van rigiede arbeidswetgewing soos SEB en die privatisering van kragopwekking, verspreiding en transmissie. In plaas daarvan het hy die ramptoestand, met al die irrasionele regulasies wat daarmee gepaardgaan, opnuut verleng en die ontbondeling van Eskom is weereens bloot beloof, terwyl dit volgens die 2019-beplanning al teen 2020 funksioneel geïmplementeer moes wees.

“Die ANC-regering is die bestuurder wat ons almal van die krans laat afry het en nou daarop aandring om die ambulans ook te bestuur. Hierdie regrukplan moes nie méér beheer plaas in die hande van diegene wat in die eerste plek vir die ekonomiese krisis verantwoordelik was nie. Met hierdie plan bevestig pres. Ramaphosa opnuut dat hy eerder ʼn lugkasteelargitek as ʼn staatsman is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sonia

Tsek ANC! Tsek Ramaphosa!

Persheks Adri

In 26 jaar kon jy NIKS reg kry nie en binne 6 maande het jy die hele land opgevoeter! Wêreld rekord sou ek sê tsek man tsek jy leef in ‘n droomwêreld

Jakes

Dit is lankal reeds n gegewe dat SA in 1994 vir die wolwe gegooi is. Die president en sy gevolg is onopgewasse om n land te regeer of te bestuur. Indien n matriekleerling gevra sou word om n hartoorplanting te doen sal die pasient verseker sterf. Dieselfde geld vir die ANC regering. Het n mens dan n graad nodig om dit te besef?

Kanjynoumeer

Jy kan op n skinkbord al die oplossings gee vir die stimulasie van die ekonomie, maar dit bly by ‘my way or the high way!!’
Fix crime.
Fix corruption.
Fix education
Restore law and order.
SEB scared away investors. Do away with SEB.
Many opportunities in Agriculture. Government is not interested. Look the other way.
Talk to Agri SA.
To name but a few….

Werner

Enige mens met n halwe ertjiepit vir n brein kan vir jou se dat hierdie land so ver heen is dat n wonderwerk die eenigste is wat die land gaan red