Staatsaanklaer en seun by huis aangerand, beroof

rowersMarian van der Merwe (53), ʼn senior staatsaanklaer, en haar seun is by hul huis in Waterkloof, Pretoria, aangerand en beroof, het Beeld Maandag berig.

Marian en haar seun Rohan (18) is Woensdagaand deur twee gewapende mans, wat klapmusse gedra het, oorval.

Een van die aanvallers het Marian met sy vuurwapen oor die kop geslaan, waarna hy haar geskop en met ʼn skokgeweer geskok het. Haar hande en voete is met plastiekkabeltjies vasgebind. Haar seun is ook vasgebind, en met ʼn vuurwapen aangerand. Een van Rohan se tande is gekraak toe ʼn man hom in die gesig geskop het. Die mans het juwele, ʼn televisiestel, selfone en Marian se skootrekenaar, wat aan die Nasionale Vervolgingsgesag behoort, gesteel. Hulle het in Rohan se voertuig gevlug. Die voertuig is later verlate in Sunnyside gevind.

Marian kon daarin slaag om haarself te bevry en het hulp ontbied deur ʼn noodknoppie te druk. Sy het haar seun bevry en na haar bure gehardloop vir hulp.

Die polisie was nie vir kommentaar beskikbaar nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Ek ruik ‘n rot. Die vrou het meer geweet as wat sy moes en hulle ‘wou haar skrikmaak.’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.