Staatsamptenare kry meer as R1 miljoen se verkeersboetes

Foto ter illustrasie: Pixabay

Amptenare van die Oos-Kaap se provinsiale regering het binne drie jaar meer as R1 miljoen se verkeersboetes gekry.

Marshall von Buchenroder, DA-lid van die provinsiale wetgewer, meen dit dui op “algehele minagting van die padreëls”.

Weziwe Tikana, LUR vir vervoer, het in reaksie op ʼn geskrewe vraag in die wetgewer gesê amptenare wat staatsvoertuie bestuur het, het van April 2016 tot November vanjaar altesaam R1,141 miljoen se boetes gekry.

“In werklikheid kom hierdie boetes neer op vrugtelose en verkwistende uitgawes deur die staatsdepartemente,” sê Von Buchenroder, “en getuig van algehele minagting van die wet.”

Tikana het bekendgemaak R394 050 se boetes is in die 2016/’17-boekjaar aan Oos-Kaapse amptenare uitgereik. In die 2017/’18-boekjaar het dit tot R406 737 gestyg en in die sewe maande van April tot Oktober vanjaar staan dit reeds op R339 900, wat beteken die verwagting is dat die boetes in die huidige boekjaar meer as R500 000 kan beloop.

Dis nie altyd vir verkeersbeamptes moontlik om die bestuurder van ʼn voertuig te identifiseer nie.

Die LUR het gesê dis nie altyd vir verkeersbeamptes moontlik om die bestuurder van ʼn voertuig te identifiseer nie; daarom word boetes aan die Staatsvlootbestuursdiens uitgereik. Dié diens probeer dan vasstel wie die voertuig bestuur het en dié persoon moet dan die boete uit sy of haar eie sak betaal.

Wanneer die bestuurder nie uitgeken kan word nie, het Tikana gesê, word die rekening aan die betrokke departement gestuur, wat dan die koste van sy amptenare moet verhaal.

Von Buchenroder sê veral omdat departemente se begrotings onder druk verkeer, “is dié verkwistende uitgawes onverantwoordelik en bykomende uitgawes wat die provinsie nie behoort te betaal nie”.

Hy het onderneem om opvolgvrae aan die LUR te rig om duidelikheid te kry oor watter departemente die grootste oortreders in diens het en vas te stel watter bestuurders gewoonte-oortreders is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Irma ·

Ag nooit !! Met ander woorde daar is geen voertuig beheer registers of prosedure vir die uitgee van voertuie vir amptelike gebruik nie. Waarskynlik omdat voertuie deur familie en vriende gebruik word vir privaat doeleindes, en soos ons al gesien het die voertuie word as taxis gebruik.

zoom zoom ·

Irma.
Nou slaan Jy die spyker op die kop. Die SANW en SAPD . Lyk my as Jy aansluit by of die Weermag of Polisie kry Jy ook ‘n voertuig van jou keuse en gratis brandstof Om Te down soos Jy wil.

Johnnie ·

Die Oos Kaap is mos die geboorte plek van die ANC. Dit is maar net nog n bewys dat daar geen respek vir wet en orde is nie, want die land word regeer deur n wettelose partye. Daarom moet die arme belasting betaler maar weer uithaal en betaal. En hoeveel van daai boetes word maar weereens afgeskryf.

Michelle ·

Elk wat oortree het kan sommer vir sy eie boetes betaal uit sy eie salaris nie uit die belasting betaler se sak uit nie.

Zelda ·

Dis sommer bog. Hul weet presies wie die bestuurders was…. dis net maklik om te sê dat hul nie weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.