‘Staatsamptenare se donasies aan ANC moet ondersoek word’

anc-vlagDie Vryheidsfront Plus sê hy gaan die staatsdienskommissie versoek om ondersoek in te stel na berigte dat die ANC senior staatsamptenare versoek het om geld aan die party te skenk.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, sê dit skep ʼn onhoudbare situasie aangesien amptenare deur die bank sal voel daar word ʼn mes teen hul keel gehou om geld te skenk of in onguns te verval by die ANC-regering.

Sunday Times het die naweek berig dat die ANC senior staatsamptenare gevra het om in te stem tot ‘n maandelikse aftrekking van hul bankrekeninge. Direkteur-generaals, die administratiewe hoofde van regeringsdepartemente, is gevra om R3 700 per maand by te dra.

Volgens adv. Alberts spreek dit vanself dat die amptenare bang sal wees om die nie geld te skenk nie aangesien die wat nie bydra nie, se werk in die gedrang kan kom.

“Dit wys ook op die arrogansie en feitlike erkenning van die regering betreffende kaderontplooiing in die staatsdiens om aan te neem dat soveel senior staatsamptenare ANC-lede is.”

Alberts sê die VF Plus sal ʼn klag by die staatsdienskommissie indien in terme van die etiese kode van die staatsdiens, wat vereis dat amptenare onafhanklik en onbevange moet kan optree.

“Die boodskap wat hiermee uitgestuur word, is dat hulle die ANC gedienstig moet wees. Hierdie optrede vervaag die grens tussen die staatsdiens en die ANC en kan nie geduld word nie aangesien die staatsdiens reeds groot probleme ondervind wat dienslewering aanbetref.

Dit is niks anders nie as subtiele afpersing en ons sal die kommissie vra om so gou doenlik hieroor ʼn bevinding te maak,” sê adv. Alberts.

Lees ook:
Staatsamptenare glo gevra om ANC te befonds

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alet ·

Is dit nie dalk dat hulle nou fyn dop gehou word vir korrupsie en geld wat net verdwyn en niemand kan se wat word daarvan nie kry vir julle

sarie le roux ·

Dalk nuwe strategie, fyn beplanning en die toenemende druk teen korrupsie wat die optrede veroorsaak

Theresa ·

Dit help tog nie jy vra ‘n ondersoek aan nie. Hulle vingers is in al die pie’s. Hulle sal nogsteeds doen wat hulle wil en julle aflag. Dit is mos wat hulle doen. Doen wat ons wil want ons gaan want ons kan.

Eben ·

Agggggg wat die kom van voor 1994. In 1979 is daar ook geld afgetrek van my army pay om te help betaal aan n grassnyer wat ons tot vandag nie gesien het. :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.