‘Staatsbates moet nie privatiseer word nie’

Malusi Gigaba, minister van finansies, buite die parlement (26 Oktober 2017). Foto: Phando Jikelo/ANA

Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) het Woensdag gesê hy is nie ten gunste van die regering se plan om van sy aandele in Telkom te verkoop om sowat R3,9 miljard inkomste vir die nasionale tesourie te bekom nie.

Volgens die vakbond is hy nie ten gunste van die privatisering van staatsbates nie. Dit kom nadat Malusi Gigaba, minister van finansies, Woensdag tydens die lewering van sy eerste mediumtermynbegrotingsraamwerk gesê het die regering sal ʼn gedeelte van sy aandele in Telkom verkoop om as ʼn finansiële reddingsboei vir die sukkelende SAL te gebruik.

Gigaba het gesê die regering sal die opsie hê in ʼn latere stadium die aandele terug te koop, maar gaan vir nou voort met die verkoop van die aandele om die lugredery te herkapitaliseer en te verhoed dat SAL nie in staat is om die paaiemente van sy regeringsgewaarborgde lenings terug te betaal nie.

Simon Mathe, Samwu se algemene sekretaris, het gesê Samwu het “met groot kommer” kennis geneem van Gigaba se planne om die staat se Telkom-aandele te verkoop. “Basies sê die minister vir ons dat die regering ʼn lening gaan kry om voort te gaan met sy bedrywighede. Aangesien dit net logies is dat die terugkoop-opsie met rente gepaard sal gaan, sal dit terugbetaal moet word ten koste van die belastingbetalers,” het Mathe gesê.

“In lyn met ons Egoli 2000- en teen-privatiseringsveldtog is Samwu ten sterkste teen die regering se verkoop van sy Telkom-aandele. Telkom is een van die beste staatsbates wat al weer beter presteer en daarom maak dit nie sin dat enigiemand daaraan sal dink om te verkoop nie.”

Mathe het gesê Samwu meen die regering moet daarna kyk om bestuursmeganismes binne staatsentiteite te versterk eerder as om staatsondernemings te privatiseer. “Dit is nou tyd vir die regering om beleide te implementeer wat die ekonomie sal laat groei. Hierdie beleide moet werksgeleenthede vir Suid-Afrikaners skep en terselfdertyd verseker dat dienslewering geprioritiseer word.

“Hoewel die minister hom daaraan verbind het om twee-derdes van die begroting aan maatskaplike uitgawes te allokeer, het Samwu ʼn paar probleme wat munisipale werkers ongemaklik maak met die begroting wat voorgelê is.”

Mathe het gesê Samwu is teleurgesteld dat munisipaliteite nie ʼn regverdige deel van die verdeling van inkomste ontvang het nie nadat 9,2%, of R112,6 miljard (billion), van staatsbesteding vir die 2017/18 finansiële jaar toegeken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leahim ·

Hulle moet die SAL,Telkom ,Poskantoor staats hospitale en Eskom privatiseer en die polisie ontbind en by die metro polisie inlyf dit is mos bewys dat hulle nie oor die vermoë beskik om die departemente doeltreffendkan bestuur nie.

Frikkie Geld en huis ·

Dit is ook bewys dat hul nie oor die vermoë beskik om die land doeltreffend te bestuur nie.

Loeis ·

Wat weer op sy beurt bewys dat die mense nie baie slim is wanneer hulle stem nie.

Cherokee ·

Heeltemal reg Loeis. Kyk na die massa wittes wat ja gestem het in 1992. Daarna spring van hulle om en stem KP wat ooglopend gestig is om die HNP te opponeer en sodoende die regse stem te verdeel. Van daar swaai hulle toe weer na Helen Suzman se Progresiewe Party wat van naam en leier verander het en hulself die DA noem onder die vaandel van ‘n ander Helen, die keer Zille. Soos jy sê, mense is dom wanneer hulle stem.

Vermeende ·

Dit is lankal nie meer bates nie maar laste van die staat.

Haan ·

Eish we need da maaney but eish we also want da powa…Ek wonder dikwels of hierdie amptenare nie skaam kry oor die feit dat alles waaraan hulle raak misluk nie

sjn ·

Pravin wou dit nie toelaat nie, dis hoekom hy in die middernagtelike ure vervang is deur Gigaba
ook die kernooreenkoms wat reeds onderteken was voor sy aanstelling en die sperdatum in gedrang was, JZ se seun het mos n vinger in daai pie.

marous ·

Hulle gaan die goed verkoop aan ‘n kader en dan belasting geld gebruik om te betaal…hou dop.

snoefie ·

telkom vandag en volgende week?
hou verdomp net op uitdeel. n tweede of derder kind op staatstoelaag behoort onaanvaarbaar te wees. maar dis nou weer afrika kultuur. skep terwyl dit pao reen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.