Staatsaanklaer vas oor ‘omkoopgeld’ by hof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Staatsaanklaer van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat die Valke ʼn lokval gestel en hom op heter daad betrap het waar hy glo omkoopgeld ontvang het.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van Valke, het gesê Mduduzi Funeka (40), ʼn staatsaanklaer by die Ixopo-landdroshof, is Maandag vasgetrek nadat die Valke inligting ontvang het dat hy omkoopgeld by ʼn man geëis het. Funeka het glo die omkoopgeld geëis in ruil daarvoor dat die man nie van veediefstal aangekla sal word nie.

Volgens Mhlongo het die Valke ʼn lokval vir die aanklaer gestel en hom op heter daad betrap toe hy, binne die hofperseel, die omkoopgeld ontvang het. “[Funeka] het Dinsdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Durban verskyn waar hy op borgtog van R1 000 vrygelaat is. Die saak is tot 20 Januarie 2017 uitgestel,” het Mhlongo gesê.

In nog ʼn onverwante voorval het ʼn senior beampte van binnelandse sake ook vandeesweek in dieselfde hof verskyn nadat hy glo ʼn buitelander gehelp het om ʼn vervalste Suid-Afrikaanse paspoort te bekom. Sibonelo Biyela (33) het Woensdag op ʼn aanklag van bedrog verskyn en is op borgtog van R1 500 vrygelaat. Sy saak is ook tot 20 Januarie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Alida ·

Niks verbaas mens meer nie. Wat anders kan ons te wagte wees. Verkeerde mense in verkeerde poste.

Speedguard ·

En dit mense is waarom daar geen sukses is in die howe nie, hierdie is maar net ‘n baie klein spatseljie in die emmer!

Doodstraf ·

Ja o hel en dan wil die mense die DOODSTRAF terug he as dit die klas REGSLUI Is wat ons deesdae in SA het.

Carel ·

Zuma en kie het hul vriende mooi geleer – omkoop geld en arrogansie gaan RSA sink.

Pam ·

Staatsaanklaer kry R 1 000.00 en n beampte van Binnelandse Sake R 1 500.00 ?? Of is hier weer n omkopery aan die gang ? Selfdehof !!!!!

Alet ·

Net n R1000 borgtog? ?? Hy moes in die tronk gebly het tot sy saak voor kom !!!

Lance ·

Hier ook nog korrupsie ….dis net oral om ons moordenaars diewe verkragters en korrupte mense .. hoe bou mens n nasie as alles vrot is tot op die been …van bo na onder links en regs en dit versprei soos n galoppeerede kanker!

Topster ·

Ja Lance dis ek en jy die eerlikke burgers van die land wat aan die kortste end trek en dit gaan nog erger word hulle is tot korup met water

ZORO ·

Ek sal graag wil weet wat van die Top Verkeerd hoof in die WP se om koop sak geword het waar n boer hom n boks apples gegee het ‘inruil’ vir n kaartjie kan iemand onthou Wat die uitkoms van die sak was?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.