Staatsaanklaer en vrou vas oor bedrog

Argieffoto

ʼn Staatsaanklaer van Johannesburg en sy vrou is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie nadat hy glo R6 000 geëis het vir twee dossiere om te “verdwyn”, het die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) Maandag gesê.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê die ondersoekeenheid vir ernstige misdade het Saterdag die staatsaanklaer en sy vrou in hegtenis geneem.

“Die staatsaanklaer het R6 000 geëis van die twee verdagtes wat tereg staan op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens in die Johannesburgse landdroshof sodat die dossier sou verdwyn,” het Mulamu gesê. “Die saak is by die Valke aangemeld en ʼn lokval is gestel. Die verdagtes is Saterdag by ʼn restaurant in Maponya Mall in hegtenis geneem, toe hulle in besit van die verdagtes se geld betrap is.”

Die egpaar, onderskeidelik 33 en 38 jaar oud, sal na verwagting Dinsdag in die Protea-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kobus ·

En so leer ons nog steeds nie….almal wil hark en die koek deel….al is dit net die krummels…..ek dink nie daar is n instelling wat korrupsieloos in hierdie land meer is…as dit nie die werknemers is wat bedrieg…dan is dit die top bestuur…ons word daagliks net meer n grap vir die buiteland.

Tolla ·

Dis niks nuuts nie. Het al self aan die ontvangkant gestaan waar die staats advokaat in my saak vir die verdediging regshulp gereel het die aand voor my saak voorgekom het.

Nicolaas ·

Jislaaik, nee Maroela Media. Kan julle nie die berig persklaar maak voor julle dit plaas nie? Die opskrif handel oor bedrog maar die inhoud oor korrupsie. Sê eerder die verdagtes (wat van korrupsie verdink word) is in besit betrap met die beskuldigdes in die hofsaak se geld in hul besit en hegtenis geneem, dit is nie so verwarrend nie. Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke – gebruik hoofletters, dis ‘n naam. Die tweede paragraaf: verwyder ‘ondersoekeenheid vir ernstige misdade’ – ons weet mos alreeds dit gaan oor die Valke

Justice ·

Nicolaas was jy nie my Afrikaanse onderwyser op Sannieshof gewees nie?

Carel ·

Dis ‘n ou storie in hierdie bedryf. Sekere mense kan eenvoudig nie vertrou word nie. Dis mense wie tydens hulle studies gestaak het oor klasgeld verhogings en moes deur hulle studies gehelp word op allerlei wyses, hulle was van die begin nie hulle sout werd nie en sal nooit uitstaan in verantwoordelik posisies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.