Staat versoek dat landdros uit O’Sullivan-saak moet onttrek

Paul O'Sullivan (Foto: Who's Who)

Paul O’Sullivan (Foto: Who’s Who)

Die staat het Dinsdag versoek dat landdros Wynand Nel homself moet onttrek nadat daar gesien is dat hy met die raadgewende prokureur van privaat ondersoekbeampte Paul O’Sullivan gesels, wat daarvan beskuldig word dat hy die Wet op SA Burgerskap oortree het.

Staatsaanklaer Jabulani Mlotshwa het tydens die verrigtinge by die landdroshof in Kempton Park ʼn beëdigde verklaring ingedien wat deur die ondersoekbeampte opgestel is waarin hy verklaar dat Nel tydens ʼn breek met O’Sullivan se raadgewende prokureur gesels het.

O’Sullivan is in April by OR Tambo in hegtenis geneem toe hy die land met sy Ierse paspoort wou verlaat. Hy is later vrygelaat op borgtog van R20 000. O’Sullivan staan tereg op aanklag dat hy artikel 26B van die Wet op Burgerskap oortree het.

Nel het tydens ʼn vorige hofverskyning O’Sullivan vergun om na Londen te reis om sy dogter se verjaarsdag te vier. Volgens Mlotshwa het Nel met O’Sullivan se prokureur gepraat voor hy sy besluit geneem het. Die staat het die vergunning teengestaan.

Mlotshwa het gesê dit is “noodsaaklik en fundamenteel” vir die landdros om onpartydig te bly om ʼn regverdige uitspraak te kan lewer.

Die staatsaanklaer het gesê die landdros moet enige aktiwiteit vermy wat die indruk kan skep dat hy partydig is.

Adv. Barry Roux, vir O’Sullivan, het verduidelik die gesprek het betrekking gehad op die beskikbaarheid van ʼn tolk. Hy het gesê daar is geen meriete in die versoek dat die landdros moet onttrek nie en die hofsaak moet voortgaan.

Nel het uitspraak tot Vrydag voorbehou oor die staat se versoek dat hy moet onttrek.

O’Sullivan het meer as 37 jaar ervaring in wetstoepassing en word as een van die wêreld se beste veiligheidskenners beskou. Hy spesialiseer in velde om terrorisme, spioenasie en dwelm-, wapen- en mensehandel teen te staan, asook plaaslike wetstoepassing wat alle aspekte van gesindikeerde misdaad, bedrog, roof en moord insluit. Hy het op verskeie hoëprofielsake gewerk wat tot die suksesvolle vervolging gelei het van Jackie Selebi, voormalige hoof van Interpol en die SAPD, en die Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir.

Lees alle vorige berigte oor Paul O’Sullivan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jaco ·

Het die staatsaanklaer gehoor waaroor hulle praat? Baie regsmense ken mekaar. Dalk was die gesprek oor goed soos “onthou jy die dae toe ons saam gestudeer het” of “hoe gaan dit met jou ma”

jaco ·

As ek n Ierse paspoort gehad het, was en LANKAL weg uit hierdie stupid land met al sy misdaad, korrupsie, swak dienslewering, beurtkrag ens ens.

snoefie ·

kinderagtigheid. maar asb staatsaanklaer jabulani mlotshwa rig n vertoee en vra dat al die lede van die MRK & NVG uit hulle posts ontslaan word. die wereld het gesien hulle is glad nie onpartydig nie.

Jan maak n plan ·

Kan ons nie iets doen dat O’Sulliyvan die nuwe OB word.nie. Dan kan hy die.regering lekker baie lank besig hou.

Boerin ·

Ek dink hulle hou O’Sullivan net besig sodat hy nie tyd het om die regte korrupte, skelm hoë profiel mense se sake te ondersoek nie. Sterkte Paul!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.