‘Staat se salarisrekening groei buitensporig’

krediet-kredietkaarte-geld-bank

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die VF Plus het hom uitgespreek oor die staat se “buitensporige” salarisrekening.

Dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, het gesê in 1994 was die staat se salarisrekening slegs 5% van sy totale uitgawes. “Dit het nou toegeneem tot meer as 40%, wat totaal buitensporig is,” het Mulder gesê.

Mulder het Woensdag tydens die begrotingsdebat van die departement van staatsdiens en administrasie gesê dit is wel die staat se plig om werk te skep, maar om die staatsdiens daarvoor te gebruik, is ʼn totaal verkeerde benadering.

“Die VF Plus se siening is dat die private sektor gehelp moet word om werk te skep en die ekonomie te laat groei. Dit gebeur nie. Werk kan nie geskep word deur die staatsdiens aan te hou vergroot nie. Dit is ʼn uiters ongesonde situasie.

“Ewe kommerwekkend is die feit dat die nasionale tesourie se aankope-afdeling gevind het daar is 12 000 afgestorwe mense op die register van maatskappye wat sake met die staat doen. Dit is korrupte amptenare wat vals maatskappye met die oorledenes se besonderhede stig om kontrakte te bekom,” het Mulder gemeen.

Mulder voer verder aan dis kommerwekkend dat daar bevind is daar is 14 000 staatsamptenare wat as direkteurs van maatskappye dien wat kontrakte met die staat het.

Die VF Plus meen dit kan nie toegelaat word dat ʼn staatsamptenaar met die staat sake doen nie. “ʼn Staatsamptenaar moet ʼn billike salaris verdien, en hy moet die publiek en die land dien. Hulle kan nie hul posisie misbruik om kontrakte van die staat te bekom nie,” het Mulder gesê.

Dieselfde kantoor het ook gevind dat bedrog en kunsmatige prysaanpassings die staat in 2016 40% of R600 miljard aan goedere en dienste gekos het. “ʼn Goeie voorbeeld is Nkandla waar meer as R262 miljoen bestee is, terwyl daar nie waarde van meer as R50 miljoen gevind sal word nie,” het Mulder gesê.

“Iemand het egter daarvoor betaal. Dit is waar die geld heen gaan. Dit is waar korrupsie in Suid-Afrika vandaan kom,” het Mulder gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Spook ·

Dankie VF Plus dat julle so op en wakker is. MM kan gerus ook die mediaverklaring aangaande vakansieklubs se streke publiseer.

Johan ·

Die staat is baie slim. hoe meer mense hulle in diens neem hoe meer pensioen is beskikbaar en hoe meer pesioen beskikbaar is hoe meer kan hulle staats instansies wat nie “perform” nie ondersteun met pensioen geld.

JB ·

Dit is skokkend… en dit is maar waarvan hulle weet. Ek wonder net hoe ons dit ooit gaan regstel in SA,

Leendert ·

En dit is ‘n tydjie gelede berig dat meer as 50% van munisipaliteite se inkomste word aan salarisse betaal.

zeno ·

Ja Munisipaliteite het hopeloos te veel mense in diens. Hier by ons staan 8 werkers by `n sloot wat gegrawe word, twee werk en die ander staan en gesels. Munisipaiteit doen niks daaraan nie, want die groot koppe kry mos hulle vet salarisse elke maand. So gaan dit by elke werkstuk wat in die dorp gedoen word.

Loeis ·

Ek het so tydjie gelede gesien hoe ses mans ‘n boom se tak in Olifantskamp die Krugerwildtuin afsny. Daai is een man se werk en behoort nie meer as tien minute te neem nie. Die proses het hulle seker ‘n halfuur geneem.

En dan wonder mense hoekom die Parkeraad (wat nou net Engels praat) so duur word, en altyd meer geld nodig het. Alles kom terug na… (antwoord self gerus hier).

Monica Grobbelaar ·

Dan moet daar mos daadwerklik teen die oortreders opgetree word.

H.A. ·

Dis die land van melk en heuning. Sal nie meer help om te kla oor alle korrupsies nie,dit raak net meer, ons moet nou ook die heuning skep, voordat daar niks oor is nie! As ons nie join nie gaan ons swaar kry. Wanneer gaan ons begin?

Jaco ·

Begin n besigheid soos ek, lewer n uitstekende produk en diens, en al die welaf kaders kom met sake van hul gesteelde geld na jou om jou produk te koop…Dis verseker die land van melk en heuning!! :-)

Willie ·

Vanoggend my godsdiens gehou en nou lees ek dit. En alweer die dinges in. Ek kan die nonsens nie meer vat nie.

snoefie ·

kyk maar as munisipalewerkers paaie lap of skoonmaak. daar word twaalf afgelaai. net twee werk op n slag. so ek kan dink how dit dan op admin vlak daar gaan uitsien. munisipaliteite en staatsdiens is dit aan betalers verskuldig om seker te maak die werker (president/minister/baas is ook n werker) kan sy 8/9 uur skof aktief werk. as hy/sy te suek, te swak / te dom is, KRY IEMAND ANDERS.

René Prinsloo ·

Dit is om soos teen donderweer te baklei. Hulle steur hulle absoluut net aan niemand nie. Nr 1 is die grootste oorsaak van ons hele land se gemors. Hy gee net om vir homself en sy vele vroue en kinders.

Ai ·

Ja en dit gaan nie verander nie maak nie saak wie in bewind is nie want die entitlement mentaliteit is klaar gekweek.

Eish ·

Hierdie is tekenend van Afrika regering. Die proses van stroping sal voortduur tot net die been oorbly. Die volgende stap is dan ingryping deur die weermag wat effektief die regering gaan oorneem vanwee die chaos wat gaan ontstaan wanneer daar nie meer geld is om salarisse te betaal nie. Dis wanneer ware anargie op groot skaal gaan plaasvind. Huidige Xenophobia is net n kindertuinspeletjie teenoor wat gaan kom. Op die stadium sal die regstelsel reeds gekaap wees en n ondenkbare stel drakoniese wetgewing sal deurgevoer wees. Die Weste sal feitlik geen invloed meer uitoefen op die wanadministrasie nie. Dit is die resultaaat van leiersposisies wat geval word deur mense van twyfelagtige karakter, geen moraliteit, gierigheid, selfsug, geen opleiding, ens. As vergelyking kan gemeld word dat die VSA met sy 50 state wat elkeen so groot of groter as die hele SA is, baie minder staatsamptenare in diens het.

foxi ·

Kentuky, mac donalds en nando’s raak nou vreeslik duur………..waarom die bohaai oor salarisse en pensioene?

Johann Marx ·

Die swakste stuk wetgewing wat OOIT in Suid Afrika geskryf is, is die WET wat die werkgewer “dwing” om belasting van die werknemer te verhaal, en dit aan die staat oor te betaal. Die werknemer voel nooit werklik die “belasting” nie, want hy of sy het dit nooit gehad om mee te begin nie…..meeste mense begroot maar net om uit te kom met die “netto bedrag” onderaan die betaalstrokie. Sou ‘n ander land gewees het hierdie as elke werknemer elke maand sy VOLLE salaris gekry het….en dan onmiddelik 30% daarvan aan die regering moes oorbetaal….Die vierde keer wat jy ‘n EFT van ‘n paar duisend Rand moet maak, gaan jy begin vra wat met al daai geld gedoen word!!!

Johann ·

En die dag AS daar van al die onproduktiewes in die Staatsdiens en in die munisipaliteite ontslae van gaan raak, sal daar chaos met betogings deur die ongelukkiges wees. Dus sit die nuwe owerhede, die dag as hulle oorneem, met ‘n kollosale kopseer. En dit is hoe om van ‘n welsyn land na ‘n produktiewe land toe oor te skakel.

Greedy ·

Dis nou maar TIPIES ANC, hulle het die staat oorgeneem en so ook die KOEKBLIK met al die geld in. OF iemand presteer of nie, hy was voorheen ingedoen so nou kry hy ‘n helse salaris. Die salarisse van miljoene wat jy tans in die Staat sien, was NIE tydens die vorige bedeling daar nie. Nou kry ouens wat ONDERPRESTEER soos by EVKOM en SAUK en SAL .. miljoene rande per jaar, as hulle nou maar net ‘n goeie job gedoen het was dit ‘n ander saak, maar daar is soveel bedrog en korrupsie by hierdie plekke en STEEDS kry die bestuur ‘n opgeblase salaris en word hulle afgedank kry hulle ‘n R18 miljoen of R30 miljoen skeidingspakket .. DIT is hoekom hierdie land stadig maar seker agteruit boer .daar is NET nie meer genoeg belastingbetalers om hierdie GREED van hierdie mense te voed nie.

Frans C ·

Die enorme salaris rekeninge op alle regeringsvlakke is maar net die ANC se manier op werkloosheid kunsmatig laer te hou as wat dit tans is.Daarom is poste wat voorheen deur een persoon beklee is dikwels in twee drie verdeel om sodoende werk aan meer mense te verskaf.

Kyk maar hoe het die kabinet gegroei.Suid Afrika het tans 35 ministers,terwyl Duitsland met ‘n veel groter ekonomie net 16 het.Dit bewys ma ar weer dat die ANC op alle gebiede
kwantiteit bo kwaliteit stel. In die proses is ook nuwe woorde geskep. Daar word nie langer
gepraat van ‘voorsiening vir slegte skulde nie’ in munisipale rekeninge, maar ‘provision for debt impairment’ is nou die inding. So koop ‘n mens deesdae ook nie meer ‘n 2dehandse moter nie ,dit is nou glo ‘pre owned’.

So het die voorsiening vir ‘debt impairment’ in Ekurhuleni se state gegroei tot meer as
R 1 000 000 000 ! En sover ek kon vasstel word dit en meer gebruik om verbruikers wat
‘debt impaired’ is van hul ellende te verlos. En die kersie op die koek-die metro leen ‘n soortgelyke bedrag op die kapitaalmark om glo sy projekte te befonds.

Van nouaf is ek ook ‘debt impaired’ .

Dirk ·

Daai ou spreek woordhet ons nou ingehaal “stem nou betaal later”.

Petertjie ·

Waar werk al daardie mense? Verseker nie in my afdeling nie. Hulle neem meer mense indiens, maar ons moet steeds harder werk. So erg dat ek nou in n inrigting sit waar ek behandeling ontvang vir uitbranding. En dan wil die soul nog ons pension gebruik om SAL te help. Nee wat, as ek terugkom by die werk sal daar n paar ouens hulle gingers in die varslug moet kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.