Staat vat lughawe-miljoene

hof-hamer

Argieffoto.

Die Johannesburgse hooggeregshof het gelas dat R78 miljoen waarop daar op die  Internasionale Lughawe O.R. Tambo beslag gelê is in Augustus 2015 na die staat moet gaan.

Hurbetin Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê daar is op 28 Augustus 2015 Amerikaanse dollars ter waarde van R78 miljoen in die besit van vyf mans, onderweg na Dubai, gevind.

Die mans is aangekla van die oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns asook die oortreding van die Wet op Valutabeheer.

Die staat het aangevoer dat die mans van voorneme was om meer as R1 000 000 uit Suid-Afrika te neem sonder die toestemming van die tesourie en sonder om die geld te verklaar soos deur wetgewing vereis word.

Twee van die beskuldigdes, Mohammed Yousuf Suliman en Cassim Kathrada, het skuld erken wat daartoe gelei het dat die staat die saak teen die ander drie mans teruggetrek het.

Albei mans is tot ʼn boete van R100 000 of twee jaar tronkstraf gevonnis vir die oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns asook ʼn boete van R100 000 of twee jaar tronkstraf vir die oortreding van die Wet op Valutabeheer.

“Die helfte van dié vonnisse is vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat geeneen weer skuldig bevind word aan dieselfde oortreding nie,” het Mjonondwane gesê.

Die NVG het die staatsaanklaer, die ondersoekspan en die bate-beslagleggingseenheid geloof vir die versekering van ʼn vonnis wat tot die beslaglegging van die kontant gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

GES ·

Goeie werk. Stelselmatig word al die lekplekke toegestop. As dit so sou voortgaan, sal SA binnekort net ʼn leë dop wees.

Oits ·

Smaak my hulle vul nou die STAAT Se sakke met daardie geld . waarheen dink jy gaan daardie geld? NA IEMAND Se beursie toe . moenie dink die armes sal dit sien nie.

Anoniem ·

Goeie werk? Van die een spul boewe se sakke na die ander? Daar gaan lekker makietie gehou word met die geldjies en niemand sal “none the wiser” wees nie! ;-)

wilma ·

Sal interessant wees om te weet waarheen die staat met die miljoene gaan!

marous ·

Net net genoeg vir ‘n lekker partyjie vir tien amptenare…

Anoniem ·

Het hierdie manne dalk gesê vir wie hulle werk? Of moet ons maar ons eie afleidings maak?

Nettie ·

Aitsa! Mapstieks, man, dan is ons begrotingstekort mos nou “hand-over-fist” gedek, of hoe verstaan ek dit? R78 miljoen is mos meer as R50 miljoen ….. of was ons begrotingstekort R50 BILJOEN?

Anoniem ·

Die boete is kleingeld wat hulle kan bekostig. Was dit ek moes ek deur die tralies na buite loer. Wat n joke.

Jacobus ·

Dalk verlangs of naby familie van die ANC se oorlede Cassim Kathrada.

Dalk die geld vir die Gupta’s landuit geneem.

Die waarheid sal ons dalk nooit weet nie.

L ·

Ag asb gebruik die geld vir al die slaggate in ons paaie?! Sommigge slaggate kwalifiseer al offisieel as doods kontrakte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.