Staatsamptenaar kry verrassingsbesoek ná FB-inskrywing

Minister Cwele by Mkhupheka. Foto: Verskaf

ʼn Werknemer van die departement van binnelandse sake in Scottburgh, KwaZulu-Natal, het Maandag ʼn besoek van die minister van dié departement ontvang.

Siyabonga Cwele, minister van binnelandse sake, het die departement se kantoor in Scottburgh besoek om Nosipho Mkhupheka te ontmoet. ʼn Facebook-inskrywing oor Mkhupheka het oor die naweek soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Marius Botha het in die Facebook-inskrywing vir Mkhupheka bedank vir haar uitstekende diens. “Haar kollegas het vandag om 16:00 hul werkstasies verlaat en huis toe gegaan. Mev. Mkhupheka het egter agtergebly en die laaste 40 kliënte op haar eie gehelp en met ʼn glimlag op haar gesig. Jy is my held. Suid-Afrika het meer mense soos jy nodig. Dankie,” het Botha geskryf.

Cwele het gesê Mkhupheka werk sedert 2012 as ʼn toesighouer by dié tak en dat sy al vir meer as 30 jaar ʼn staatsamptenaar is.

‘n Skermskoot van Marius Botha se Facebook-inskrywing oor Mkhupheka.

“Mev. Mkhupheka is een van die beste voorbeelde van die duisende binnelandse sake-amptenare wat daaraan toegewys is om mense met ʼn glimlag te dien. Met my aankoms was die kantore volgepak en sy was steeds besig om mense by te staan. Die mense wat daar was toe ek daar aangekom het, het gesê hulle waardeer haar werk,” het Cwele gesê.

Mkhupheka het in reaksie op die sosiale media-inskrywing en die minister se besoek gesê sy sou nie in staat wees om te dien op die wyse waarop sy dit doen nie as dit nie vir die ondersteuning van haar span en bestuurders is nie.

“Wanneer ek in die oggend my huis verlaat, sit ek myself in die skoene van die mense wat na ons kantore toe kom. Ek groet hulle wanneer ons die kantore oopsluit en kommunikeer deurlopend met hulle indien ons uitdagings het.”

Volgens Mkhupheka was sy verbaas oor die sosiale media-inskrywing. “Ek het dit nie verwag nie. Ek sal gewoonlik later as kantoorure werk saam met my kollegas Elvis Mavundla en Malcolm Ratube. Hulle is kort voor die foto geneem is huis toe nadat ons bepaal het hoe ons die oorblywende mense gaan help. Ek dank God dat Hy vir my die passie, energie en liefde gegee het om landsburgers te dien.”

Bron: SAnews.gov.za 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Netso ·

Well done! More sien jy hoe werk almal om ‘n handdruk te kry!

Johan H. ·

Pragtig!!!! Sy wardeer die feit dat sy n werk het, moet asb nie ingee aan die stakers wat jy nog gaan teekom nie!!

willem Botha ·

Een uit n miljoen maak haar die hoof van haar departement. Baie dankie.

honourable member ·

Well done colleague. Just sad to see that people are prepared to leave the office without attending to all the clients. You also have a house and husband to go to. Luckily for you the Minister took note of your loyalty.

Jordaan ·

Daardie glimlag vertel sommer sy geniet dit om mense te help, so anders as die bot gesigte wat mens some by staatsdepartemente teenkom.

Home Affairs ·

Daar is baie baie mense wat hard werk in die departement sonder vergoeding wens regtig die publiek en media wil die goeie kant van Home Affairs ook raak sien. Ek is bly vir die FB inskrywing maar vir elke ander amptenaar wat so hard werk Dankie iemand waardeer julle

ALLIE ·

Baie mooi. Hou so aan!
Haar kolegas gaan naar wees met haar….ongelukkig.

Swartbees ·

Selfde met die lisense departement, die mense is great en baie behulpsaam, maar die sisteem is nie. Ek wag al van laasjaar einde Augustus vir my hernuwe bestuurs lisensie.

Blompot ·

Ag Allie…hoekom negatief wees, dit was hulle eie keuse om 16:00 te loop.

Was goed om iets so positief te sien, ek is bly die minister het dit raakgesien! Daar is baie wat meer as hulle deel doen wat nie raakgesien word nie. Well done!

Fransie ·

Knap gedaan. Dan is sy nog baie ordentlik ook om die ander 2 kollegas te bedank, maar hulle was nerens in sig nie. Edele dame.

MCS ·

Mev Mkhupheka, jy is die nuwe SA wat Nelson Mandela in gedagte gehad het. Staatsamptenare wat die landsburgers dien. Dink ieder en elk sidder as hul ‘n staatsdepartement in die land moet besoek vir ‘n ID, paspoort, motor lesensie en so kan ek aangaan, die diens is oral swak.Dankie dat jy ‘n verskil maak.

Seeskulp ·

Ek kan ook getuig van haar vriendelike glimlag en behulpsaamheid daar by Scottburgh kantoor. Ek stem saam,maak haar n hoof en bestuurder

Oujongvrou ·

Ai en nou is sy nog nederig ook en dank haar mede werkers. Mense soos jy is dun gesaai.

Piet Pompies ·

Puik werk, hou so aan!
Klompie jare terug ontvang ek ‘n terugbetaling, as gevolg van swak werk is ‘n tjek na my ou woonadres in ‘n ander provinsie gestuur. Op navraag aan die departement is daar ‘n lang oplossing gegee, wag drie maande dat die tjek verval…………
Die volgende dag bel ek weer en daar antwoord ‘n ster, twee dae later is my geld in my rekening inbetaal, wil jy nou meer.

Ekke ·

Meer as 30 jaar? Dog dan hul het nie werk gehad in ou Suid Afrika? Leuns op leuns. Daar was baie swart werkers oral. Kyk maar films ook. Prokereurs, dokters ……

Spossie ·

Nee neee neee. waarom haar die hoof of die bestuurder maak van die tak. Sy verdien dit nie. Maak haar eeder die hoof van KZN. Ek was ‘n jaar of so gelede by een van Durbanse takke gewees. Ek was glad nie beindruk met die tak gewees nie. As sy die hoof is van KZN, sal almal moet werk en haar voorbeeld moet volg, jy maak ons trots en ander weer skaam wat nie wil werk nie.

Karl ·

As jy nou regtig die kantoor wou sien, moes jy in die ry gestaan en wag het om haar te ontmoet, dan sal jy sien hoe pateties dit werklik gaan. Well done aan die een, wat haarself oortref!

Heksie ·

Waar is die dae toe staatsamptenare so uitgangspunt gehad het???

Baie geluk Noshipo, ons kan baie by jou leer van kliëntediens.

André ·

Sy is meer as ñ bossie blomme werd. Gee haar ñ verhoging.

Derick ·

Well done. Hulle kan jou gerus in beheer sit, sodat jy die ander kan vasvat.
Hoop hulle leer van jou.
Hou so aan met die goeie voorbeeld.

jaco ·

Vreemd dat die minister haar gelukwens, want dié kultuur van doen-net-die-minimum in jou werk kom juis van die minister se ANC af.

D B ·

Jammer, kruisig my maar, maar ek sien dit anders. Het ons standaarde so laag gedaal? Ek verstaan glad nie die bohaai nie? Die vrou doen haar werk waarvoor ons belastingbetalers haar betaal. Daar’s niks spesiaals daaraan nie, so waarom haar “gelukwens”?

Ek doen elke dag my werk, net soos sy, waarvoor my baas my betaal, en glo my, ek kry geen dankie nie en ek verwag ook nie een nie, want dis my werk en ek word betaal daarvoor.

Anoniem ·

DB, jy is reg maar sy het self ook dieselfde as jy gese dat sy maar net haar werk doen. Sy verdien wel ‘n medalje omdat sy nie humeurig geraak het oor sy alleen alles moes doen nadat almal huis toe is en boonop dit met glimlag. Verder is dit wonderlik en buitengewoon dat sy nie ook maar 4uur opgepak en huis toe is nie. Omtrent alle ander mense sou… uit alle ras groepe en vlakke – ek sien dit gereeld by my werk plek dat slegte voorbeelde eerder as goeie voorbeelde gevolg word

MissDemeanor ·

Nee Spike, jy span nou die kar voor die perd in. Sy is toegewyd ja…maar dit maak haar nie outomaties bekwaamd vir presidentskap nie.

Fonnie ·

Mooi so . Sy is ‘n bewys dat jy jou self vry werk. Vryheid kom nie van bedel en staak en in ander mense se oe kyk nie. Maar op jou kniee!!! Biddend

Elmarie ·

Dankie aan die persoon wat haar onder almal se aandag gebring het. Ons sê te min dankie vir mekaar. So lekker om ietsie moois te lees tussen al die wrang en wrede ‘nuus’.

Johanna Botha ·

Baie mooi en dankie …mens kan n land bou met sulke toegewyde en nice mense ….ek se bevorder haar !

Cor ·

Wow nog een van die ouergarde vir wie dit n plesier is om haar medemens te help. Sien sy werk al 30 plus jare vir die staatsdiens . Sy het nog in die oubedeling daat begin werk en geleer van pligsbesef en werks etiek. Dit is so goed om te sien daa is nog mens wat hulle werk ernsig opneem . Baie geluk en mag jou vriendelikheid en behulpsaamheid aansteeklik wees vir die res van die land se mense ongeag kleur , taal en kiltuur

Louis ·

Jammer dat daar niemand is in E Home affairs / Akasia se kantore wie se naam ek graag wil noem vir goeie diens , ek sukkel al 2 maande om `n smart ID en Paspoort te bekom.

Dina ·

Kinders, leer by die ouer garde. Dit is hoe dit altyd voorheen was en behoort te wees. Werksetiek moet gebasseer wees op goeie klantediens. Ongelukkig het dinge begin verander tot nadeel van die land, ekonomie en mensdom. Kry weer trots in jul werk en werk omdat jul wil en nie omdat jul moet nie. Mooi so vir almal wat hul beste gee.

Diefie ·

Wow dit is nou lekker om positiewe nuus te kry. Trots op jou. Gaan voort met jou pragtige gesindheid.

Johanna Botha ·

Dalk moet minister die vrot appels ook begin besoek en iets doen aan die res van die diens !

jo ·

Stenig my maar, dit is goed om mense erkening te gee vir goeie diens maar volgens my werk sy vir n salaris en is veronderstel om n diens te lewer. Gaan dienslewering nou al so sleg dat mense op hulle skouer geklop moet word om hulle werk te doen? Daar is duisende mense wat goeie diens lewer terwyl ander op hulle alies sit en niks doen nie.

Griet ·

@Jo, ja jy is reg, sy is veronderstel om diens te lewer, BINNE KANTOOR URE (Staatsdiens kantoor ure). Sy het dit BUITE kantoor ure gelwer (NA 16H00).

Dit is die verskil…..

Blommie ·

Baie goeie werk welgedaan, wens jy kon die mense hier in Rustenburg menslikheid leer.
Hier staan en skree die werkers vir jou of lag jou uit of ignoreer jou.
Maak nie saak HOE ordenklik jy met hulle praat nie.
Dis belaglik man, maar roep jy die BESTUURDER KAMSTIGE bestuurder, by die LISENSIE kantore is sy meeeer ONGESKIK as die personeel wat daar werk.
As ek julle was sou ek my KOP in skaamte laat sak vir JULLE GEBREK aan ordenklikheid en dienslewering.

Oom Pieter 84 ·

‘n Pragtige voorbeeld van die vrug van die Verwoerd-onderwysbeleid wat byna daagliks na vore kom. En in die laaste van die uitvoering van die geroepenheid van die Afrikanervolk (Engelssprekendes ingesluit) wat deur die HERE hier gevorm is om die Evangelie te bring en die gelowige se gehoorsaamheidsgevoel om diensbaar te wees en Hom te prys. Ons vergeet albei so maklik terwyl ons sug en kla en vra waarom ons so gestraf word. Laat ons maar liewer juig en bly wees, die klein dinge en gebeure raaksien, en die HERE Here dank dat ons voorgeslagte se gelowige God-gerigte doen en denke so sigbaar word in die voortgaande uitbreiding van die Koninkryk van Christus Jesus onse Here. 1 Konings 9:1-7; Jesaja 63:7-19 (#17).

Johanné Steyn ·

Waardering en respek! Ek dink ons moet dié minister vra om jou as voorbeeld na SARS se Edenvale-tak toe te stuur! Met ‘n uitsondering van omtrent 2 werknemers daar, is die res so vrek “belangrik”, dat dit hulle iets gaan kos om ordentlik en vriendelik te wees. En intussen is van hulle so incompetent soos kan kom!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.