Staatsaanklaer vry ná polisie saak verbrou

hofhamertjie‘n Staatsaanklaer wat beskuldig is van roekelose bestuur onder die invloed van alkohol is vrygespreek nadat ‘n polisiebeampte nie behoorlik bewysstukke versamel het nie.

Joy Ndlovu, die staatsaanklaer, het onskuldig gepleit op aanklagte van roekelose bestuur tydens sy verhoor in die Tonga-landdroshof in Mpumalanga.

Konst. Thobejane van die Schoemansdal-polisiestasie was die eerste getuie. Hy het getuig dat hy op 25 Junie 2011 ‘n ongelukstoneel bygewoon het waar ‘n Nissan Navara en ‘n trekker gebots het. Thobejane beweer dat Ndlovu nie sy samewerking aan die polisie op die toneel gegee het nie aangesien hy dronk was.

“Mnr. Ndlovu jy was dronk en jy kon nie eers praat toe ek jou op die toneel of by die polisiestasie ondervra het nie,” het Thobejane getuig. Ndlovu het ontken dat hy dronk was en het die polisiebeampte daarvan beskuldig dat hy nie sy werk behoorlik gedoen het nie.

“Jy is ‘n onverantwoordelike polisiebeampte. Jy het nie jou werk behoorlik gedoen nie. Ek stel dit aan jou dat jou toestel om bloed mee te trek verval het en kan ek dus nie enige uitslae wat aan die hof voorgelê is aanvaar nie,” het Ndlovu gesê.

Mfanuzile Magagula, die bestuurder van die trekker en tweede getuie, het ook getuig dat Ndlovu dronk was. “Jy was dronk aangesien jy polisiebeamptes beledig het en ek bierbottels en ‘n glas in jou motor gesien het na die ongeluk.”

Senior landdros Sam Nkuna sê hy kan nie vir Ndlovu skuldig bevind nie aangesien die polisie die saak verbrou het.

“Jou getuienis het tot gevolg dat ek die man onskuldig moet bevind aangesien jy Thobejane ‘n vervalde toestel gebruik het om sy bloed te trek en jy Magagula sonder ‘n lisensie bestuur het en jou trekker in die aankomende baan geparkeer het en die trekker nie ligte gehad het nie,” het Nkuna gesê terwyl hy sy kop geskud het.

“Thobejane jy moet in die toekoms leer om jou werk behoorlik te doen. Na oorweging van julle getuienis vind ek die beskuldigde onskuldig en moet ek hom vryspreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Daar is n fyn lyn tussen verbrou en met opset verbrou. ($$$$$RRRR$$$$)

JB ·

In HOEVEEL sake gebeur dit, dat die polisie onbevoeg is??? Dit bewys weereens hoe “ernstig” hul oor hul “werk” is! Maak mens siek!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.