Staatsamptenaar geskors oor Nkandla

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

ʼn Senior werknemer by die departement van openbare werke is die eerste beampte wat geskors is in verband met opgraderings van R246 miljoen aan pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla, het die City Press berig.

Itumeleng Molosi (58), direkteur van projekte, het skuldig gepleit op aanklag dat hy onreëlmatig kontrakteurs aangestel het en aanskaffingsprosedures verontagsaam het, het die koerant Sondag berig. Dit glo volgens “bronne binne die departement”.

Molosi sal glo sy pos behou nadat die departement hom twee maande lank sonder betaling geskors het en ʼn finale skriftelike waarskuwing uitgereik het. Hy het glo verlede Maandag die ooreenkoms onderteken nadat hy die departement in kennis gestel het dat hy van plan is om skuldig te pleit.

Hy het glo beamptes, insluitend homself, daarvan beskuldig dat hulle onder druk geswig het om kortpaaie te neem omdat dit die president se huis was.

Elf ander beamptes, wat almal deur die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) verteenwoordig word, kan soortgelyke ooreenkomste aangaan om uitgerekte verhore te vermy, het die koerant verder berig.

Roshan Lil-Ruthan van die PSA wat die staatsamptenare verteenwoordig, het gesê sy kliënte is van plan om aan die verhore te sê hulle het gevoel hulle is onder druk om die opgraderings aan Nkandla te bespoedig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

henk ·

een helse groot klug!! So probeer hulle die kollig van die grootste krimineel in SA se geskiedenis weg lei net om die “skuldiges” binne twee maande as ambassadeurs of in ander meer senior posisies te plaas met enorme salarisse en voordele!

jakoos ·

Henk, jy is dalk reg oor die pogings om “weerlig af te lei”, maar jou stellings oor die “grootste krimineel” is helaas emosionele reaksie op koerant- en TV-berigte. Feit is dat Madonsela nie vir ZUMA as ‘n krimineel bevind het nie. Inteendeel, sy se^ hy het nie willens en wetens geld “gesteel” nie, hy is net bevoordeel weens die onbehoorlike toepassing van sekere wette deur amptenare.

Ek is op rekord dat ek dink dat Madonsela en andere op die verkeerde plekke soek na gronde om Zuma vas te vat. As hy op kriminele wyse geld uit die ding gemaak het, le die bewyse dalk in die bankrekenings van ‘n hele paar mense – soos daai argitek! Maar dit is nooit behoorlik ondersoek nie!

Henk ·

Ja,ja,dink hulle ons is “stupid”vir seker is daar beloning vir hierdie ou gunsie,”ek krap jou rug,dan krap jy myne”

JZ ·

Ha,Ha,Ha Ha!!!!!.te verwagte,arme ampnenaare,dit is voorspel,Die ooreenkoms met die Gaptas storie ,ook amptenare se skuld om die selfde persoon te beskerem..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.