Staat soek nóg ʼn pond vleis vir jou aftrede

Die regering wil Suid-Afrikaners nou selfs verder belas. (Foto: iStock)

Die regering se voorgestelde nasionale fonds vir maatskaplike sekerheid (NSSF) kry reeds die wind van voor.

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Woensdag die groenskrif vir die voorgestelde inwerkingstelling van die NSSF in die Staatskoerant afgekondig. Daarvolgens stel die regering voor dat Suid-Afrikaners tussen 8% en 12% van hul inkomste tot ʼn beoogde NSSF bydra wat dan sentraal deur die staat bestuur sal word.

ʼn Groenskrif is ʼn regeringbeleid-besprekingsdokument wat spesifieke kwessies uitstippel en dan moontlike optrede rakende beleid en wetgewing voorlê. Dit is ʼn voorloper vir ʼn witskrif, wat die beleidsposisie van die regering uiteensit nadat dit deur die kabinet goedgekeur is.

Die aanbevelings in die groenskrif kan egter jare duur om in werking gestel te word.

Luidens die groenskrif sal Suid-Afrikaners tot ʼn maksimum van 12% – en tot op ʼn drempel van R276 000 – van hul inkomste tot die fonds moet bydra. Daar sal dan later voordele uit die fonds geëis kan word vir onder meer aftrede, ongeskiktheid en werkloosheid.

Die R276 000-drempel is in ooreenstemming met die drempel van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF).

Die finale bydraekoers sal later deur oorlegpleging bepaal word. Diegene wat minder as R22 320 per jaar verdien, sal kwytgeskeld word van bydraes tot die NSSF, maar sal steeds tot die WVF bydra.

Luidens die dokument het die huidige Covid-19-krisis, asook plaaslike en internasionale ondervinding die belang van verpligte maatskaplike sekerheidsdekking benadruk.

“Die krisis het ook gewys dat almal kwesbaar is en dat ons ʼn maatskaplike sekerheidstelsel benodig wat skokke kan versag én gewone en voorspelbare maatskaplike probleme wat ongelykheid, armoede en werkloosheid voortsit, kan verhoed,” lui die dokument.

“Daar is ʼn behoefte om die inwerkingstelling van ʼn maatskaplike sekerheidstelsel wat wentel om universele dekking, toereikendheid, bekostigbaarheid, doeltreffendheid, langtermynvolhoubaarheid en omvattendheid te versnel.”

Solidariteit het reeds aangedui dat hy hom tot die hof sal wend indien die groenskrif later wetgewing gemaak word.

Die organisasie sê werkers is reeds oorbelas.

“Werkers in Suid-Afrika is moeg daarvoor om te sien dat hul swaarverdiende geld deur die staat vermors word. Ten beste is die staat net ondoeltreffend en lomp, maar meer gereeld is fondse soos dié en die nasionale gesondheidsversekering bloot ʼn verskoning vir plundering en korrupsie,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Hermann sê afgesien van die nuwe belastingvoorstelle is die belastingkoers reeds hoog.

“Gewone mense moet uitgawes aangaan waarvoor hulle reeds belasting betaal. Boonop word belastinggeld dan nog op ’n groot skaal geplunder.”

Solidariteit se hoofraad gaan volgende week voorstelle bespreek vir omvattende planne vir wettige belastingprotes.

“Dit is tyd dat belastingbetalers hul mag raaksien en opstaan teen ʼn regering wat al hoe minder doen, maar al hoe meer wil vat. Ons weier om toe te kyk hoe werkers slawe van die staat word. Ons werk nie vir die regering nie, die regering werk vir ons,” sê Hermann.

Die DA het die voorstel om Suid-Afrikaners op dié manier verder te belas as “absurd” bestempel en gesê die voorstel moet onttrek en weggegooi word.

“Die voorstel dui op ʼn gebrek aan ʼn basiese begrip van hoe die belastingstelsel werk en is bisar regressief omdat dit gemik is op verdieners van lae inkomste, eerder as diegene wat hoë inkomste verdien. Dit stel in wese voor dat werkers met ʼn lae inkomste en die sukkelende middelklas veel meer belas word,” sê Geordin Hill-Lewis, die DA se woordvoerder oor finansies.

Hill-Lewis sê Suid-Afrikaners steier reeds onder geweldige geldelike druk in ʼn krimpende ekonomie en miljoene mense het hul werk verloor, of hul ondernemings is gesluit of geplunder. Die belastingbasis krimp boonop verder.

“Geen land kan homself in voorspoed in belas nie. Slegs ekonomiese groei wat meer werk vir meer mense skep en die belastingbasis vergroot, kan ʼn groot maatskaplike sekerheidsnet finansier.”

Hill-Lewis sê die vraag moet gevra word hoe die voorstel selfs net vir openbare insette bekend gemaak is en waarom die kabinet en die president dit nie reeds gestuit het nie.

Openbare insette oor die groenskrif kan tot 10 Desember gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Stefaan ·

Al waarvoor hulle goed is, is om planne te beraam om meer geld uit ons sakke uit te kry . Ons weet almal waar dit gaan opeindig.

Trotse Boervrou ·

Die werkersklas, van wie daar deesdae min oor is, kan NIE alles betaal wanneer die Regering aanjaag nie. EN HET HULLE AANGEJAAG! Ek weet waarheen hulle kan vlieg….!

Vlam ·

Ek is jammer maar soos dit gaan kom ons klaar nie deur ‘n maand met ons salarisse nie so nee ek gaan nie nog geld kan afstaan nie.
Gee klaar geld aan werkloosheidsfonds en pensioen

Eiervrug ·

Ek sal tussen 8 en 12% betaal vir voorbehoedmiddels. Moenie om die probleem stap nie, TACKLE DIE PROBLEEM!!!!

Tiptol ·

En stop die geld wat uitbetaal word vir elke baba wat gebore word.

Persheks Adri ·

Kan hulle waaragtig vir niks werk nie? Ons moet betaal en gee en die ongeskoolde klomp ontvang net! Loop vlieg man ons is verby gatvol vir dit PFFFT

Anoniem ·

Stem saam met jou! My bloeddruk is nou sommer deur die dak!

Fedup ·

Nope. Not giving them a dime. They can load that little pig with what they have stolen and start flying. I will not give them anything. They cannot force us.

Piet ·

Jy sien, dit is nou net hier waar jy die pot heeltemal mis sit! As jy ‘n inkomste kry, van waar ookal word dit net gevat deur die SAID. So, gee sal jy gee. Of jy nou wil of nie.

Alleen Wolf ·

Nie as ons saamstaan en weier om verder belasting te betaal nie, ek is net jammer vir die mense wat in korporatiewe wereld is, hulle is uitgelewer

Porseleintjie ·

Hierdie regering gaan elke landsburger suig tot jy soos n rosyntjie lyk. Hulle sal nie rus voordat ons op elke vlak besit en beheer word nie.

Rooikoos ·

Grond
Selfverdediging,
Geld
Als is maar net die kommunistiese manier van doen

ES ·

Nee wat, hierdie is net ‘n manier vir die regering om nog geld van die belastingbetaler te neem sodat dit vir eie gewin deur korrupsie spandeer kan word.

As die regering kan waarborg dat hierdie geld nie aan geraak gaan word nie, dan sel ek met liefde bydra daartoe. Maar hulle kan dit nie waarborg nie, so ek gaan nie.

Hexi ·

Ek hoop ons unies skrik bietjie wakker, ons gaan vir 2 jaar sover sonder enige verhoging en nou wil die veragtelike staat nog 8-12% vat ????

Snowball ·

Nog ‘n slinkse plan om te vat by die hardwerkendes om die onbevoegde regering ‘n manier te gee om dié wat altyd bakhand staan in te stop. Eintlik net nog ‘n spaarvarkie waaraan die kriminele hulleself gaan vergryp sonder verantwoording. Wanneer begin die Afrikane met gesinsbeplanning? Wanneer spreek die regering tienerswangerskappe aan? Wanneer hou ons op om infrastruktuur en dienste te deel met die helfte van Zim? Wat dra hulle by tot die staatskas?

Elize ·

Hulle sal hierdie aanwas nooit aanspreek nie want dit is tydverdryf

Aai ·

Ons ondergang is die min wat werk kan nie sorg vir die hordes wat werkloos is dit is nie moontlik.Plaas dat die @NC hulle werk doen en werk skep.Hulle gaan dit so maak dat jy net ‘n staats pensioen moet he en as jy dood gaan kan niemand erf staat gaan geld hou.

henndrik ·

Mens kan hierdie regering nie met enige geld vertrou nie, dit is reeds bewys

Casper ·

Sluit dit die pensionarisse in.Vir 37 jaar het ek my g.t af gewerk vir die staat.Elke maand my belasting en pension bydrae betaal en na elke finansiële jaar betaal ek belasting.Met hierdie idee gaan die regering onluste veroorsaak.

Anoniem ·

Ek het die volgende in ‘n nuus berig gekry :
Employees earning below an income threshold (R22 320 per month) are not be obliged to contribute to the NSSF. Dus wil ek wit op swart sien waar die President, die kabinetslede en al die ander staats amptenare wat ‘n skamele R22 320 per maand verdien bydra tot die NSSF voor ek ‘n woord glo.

Persheks Adri ·

Hulle gaan nie eers 1 sent betaal nie Swerwer wéér net ons soos altyd gggmmmfff pffft! Bekotsingswaardig verby!

Edward ·

Suid Afrika verloor 27 biljoen Rand per jaar as gevolg van korrupsie. Ek weet nie hoeveel die regering sal inkry met ň 12% belasting nie, maar ek dink hulle moet eers korrupsie uitroei en met daardie geld ň armlastige fonds stig. As hulle dan nog kort kom kan ons weer oor die 12% praat. Dit behoort dan in elk geval omtrent net 5% te wees.

Marlz Johnston ·

Dit is jammer dat die regering nie eerder kyk na dinge soos werksskepping en vorbehoeding nie.

Konsentreer altyd op die dinge wat die maklike uitweg is en addresseer nooit die werklike probleem nie

Jaco ·

Waar gaan die geld vandaan kom as wit belastinggeld al hoe minder word weens regstellende aksie en BEE? Vreemd dat die ANC ons so graag wil belas, maar hulle keer ons om werk te kry. Iets maak nie sin nie

Joe Olivier ·

Herverdeling van bates, was nog van die begin af op die anc se agenda. Selfs toe 68 % van die land se kiesers in ’92 ja gestem het was dit al op die tafel. Ons wag egter nog vir frik en roelf se wigte en teenwigte om in te skop, dan sal alles weer reg wees.

Pieter ·

VOETSEK julle ANC kommuniste sal nie sent by my vat nie ek sal seker maak.

lodewyk ·

Hierdie is die tipiese bou blokke van n komunistiese staat,hulle wil al die grond besit en nou wil hulle ook die werkers klas beheer,nee wat hulle sal nie n sent van my afkry nie,tyd dat ons n belasting revolusie begin…

Stephen ·

Die staat haak reeds tussen 32 en 40 persent van ons geld vir belasting. Dan boor hulle ons met BTW, en petrol wat belas word. So hulle kusbestuur oor 50 persent van my geld, nou wil hulle nog haak…. Ons sukkel klaar om kop by water te hou… Sluit die lands grense, deporteer die onwettige mense en laat die luies werk vir hulle geld…..

Alleen Wolf ·

Jy sal bydra maar jy sal niks van jou bydrae sien wanneer jy dit nodig het nie, weg soos laas maand se salaris, anc sal daai koffer ook plunder

Diana ·

Wonder wat gaan die salaris verhoging vir die spesifieke ministers wees?????

Caroline ·

Any Tax Payer left in South Africa its time to leave rather go and pay tax in a reliable country

Stephen ·

Ek besef nou hoe gelukkig ons werklik is in Namibia. Hier is bv nie eens Boedelbelasting betaalbaar nie.

Kwikkie12 ·

Baie ondernemings maak voorsiening vir ‘n pensioenfonds vir hulle werkers maar daar is ter duisende werkers wat nie so gelukkig is nie. Veral klein ondernemings en eenmansake. Die eienaar behoort aan PPS of het genoeg geld deur die jare gemaak vir sy aftrede maar vir die mense wat vir hom werk word daar nie eers probeer om voorsiening voor te maak nie. Die dag as hulle op pensioen gaan is dit net dankie en totsiens. Ongelukkig al spaar jy hoe hard kom jou geldjies nie naby pensioenfonds uitbetalings nie. In beginsel is ek nie teen hierdie nie en dink daar moes al lankal iets vir hierdie werkers ook gedoen gewees het.

MakersMark ·

Die is net nog ‘n plan om stemme te koop. Saam met die “nasionale gesondheidsplan”. Kan daar ingedink word hoeveel korrupsie met die hoop geld gaan plaasgevind?

Harley Davidson ·

Die DA moet ‘n referendum uitroep om die weskaap onafhanklik te kry.

Wil ook net sê ·

Ek het nog altyd lojaal probeer aan ons land, probeer om positief te bly en saam te werk waar nodig, maar dit het tot ‘n einde gekom. Al wat ek nou weet is dit: EK WIL UIT!!!!!!!!!!! Ek kan regtig nie meer van al hierdie tipe snert hanteer nie. Probleem is net, hoe kry ‘n mens jou swaarverdiende geld vir jouself?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.