Staat vra strenger straf in kinderporno-saak

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse direktoraat vir openbare vervolging oorweeg om te appelleer teen die vonnis wat ʼn siviele ingenieur opgelê is nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van kinderpornografie.

Landdros Mandy van Leeve het Andries Petrus Retief (37) Maandag ʼn opgeskorte vonnis van agt jaar tronkstraf opgelê in die hof vir seksuele misdrywe in Parow. Retief het skuldig gepleit op verskeie aanklagte rakende die vervaardiging en besit van kinderpornografie sowel as seksuele aanranding.

Rodney de Kock, Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging, het aan ANA bevestig dat hy ʼn afskrif van die uitspraak aangevra het om die meriete van ʼn appèlaansoek te bestudeer. Staatsaanklaer Herculine Swart het nie met Leon van der Merwe, Retief se regsverteenwoordiger, saamgestem dat omstandighede in die saak ʼn opgeskorte vonnis regverdig nie.

Retief, ʼn eerste oortreder, het skuldig gepleit op 2 130 aanklagte. Die hof het gehoor Retief het jong kinders na ʼn plaas naby Durbanville gelok met die oog daarop om pornografiese foto’s en videos van hulle te neem.

Retief se dade het aan die lig gekom nadat ʼn familievriend die huis waar Retief saam met sy vrou en gesin gewoon het, opgepas het. Retief het sy internetwagwoord vir die vriend gegee waarna die vriend op Retief se skootrekenaar op die foto’s en videos afgekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kobus ·

dis seker die swakste vonnis in ons land se geskiedenis, die landdros se vonnis is n getuienis van die morele verval en goddelose agteruitgang van hierdie land as n oud polisie man en speurder laat sak ek my kop in skaamte!!!!

NEL ·

Kobus, stem saam. Hoe pateties wil ons regstelsel rerig wees. Hoeveel van die jong kinders se lewens is verwoes deur die pedofiel en hy kom niks oor nie.Omdat hy ‘n ingeneur is en seker baie geld voorgeskiet het vir iemand om sy g……. te cover.Siek.sie, en nogmaals siek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.