Staat weier om inwoners in kwarantynkamp te toets

Die rondawels is vervalle by die Zithabiseni-kwarantynkamp (Foto: Verskaf)

’n Span privaat mediese diensverskaffers wat deur AfriForum gereël is om mense by die Zithabiseni-kwarantynkamp naby Groblersdal te toets, is toegang tot die perseel geweier.

Volgens Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, het die burgerregte-organisasie die span gereël om sowat 107 inwoners wat nié deur die staat vir Covid-19 getoets is nie, op die inwoners se eie onkoste te toets.

“Nie net is die privaat mediese span toegang geweier en van die perseel af verwyder nie, maar die SAPD het ook versterkings ingeroep om toe te sien dat hulle nie terugkeer nie.”

Dít volg nadat die regering vir inwoners gesê het dat hulle nie in hierdie stadium deur die staat getoets kan word nie en steeds in die kwarantynkamp aangehou sal word ten spyte daarvan dat hulle nie weet of hulle die virus het of nie.

“Hulle mag ook nie in selfisolasie by hul huise bly of hulleself privaat en op eie onkoste laat toets nie. AfriForum staan inwoners by wat tans teen hul wil in dié kamp aangehou word,” het Roets gesê.

Onder dié inwoners is dr. Leon Nel, sy vrou, Melanie, en hul twee kinders. Hulle is hierheen gebring nadat hulle onlangs met vakansie in Mosambiek was – waar hulle vyf weke lank in selfisolasie was en met amptenare van die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) in Mosambiek oor hul terugkeer beraadslaag het.

Volgens dr. Nel, ’n veearts, is die geriewe by die kamp glad nie op standaard nie en hy vrees dat hy en sy gesin baie siek kan word.

Buks van der Linde se 19-jarige dogter, Skye, is ook tans in die kamp. Volgens Van der Linde was sy dogter Sondagmiddag in trane oor die mediese span wat weggewys is. “Hoekom kan hulle nie net ingaan en die toetse doen en klaarkry nie? Dan kan ’n mens mos wag vir die uitslae, daarna huis toe gaan en verder daar isoleer indien die toets negatief is.” Skye het by familie in Mosambiek gekuier voor sy ook na die kamp gebring is.

AfriForum het ’n dringende skrywe aan die ministers van gesondheid en Dirco gestuur oor die haglike omstandighede waarin inwoners van dié kamp moet bly. Die burgerregte-organisasie het ook geëis dat die SAPD gehoor gee aan die gesin se wens om vir die virus getoets te word sodat hulle vrygelaat kan word en hulleself kan isoleer indien nodig.

Maroela Media het ook vroeër die week die departement van gesondheid en Dirco genader vir kommentaar, maar het tot nou toe nog geen reaksie ontvang nie. Maroela Media kon ook nie die Zithabiseni-konferensiesentrum in die hande kry nie en sy webwerf is buite werking.

“Dít is ’n skreiende skending van mense se basiese vryhede. Hierdie mense is vir alle praktiese doeleindes gevangenes. Nie net voldoen die fasiliteit nie aan die nodige standaarde soos deur die WGO uiteengesit nie, maar word die mense teen hul wil daar gehou – ten spyte daarvan dat hulle nie vir Covid-19 getoets is nie.

“Nou word daar boonop vir hulle gesê hulle mag glad nie getoets word nie. Dis ’n drakoniese menseregteskending wat AfriForum in die hof sal beveg,” het Roets gesê.

AfriForum het reeds met sy regspan beraadslaag en die saak is op die hofrol van die hooggeregshof in Pretoria geplaas om Woensdag aangehoor te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Michael 1 ·

Hierdie is onaanvaarbaar en n duidelike teken van die regering se komunistiese beleid wat hulle op ons af forseer.

MakersMark ·

Kyk hoe vuil is daai plek dink mense kan dalk sieker word in daai kamp as buite. Seding in engels “cleanliness is next to godliness”. Se alles van die ANC.

Deon ·

Hoe kan n gewone burger soos ek hierdie mense en mense in soorgelyke omstandighede help?

Barbara ·

Uiters swak van ons regering om so iets toe te laat. Die mense moet die reg hê om die regering of wie ook al verantwoordelik is vir dit te dagvaar. Waar kom die menseregte nou in.

Ronel ·

ANC gee nie om vir menseregte alles word onder mat ingevee. Dit is onmenslik om enige persoon on sulke omstandighede te laat bly.

Yvonne ·

Wat hier aangaan…klink na n hengse magspel….geen sin aan die besluite nie….Here wees ons asb genadig????????

Peetjie ·

Een groep word verwys na n 5ster lodge vir isolasie, en n ander groep word na n vervalle en bedenklike plek geneem sonder die nodige voordele… Dit is mos net nie fair nie…..

Alleen Wolf ·

Ja, want hulle het die regte verwante gehad in hoë ANC posisies

Pieter ·

Duidelike skending van menseregte en drakoniese magsvergrype deur die staat, ingesluit die SAPD. Pleks dat hulle die situasie moniteer. Covid-19 word gebruik om mense geestelik en finansiëel te knak. Teleurstellend dat alles hof toe moet gaan, Christelike regering sal eerder uit die hof wil bly en redelik optree.

Juan ·

Is dit nie dalk tyd dat ons begin besef dat hof vertoë en dreigemente nie die regering gaan stuit nie? Hierdie is ‘n perfekte voorbeeld van die skending aan mense regte, so hoekom nie hierdie Internasionaal maak en vra dat die buiteland intree nie? Die ANC wil in die buiteland geld leen so as die buiteland meer druk op die ANC uitoefen sal hulle dalk van plan verander?

PieterP ·

Nou kan die dwarskant van my nie help om te wonder oor die trok drywers wat daaglik heen en weer deur die grensposte kom rn gaan nie….

Amatambo ·

Was dit van hulle eie mense sou dié in ‘n vyfster- plek aangehou word… maar nou ja, ons is mos “white trash” in hulle boeke…”Hulle” vergeet egter – of liewer – wil nie erken – dat dit dieselfde “white trash” se voorgeslagte was wat hierdie eens on-ontwikkelde land volgend Europese standaarde ontwikkel het nie – inderdaad, die oorspronklike inwoners ier het nie eers die wiel gehad nie – maar nou???

Nie Verbaas ·

Ek hoop dat dinge soos die na die buitewereld toe gaan. Dit is nou ons briljante regering se dubbel standaarde.

Marianna ·

Daardie plek is op die ANC se standaard. Hulle sien niks fout daarmee nie. Dit lyk soos waaraan hulle gewoond is. Hulle wil ‘n mens nou afbring na hulle standaard toe.

Genis ·

Ek verpes n SAPD lid… ek is nie snaaks nie, ek het geen rewspek vir n SAPD lid nie… magsbehepte krimenele, rassiste en ANC se vuilwerkers…

Anoniem ·

Genis, ek stem saam met jou kommentaar. Ek het nog altyd respek gehad vir die SAPD maar hoe hulle deesdae optree teenoor die gewone burgers van Suid-Afrika het gemaak dat ek ook GEEN meer respek vir die SAPD het nie. Respek val nie uit die lug nie, dit word verdien.

ES ·

Iemand moet die regering aanvat hieroor – hulle het geen reg om oor mense se lewens en gesondheid te besluit nie. Totaal en al teen Art. 27 (3) van die Konstitusie. Hierdie saak moet in Konstitusionele Hof aangebring word!

Antoinette ·

Is dit waar dat vasgekeerdes in Indie binnekort sal kan terugkeer? Het nou die aand op dieAfrikaanse nuus se onderskrifte iets gelees dat Indie treine beskikbaar gaan stel om mense van alle areas te vervoer na lughawe sodat hulle kan terugkeer. Vriende van my se twee kinders in vasgekeer op ‘n plaas naby die Himalajas en hulle is baie angstig. Die skadu-minister van die DA se Internasionale Betrekkinge, Darren Bergman, het ook sulke geluide gemaak. Weet iemand iets daarvan?

Alexz ·

Terwyl ‘hulle’ brothers by die Protea groep Ranches in kwarrantyn was…..
Swak, swak…..

Wonder net ·

Wat ek nie kan verstaan nie is hoekom n klomp SA ners wat van die buiteland af terug gebring is GEEN bydrae tot die SA ekonomie en TAX lewer nie, in 5 ster behandeling getrakteer word in afsondering, maar SA belastingbetalers en inwoners word soos gemors behandel. Waar is die regverdigheid daarin?

Drikie ·

Hierdie tipe goed moet bekend gemaak word aan almal wat daar aan dink om vir die regering wil geld gee. SWAK . Grondwet is kwansuis die wet wat alle wette oorkoepel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.