Staat wil ingryp oor valse kwalifikasies

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag aan die parlement gesê die regering beplan om die probleem van Suid-Afrikaners wat valse kwalifikasies voorhou, hok te slaan en gaan streng maatreëls oorweeg.

Ramaphosa het gesê Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en onderrig, werk tans aan ’n voorlegging om die “plaag” uit te wis. “Nzimande het ook die nasionalekwalifikasie-owerheid genader om ʼn proses te begin waarvolgens die name van mense wat valslik beweer hulle het kwalifikasies, op ʼn lys kan kom sodat hulle duidelik genoem kan word. Hulle sal dan aangekla, in hegtenis geneem en tronk toe gestuur word,” het Ramaphosa gesê.

Hy het gesê onlangse voorvalle van prominente Suid-Afrikaners wat oor hul kwalifikasies lieg, het die land se beeld oorsee skade berokken.

Kirsten Halcrow, uitvoerende hoof van EMPS, die oudste agtergrondsifting-maatskappy in Suid-Afrika, het Maandag gesê dringende stappe deur die regering om die probleem aan te pak, was lankal noodsaaklik. Halcrow het gesê die probleem van valse kwalifikasies is so verreikend dat die regering nie anders kan as om in te gryp nie – 7,62% van kwalifikasies wat vanjaar deur haar maatskappy geverifieer is, was “problematies”.

“Daar gaan omtrent nie ’n dag verby dat nog ’n hooggeplaaste staatsamptenaar ontmasker word dat hy of sy valse kwalifikasies voorhou nie. Tot nou toe het die regering grootliks sy oë daarvoor gesluit en toegelaat dat die bedrieërs in hul poste bly,” het sy gesê.

Halcrow het gesê ondanks verskeie valse kwalifikasies wat al aan die lig gekom het, is dit steeds maklik om dit te bekom. “Vir minder as R1 000 kan jy omtrent enige graad bekom, van eerste grade tot doktorsgrade deur duisende graadverkopers oor die hele wêreld,” het sy gesê. “Dit is noodsaaklik dat werkgewers die kwalifikasies van alle kandidate verifieer, nie net dié wat vir senior of sensitiewe betrekkings aansoek doen nie.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Philip Hanafey ·

Dit sal nou ‘n groot grap wees as ‘n groot gedeelte van die staatsdiens vervolg word weens kwalifikasie bedrog.

nico.prinsloo ·

Begin sommer by die presisent en gaan dan onder toe ek skat dan gaan daar 20 present oor bly

Raadop ·

Nico, ek dink jy oorskat die top brass se kwalifikasies. Sal dit nie lekker wees om van 90% van die staatsdiens ontslae te raak nie? Die wat oorbly, die wat die res dra kan hulle salaris verdubbel.

Weskaper ·

Moet darem toegee die Presedent is nie hier skuldig nie, jy gaan seker nie betaal vir ‘n st. 4 sertifikaat nie. Ek sien Cyril Ramaphosa is ‘n adj.min, soos genoem hierbo in die berig

Manie ·

Ramaphosa terg homself. Hy lieg erger as ‘n Tande trekker. Weer net verkiesings Foefie.

George ·

Hulle skrik ‘n bietjie laat wakker. SA is reeds as ‘n piesang republiek gebrandmerk. Om vals kwalifikasies wettig te maak moet die persoon dit net in sy of haar CV lys onder die opskrif wenslys.

Mathys ·

…. en daar sit mense in “CEO”-poste in regerings- en provinsiale regeringsposte wat graad 8 het rn wat politieke aanstellings wast? Wat van hulle?

Antonie willem van den berg ·

Spelling mense julle spelling en afrikaans in swakker as die president sin

Winston ·

Probeer ook maar die regte geluide maak. Wat hy sê en wat die regering doen, is duidelik twee goed.

HEVW ·

Nuwe vooruitsigte. Ou kaders gaan met nuwe kaders vervang word. Ongelukkig sonder enige verbetering. As dit ooit sal gedeur????? Moet glad nie optimisties wees nie.

George ·

Verkiesing tyd om die draai sien ek.Niks wat hulle se gebeur nie.Inteendeel net die teenoorgestelde vind plaas.

George ·

Ek sien jy lewer kommentaar onder my naam. Ek gaan nie nou ‘n
woordewisseling begin oor wie die eerste die naam gebruik het nie. Ek dink net dit is etiket om ‘n naam te kies wat uniek is. Ek wil nie graag pa staan vir jou kommentaar nie. Ek sal die minste wees en voortaan die naam GES gebruik as niemand ‘n beswaar het nie.

Babs ·

Hiervan sal niks kom nie want daar gaan te veel leë stoele in die parlement wees. Ramaphosa sit op twee stoele. Meer bek as binnegoed.

Johan Raays ·

Alles goed en wel maar die rehearing kan nie eers die moordenaars, verkragters, hijackers, huis rowers ens ens toe sluit nie maar hulle wil jou laat toe sluit vir vervalste kwalifikasies.

Piet Pompies ·

Hierdie tipe bedrog kom orals voor, ons gebruik huur arbeid in die vorm van Ambagsmanne vir kort periodes gedurende die jaar. Die 3 Passers wat ons die vorige geleentheid gebruik het, het almal vervalsde Amags kwalifikasies gehad en hulle vergoeding word ook daarvolgens bereken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.