Staat vra lewenslank vir Packham

Rob Packham in die hof. Foto: Armand Hough/African News Agency(ANA)

Die staat het versoek dat Rob Packham tot lewenslange tronkstraf gevonnis word vir die moord op sy vrou.

“Die beskuldigde het haar bloot uit sy lewe verwyder aangesien sy heel moontlik nie meer ingepas het by wat hy gesoek het nie,” het senior staatsaanklaer Susan Galloway Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangevoer.

Packham is op 20 Mei skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Gill, sowel as op aanklagte van dwarsboming van die gereg.

Volgens Galloway moet Packham tot lewenslange tronkstraf gevonnis word aangesien die “oorledene wreed met ʼn stomp voorwerp aangeval is” in haar eie huis en deur haar eie man. Die beskuldigde het volgens Galloway ook nie “oop kaarte met die hof gespeel nie en was daar nie ʼn skynbare motief nie”.

Hy het sy vrou se pogings om hul huweliksprobleme uit te stryk ondermyn deur voort te gaan met sy buite-egtelike verhouding. Galloway het gesê die slagoffer-impakverslae deur Gill se twee susters het Gill beskryf as ʼn vriendelike omgeemens. Haar dogter, Kerry Meyer (28), het ook aan die hof gesê dat al die familielede berading moes ondergaan weens die impak van haar dood.

Rob Packham in die hof. Foto: Armand Hough/African News Agency(ANA)

Craig Webster, Packham se regsverteenwoordiger, het egter aangevoer sy kliënt moet nie tot meer as 12 jaar tronkstraf gevonnis word nie, al het hy toegegee die misdaad is ernstig. Hy het as redes hiervoor aangevoer dat Packham 58 jaar oud is, ʼn eerste oortreder is en in die verlede geen bedreiging vir die samelewing ingehou het nie.

“Die beskuldigde het in die verlede gewys hy is ʼn produktiewe en nuttige lid van die samelewing.” Webster het gesê die oortreding is nie met voorbedagte rade gepleeg nie, maar dat dit eerder in die hitte van die oomblik plaasgevind het.

Volgens Webster is daar ook geen bewyse dat die moord beplan is nie. Hy het gesê Packham se oudste dogter, Kerry, het ook getuig dat hy ʼn omgeeman en liefdevolle pa is en dat hy as vredemaker in die gesin opgetree het. Sy het die hof om genade gepleit en versoek dat haar pa nie tot lewenslange tronkstraf gevonnis word nie sodat hy eendag deel van sy kleinkinders se lewe kan wees.

Packham sal Woensdag gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Essie ·

Waar is die doodstraf nou hy ht sy pragtige vrou laat sterf

Nettie ·

@Essie en Sieg, julle wat so graag die doodstraf wil terughê, moet pasop waarvoor julle wens. Watter waarborg het enige mens in Suid-Afrika vandag, gegewe die huidige stand van (1) Polisie-onbekwaamheid, (2) bevooroordeelde regters en (3) ‘n regstelsel wat oor-en-oor-en-oor bewys word om die publiek te faal, dat die doodstraf nie links en regs uitgedeel en voltrek sal word in gevalle wat dit níé vereis nie? Kyk maar watter strawwe op opgelê aan die Doodskis2 en die twee Coligny-boere en kyk hoeveel skuldigbevinde moordenaars van boere loop vandag buite rond.

Lollie ·

Regering moet sorg dat ALLE moordenaars dieselfde straf kry.
Waarom het hy haar nie net geskei nie? As hy my pa was kon hy maar sit want daardie soort van ” liefdevol” wees soek ek nie in my lewe nie!

Koos de Meyer. ·

Sluit hom toe in ‘n
Donker plek dan kan hy oor sy sondes dink. So mens hoort nie in ons samelewing nie. Waar is jou gewete.

charmaine ·

Duidelik was hierdie familie nie gelukkig nie as jy na die dogters se kommentaar uit vorige berigte ook lees het hulle die pa op n troontjie geplaas en klink of daar nie n goeie verhouding tussen hulle en die ma was nie. En ek weet darem nie kry eers die kleinkinders waarmee julle die hof wil sag maak, en dan eendag as hulle vrae wees net eerslik en se die baie goeie en liefdevolle “oupa” het ouma vermoor wat hom eintlik n monster maak.

P'tjie ·

Hy moet sy straf uitdien LEWENSLANK, hoe kan net hy die voorreg he om deel te wees van sy kleinkinders
soos sy dogter aangeghaal het….. wat het SY(dogter) ooit van haar ma gedink. Wat is hy nie instaat om aan sy kleinkinders te doen nie???? net die gedagte maak my angstig. BRING DIE DOODSTRAF TERUG, ‘n tand vir ‘n tand…

GM ·

Dis belaglik dat die dogter smeek dat haar pa moet deel vorm van haar moontlike toekomstige kinders se lewens. Ek sou my kinders so vêr as moontlik probeer weghou het van ‘n moordenaar, maar dis net ek.

Heidi ·

Verdediging betoog vir 12 jaar? Lewenslank is veronderstel om presies dit te beteken. 12 – 15 jaar is nie straf nie, hy moet sterf in die tronk. Dis lewenslank.

Michelle ·

Hy is ‘n moordenaar hy was selfsugtig, hy het sy vrou nie die reg op lewe gegun nie sluit hom toe agter tralies sodat hy nie weer die vryheid buite sien nie. Hy is geregtig op niks. Die vrou is dood niks kan haar terug bring nie.

Johanna Botha ·

Hy moet maar sit …en wat my grief is almal wat so wegkom met moord 57 moorde n dag in SA . Die polisie …niemand is eers afgeskrik deur hulle nie !

Jannie ·

Mense kyk na jul kommentaar dis hoekom ons mense is, ek wil so ver gaan om te se ons is niks beter as hy nie aangesien ons wil oordeel. Wie is ons om te oordeel?

Emma ·

Glad nie jammer vir hom nie sit moet hy maar sit. Dink maar oor sy oortreding.

Koos de Meyer. ·

Jannie hoe sal jy voel as dit jou ma of jou suster is wat vermoor en verbrand is om ‘n moord te verdoesel. Niemand oordeel nie, die punt bly staan hy is skuldig aan moord. Ek wonder net of sy skelm ‘n gewete het.

Antionette ·

Shoe as n ma is dit vir my ondenkbaar om te dink my kinders voel so min vir my dat hul agter hul pa staan as hy my sou vermoor, dis afgryslik regtig. Dan is dit bitter moeilik om vir hul jammer te voel…

Lynette ·

Jannie. EK neem aanstoot deur jou woorde “ons is niks beter as hy nie” omdat ons oordeel. Jou soetsappige, oordadige vroomheid staan my nie aan nie….ek MAG oordeel indien iemand ‘n ander se lewe neem en ek IS beter as daardie moordenaar indien ek ander se reg op lewe respekteer.

AH ·

Ek stem saam met jou Lynette. Ek is nie sonder foute of sonde nie, maar ag myself beslis beter as ‘n koelbloedige moordenaar! Hy het die moord vooraf beplan en toe nog probeer toesmeer – dus nie ‘n passiemoord op die ingewing van die oomblik nie! Wat so hartseer is is dat daar alreeds so baie moorde gepleeg word deur mense wat ons as geharde kriminele sien soos die onderwyseres wat in haar huis vermoor is, talle plaasmoorde en so kan ek aangaan, maar dan kom daar ‘n eggenoot van ‘n pragtige vrou en vermoor omdat hy moeg vir haar was! Hy was seker eens op ‘n tyd baie lief vir haar – soos wat hy nou vir sy skelmpie is! Dit is genoeg om van naar te word. Ek kan ook nie verstaan hoekom sy kinders sy kant sou kies nie. Wat van hul Ma, al het sy ook haar foute gehad, sy het nie verdien om vermoor te word en soos ‘n bondel tuinvulles aan die brand gesteek te word nie! Lewenslange tronkstraf is ook nie genoeg vir hom nie. Hy behoort self ‘n wrede dood te sterf!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.