Staatsamptenare glo gevra om ANC te befonds

anc-vlagDie ANC het senior staatsamptenare gevra om te help om die party te befonds, berig die Sunday Times.

In ‘n brief, wat die koerant onder oë gehad het, word staatsamptenare gevra om in te stem tot ‘n maandelikse aftrekking van hul bankrekeninge.

Talle staatsamptenare het glo bevestig dat hulle gevra is om die ANC aan die gang te hou.

Direkteur-generaals, die administratiewe hoofde van regeringsdepartemente, is gevra om R3 700 per maand by te dra.

Opposisieparte het met woede hierop reageer en sê dit kom daarop neer dat “die staat met die ANC” saamgevoeg word.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, meen egter daar is niks fout daarmee om vir donasies te vra nie.

“Ons samel fondse in van ons lede. Wil jy hê die ANC moet niks geld hê nie? As ons geld insamel van maatskappye, dan vra jy hoekom die ANC geld van maatskappye insamel,” het Mantashe aan die koerant gesê.

Hy sê R3 700 is kleingeld vir ‘n direkteur-generaal wat nagenoeg R2 miljoen per jaar verdien.

Volgens die berig is die ANC se versoek moontlik strydig met staatsdiensregulasies wat bepaal dat staatsamptenare op ‘n “onbevooroordeelde en onpartydige wyse die publiek moet dien om vertroue in die staatsdiens te skep.”

Die ANC se pogings om fondse in te samel is glo ‘n algemene praktyk in die party.

Kabinetministers, LP’s, premiers en ander openbare verteenwoordigers wat danksy die ANC tot hul posisies verkies is, moet glo maandelikse heffings aan die party betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

hannetjie ·

Ek werk in n hospitaal en sal nie eers R2.00 gee n maand nie!

Trippie ·

UITERS voorbarig – ek dink die ANC skuld die belastingbetalers ‘n hele paar Rande.

O, so terloops, as daar bydraes te maak is, sal ek dit verseker maak waar armoede heers onder die Blanke-bevolking.

Willie ·

Laat ek tog net ‘n minuut stilte op hierdie stelling hou. …”onbevooroordeelde en onpartydige wyse die publiek moet dien om vertroue in die staatsdiens te skep.” Of sal dit miskien langer as ‘n minuut moet duur!?

Johannes ·

Ja nou is daar nog ‘n paar mense ekstra wat die ANC nie vetrou en o ja die Direkteurs Generaals moet betaal anders verloor hulle ,hulle werk want hulle is as KADERS daar geplaas om ANC se belange te dien.

Nina ·

R3 700 is kleingeld….Skaam jy jou nie? Terwyl meeste van jul stemmers nie eens daai salaris per maand verdien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.