Staatsaanklaer verkrag kind in sy sorg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Staatsaanklaer van die landdroshof in Newcastle, KwaZulu-Natal, is lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ʼn 13-jarige meisie verkrag het.

“Remmington Zamokuhle Ngema se aansoek tot verlof om appèl is tot Augustus uitgestel en hy bly in aanhouding tot dan,” het Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder vir die provinsiale Nasionale Vervolgingsgesag, Dinsdag gesê.

Ngema het die tiener in Oktober 2011 verkrag terwyl sy in sy sorg was. Hy het onskuldig gepleit op die aanklag, maar is in Februarie deur die Pietermaritzburg-hooggeregshof skuldig bevind. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Liewe hemel tog… in hierdie week waarop die fokus is op kinders, hul regte en hoe hul beskerming moet geniet sien mens berig na berig oor arme kinders wat moet ly. Wat gaan aan? Ek raak net erg naar – die arme kinders!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.