Staatsaanklaer vra glo omkoopgeld van beskuldigde

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn 45-jarige staatsaanklaer van die Oos-Kaap is deur die Valke in verband met korrupsie in hegtenis geneem.

Kapt. Anelisa Feni, provinsiale woordvoerder van die Valke, het Woensdag gesê die staatsaanklaer, Thozama Theophilus Takane, het op 26 April vir die eerste keer in die Uitenhage-landdroshof verskyn nadat hy vroeër dié dag in hegtenis geneem is.

“Op 23 April het lede van die Valke inligting ontvang dat die staatsaanklaer omkoopgeld van ʼn 46-jarige man eis wat beskuldig word van aanranding,” het Feni gesê.

“Takane het na bewering belowe om die saak terug te trek, mits hy ʼn sekere omkoopbedrag betaal word.”

Die 46-jarige man het die voorval aangemeld en die Valke het ʼn lokval gestel. Takane is in hegtenis geneem nadat hy die omkoopgeld ontvang het.

Takane is borgtog van R5 000 toegestaan en moet weer op 16 Mei in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann ·

Lekker man! Bly om te sien die arrogante vlak van korrupsie is op elke vlak van die reg stelsel verteenwoordig. Laat mens wonder of dit die eerste keer was?

Genieve ·

Nou toe nou ek werk vir R5000. en hy soek meer as pensioen afgetrek is kry ek nie veel..ai wat sal die mense besiel hoop nie hyt n gesin nie want nou gaan hulle daaronder ly…omkoopgeld het nou sy werk gekos.

GM ·

R5000 borgtog, maar hoeveel het hy nie al in die verlede ontvang nie?

Antjie ·

Uitenhage is in die Ooskaap…
Wonder wat nóg is verkeerd of bloot vergete omdat mense nie omgee nie! Min media berigte wat nie indirek die rassehaat onderskraag nie. Woorde soos ‘vermeende’ en ‘verdagtes’ word misbruik en het dus politieke kleur gekry al is dit nie so bedoel nie. Ek dink als het te doen met mense wat net nie meer omgee nie; wat òf gemaklik arrogant geraak het, òf wat moedeloos oor beperkings geraak het. Ons samelewing kort politiese ontlading, maar ons media is verlam. Dit wat goed is kry nie meer aandag in die berigte nie.
Ek sê maar net…

Neewat ·

Waarvan praat jy behalwe die aardrykskunde wat dalk so bietjie uit was? Verstaan nie jou opmerking op die berig nie. Was die staatsaanklaer verkeerd of reg en wie het die politieke kleur aan die oortreding gegee? Neewat jy is die enigste een wat nou ras hier inbring dit is duidelik wie die oortreder was.

Phillip ·

Dagsê Antjie

Ons vra omverskoning vir die oorsig. Die berig word gewysig.

Groete
Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Bollie ·

JANEE geen wonder daar word deesdae ERNSTIGE klagtes laat vaar terwyl minder ernstige klagtes oral op alle nuusblaaie opslae maak nie .. hang net af hoeveel jy bereid is om te betaal . DAN WIL JULLE HE ONS MOET DIE REGSTELSEL VERTROU? Dan dink julle ons dink JULLE BEHANDEL almal regverdig voor die REG???? HIER IS MAAR NET EEN BEWYS!

Appel ·

Net MEER van die VROT APPELS in party lande as in ander, VERAL in leiers- en gesagsposisies.

Johan. H. ·

Vertrou niemand, daar is mos nou oral bewyse wat elke dag opduik,, Polisie, sandf, en die nannie in Alberton, O ja die grootste skarminkel van almal sars ,en die regering, Bewys my verkeerd!!!Laaste maar nie die minste nie,, Jou lokale munusipaliteit, Eskom ,,, Laat ek eerder iets noem wat nie in die lys val nie,,, Sorrie kan nou nie iets so gou uitdink nie!!

marous ·

Volg sekerlik maar net die eerbare voorbeeld wat meeste van die top amptenary stel …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.