Staat verhoog sy skuldlas

finansies-geld-sente-rand-beleggings

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die nasionale tesourie het Donderdag ʼn verhoging van R1,2 miljard aangekondig in die weeklikse veiling vir vaste koers staatseffekte en inflasiegekoppelde effekte, van R3,3 miljard tot R4,5 miljard.

Die tesourie het gesê die bykomende ondersteuning van R58 miljard aan Eskom en die voorlopige aanduiding dat die belastinginkomste swakker gaan wees, het die regering genoop om sy finansieringstrategie te hersien met ʼn verhoging in die regering se leningsvereistes vir die 2019/20 finansiële jaar.

Staatsentiteite reik gereeld effekte uit en dit word op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer om fondse te bekom vir groot kapitale projekte. Beleggers leen geld teen hierdie entiteite om die effekte te koop.

Beleggers koop staatseffekte om gereelde rentebetalings te verdien en ontvang die geld terug ná ʼn voorafbepaalde periode. Meer as R1 biljoen (“trillion”) is tans op die JSE se skuldbord en hierdie instrumente verteenwoordig 90% van alle likiditeit aan die JSE.

Die inflasiegekoppelde effekte sal op die weeklikse veiling met R280 miljoen verhoog word, van R760 miljoen tot R1,04 miljard.

Die verhoging vir vaste koers staatseffekte en inflasiegekoppelde effekte sal onderskeidelik op 6 Augustus en 16 Augustus 2019 in werking tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johanna Botha ·

Alles wat moet op gaan af en alles wat moet af gaan op = anc !

Gert van Wierdapark ·

Ons gaan ook seker maar maak soos die VSA = druk nog geld en pomp dit in die ekonomie in as Kwantitatiewe Verruiming!!! So kan die Soustrein voort stoom!?

John ·

Nog ‘n groot uitverkoping, jjiippee! Koop 2 en kry die 3e een verniet! Die groot lente-verkoping kom ook nog, spaar daarvoor… Eintlik word dit nou ‘n weeklikse ding. Die spensrakke staan vol van al die onontbeerlike bottels ‘original taste’ koeldrank en galgeel giftige braaisouse for Afrikaners en pakke en pakke soft two ply with pink roses vir na die mega pakke frozen fresh chicken directly from outerspace.

Hanna Hoekom ·

Met al die belastingbetalers wat die land verlaat, is dit geen wonder nie! Belastingbetalers stroom uit en die ongewenstes stroom in…

Craig ·

So hoeveel nulle het ‘n triljoen? Die artkel sê “1 biljoen (trillion)”. Wat beteken dit?

Ek het dit soos volg:
Biljoen: 9 nulle
Triljoen: 12 nulle

Help asb.

Attie. ·

Craig, kyk in HAT oor hoeveel nulle daar moet wees. Ek dink hier in SA is ‘n Biljoen en ‘n miljard dieselfde ding nl 1000 miljoen maw 9 nulle. Vra vir Zuma, hy sal weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.