Staatsamptenaar vertel van druk oor Gupta-visums

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Ronald Steyn, ʼn senior beampte in die departement van binnelandse sake, het Dinsdag aan LP’s gesê hy is uitgevra oor die vordering van visumaansoeke van die Gupta-familie voor hy twee jaar gelede sonder enige verduideliking van die hoë kommissie in New Delhi oorgeplaas is.

Steyn is in die middel van sy ampstermyn na München oorgeplaas om die weg te baan vir Gideon Christians, wat na bewering een van die persone was wat gehelp het om die Indies gebore Gupta-familie se Suid-Afrikaanse burgerskap te bespoedig. Die Guptas word daarvan beskuldig dat hulle miljarde rand bekom het deur onderduimse onderhandelings by staatsondernemings.

“Ek was twee jaar en een maand lank in Delhi,” het Steyn aan die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake, wat die vinnige burgerskap van die familie ondersoek, gesê. “Ek weet nie waarom ek na München oorgeplaas is nie.”

Hy het gesê hy het nie gevra waarom hy vroeg in September 2015 oorgeplaas is nie, maar die hoë kommissaris wou by hom weet hoe ver trek die visumaansoeke vir die familie. Steyn het gesê hy het ook soms telefoonoproepe en e-posse ontvang van Ashu Chawla, ʼn sleutel sakevennoot van die Gupta-broers. Hy het ook navraag gedoen oor die vordering van visumaansoeke vir personeel van Sahara Computers.

Paul Chauke, voorsitter van die komitee, het gesê alhoewel Steyn in kennis gestel is van die oorplasing en dat die hoofdirekteur van die koördinering vir die buitelandse kantoor, Nomzamo Mnyaka, hom gekontak het, word besluite oor ontplooiings op ʼn senior vlak deur die minister geneem.

Chauke het ook daarop gewys dat aansoeke van Chawla nie aan die vereistes voldoen het nie. Beamptes moes dus aansoeke bespoedig wat nie volledig was nie.

Major Kobese, ʼn voormalige direkteur vir die departement se buitelandse kantore, het gesê daar was probleme tussen Steyn en sy kollegas. Steyn het egter gesê hy is nooit in kennis gestel van enige probleme terwyl hy by die hoë kommissie was nie.

Die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, se getuienis voor die komitee is met groot afwagting ingewag, hoewel die stadige verloop van sake dit vertraag het en dit nie heeltemal seker was wanneer dit sou plaasvind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

John ·

Nou wil graag net weet as as almal so tee gedrink het by die Guptas, waar was Cyril? Het hy nooit ooit as vise-president daar aan huis gekom nie? Indien nie, hoekom is hy dan verduur en hoekom het hy niks gerep van die kuiers daar nie. Sekerlik moes die naam van die Guptas opgeduik het. Of het CR die menere in die buiteland ontmoet?

Grassie ·

Ek het iewers gelees CR was ook al ‘n passasier op die Guptas se straler iewers heen. Sy verskoning was glo dat daar nie ander lugvervoer beskikbaar was nie. Arme Nene is gepos omdat hy ‘n bietjie by die Guptas gaan kuier het. Nou wonder ek – wat is die ernstigste “sonde”, kuier of saam vlieg?

Kokkie ·

Ou Cyril leef op ‘n ander planeet. Hy is salig onbewus van plaasmoorde. Hoe dink julle nou moet hy iets van die Guptas af weet !

JP de wetter ·

Cyril is uit die aard van die saak op hulle payroll. hy gaan nie worry wanner hy gevang gaan word nie…… sy geld is klaar in die buitelend. Hy maak net seker hy kry sy cut van die chinese af en dan sal hy ook seker bedank. :-)

Cherokee ·

Nogal op ‘n aardige manier snaaks dat mense so graag van die Ramaphosas, die Malemas en ander ongewildes praat op hul voorname asof hulle deel van vriendekring is. Ramaphosa sal slegs Ramaphosa bly soos Zuma net Zuma sal wees en Malema net Malema.

Johan ·

Ek wonder hoekom getuig die veiligheidswagte van die Guptas nie oor die geld wat fisies in toksakke by die Guptas uit is na die ontvangers toe nie? Vermoedelik onder andere die groot Z. Maar aan die ander kant moet mens seker verstaan hulle vrees vir die nagevolge indien hulle sou getuig. Groot jammerte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.