Staatsaanklaer spring glo na sy dood

Die voorval het glo by die gebou in die middestad plaasgevind. Foto: Google Street View

Die voorval het glo by die gebou in die middestad plaasgevind. Foto: Google Street View

‘n Staatsaanklaer by die Kimberley-landdroshof in die Noord-Kaap het Dinsdagoggend glo selfmoord gepleeg deur van ‘n gebou in die stad af te spring.

Rodney Isaacs, streekshoof van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling, het aan Maroela Media gesê die voorval het tussen 9:00 en 10:00 vanoggend plaasgevind. “Ons was in ‘n vergadering toe ons in kennis gestel is dat iemand glo van een van die gebou se boonste vloere af gespring of geval het.”

Die voorval het glo by die departement van openbare werke se gebou op die hoek van Stead- en Knightstraat in die middestad plaasgevind.

Die oorledene se naam is aan Maroela Media bekend maar sal nie gepubliseer word voor die persoon se naasbestaandes in kennis gestel is nie.

Maroela wag steeds vir kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Juanita de Waal ·

Ai, die man was in n professionele posisie wat weet hoe dinge werk, kon hy nie liewers vir hulp aangeklop het nie. Dis so jammer hy het dit gedoen. My innige simpatie en meegevoel aan sy familie, kollegas en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.