Staatsbegrafnis vir geliefde aktrise

Shaleen Surtie-Richards.

Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, het pas aangekondig dat pres. Cyril Ramaphosa sy versoek vir ʼn staatsbegrafnis vir die ontslape aktrise Shaleen Surtie-Richards goedgekeur het.

Winde het vroeër vandeesweek aangedui dat hy aan Ramaphosa gaan skryf om ʼn spesiale provinsiale begrafnis vir Surtie-Richards te versoek. Dié versoek is wyd ondersteun, ook deur Surtie-Richards se familie.

Surtie-Richards het Maandagoggend in die ouderdom van 66 gesterf. Sy was bekend vir haar vertolking van die rol van Nenna in die destydse M-Net-sepie Egoli en Fiela Komoetie in die oorspronklike rolprentweergawe van Fiela se kind.

“Ek kan aan geen beter manier dink om iemand te vereer wat soveel bygedra het tot ons provinsie en die land se kreatiewe gemeenskap en bedryf nie. Die nasie het ʼn reus verloor wat onthou sal word vir haar ongelooflike talent en bydrae,” het Winde gesê.

“My medelye gaan uit na haar familie, vriende en geliefdes gedurende hierdie moeilike tyd.”

Die begrafnis word Sondag 13 Junie regstreeks op eNCA, DStv-kanaal 403, uitgesaai. Die diens begin om 14:30.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Elizabeth ·

Beteken iets vir die lewende. ñ Staatsbegrafnis is ñ status simbool vir wie? Dit baat haar niks.

Adri ·

Ek ontken nie dat sy ‘n goeie akteur was nie, maar ‘n staatsbegrafnis vir ‘n akteur?? Skep ons nie nou hier ‘n gevaarlike presedent nie?

Boerkind ·

Beslis! Wat van die ander akteurs wat ook hul merk op die samelewing gemaak het? Hoe en wie bepaal ‘n staatsbegrafnis? Rus in vrede Shaleen – jy sal nie vergeet word nie.

Sarel ·

My eerste reaksie is vir die Familie….geen Privaatheid
Tweeddns jy skep nou weer in SA ‘n gevaarlike gewoonte

Kobus ·

Ja sy was n goeie aktriese maar waaragtig n staat begrafnis ek het hasr nie so goed geken dat ek daarvoor moet betaal nie nie eers familie nie

Annakapat ·

Sy was ‘n fantastiese Fiela maar ‘n staatsbegrafnis is ‘n bietjie vergesog!

Marlene ·

Ek erken haar as goeie aktrise, maar … ‘n staatsbegrafnis?

Jacques ·

En waar krap die staat die geld uit, ons hoor altyd daar is nie geld vir paie, polisie ensovoorts nie maar daar is geld vir n aktrise vir n staats begrafnis.

Hendrik Marthinus ·

Stem met jou Jaques
Baie sad dat Sy gesterf het, en ja Sy baie gedoen vir die vermaaklikheids bedryf.
Maar net gister hoor jy daar is nie geld vir verhoging vir so Baie mense nie.
Of jy nou n Saps lid is, of Onder wys Dept, Health Care etc, jy is onbekend maar op jou manier dra jy net so by tot die gemeenskap.
As van bogenoemde sterf, hoor jy nie eens van dit nie, wat nog van staats begrafnis.
Ek se weer sad dat Sy heengegaan het, en sterkte aan familie
Maar n staats begrafnis, beslis n nee, net verlede week is Ben Kruger oorlede, miskien nog n beter akteur, niks van staats begrafnis gehoor nie.
En gues what Alan Winde, hy was n reus van n akteur

Sambok ·

Wat van Ben Kruger!!!dubbele standaarde alhoewel ek mal was oor haar

deHAS ·

Die Staat sal jou begrawe as jy “al jou geld vir almal uit gegee het”.

Mrs H ·

Staatsbegrafnis is eintlik n belediging… sy was beter as dit!

KB ·

Ek is baie jammer om dit te sê, maar dit is nie die doel van ‘n staatsbegrafnis nie.

Jaco ·

Hier kom GROOT REËN oor die hele SA, want iemand wat nié ‘n ANC-kader was nie, wat nié heeltemal die “regte” velkleur gehad het nie en wie se optredes meestal in die sogenaamde taal van die onderdrukker was, kry sowaar ‘n staatsbegrafnis.

Hendrik Marthinus ·

Jaco
Na ek jou inset gelees het, Dink ek jy slaan die Spyker op die kop.
Maar soms Dink ek as ek so terugdink aan haar rolle op TV, Dink ek Sy sou net n normale begrafnis wou he.
Ek so 1 of 2 onderhoude op TV gesien, maw nikse toneelspel nie, jy kon regtig agter Kom, Sy was die spreekwoordelike : Plat op aarde vrou, ek Kan verkeerd wees.
Die bohaai is onnodig, staatsbegrafnis nee, daar is soveel Meer wat Alan Winde sou kon doen om haar te onthou: Miskien n teater na haar vernoem het, of n beurs in haar naam vir jong meisie om te studeer

Hendrik Marthinus ·

Mnr Winde moes aansoek vir staatsbegrafnis gelos het.
Al Dai geld vir 2 ure maks, hoekom nie in haar naam studiebeurse gegee het vir jong meisies om in kunste te studeer nie.
Dan sou haar naam altyd onthou geword het.
Na die begrafnis vergeet ons binne n week van die bohaai oor haar begrafnis.
N Beurs sou Meer gepas gewees het vir iemand wat so Baie gedoen het vir die kunste.
Selfde moet vir Ben Kruger ook gedoen word, die 2 akteurs was legendes.

Jaco ·

En waar gaan jong meisies wat in die kunste studeer het, werk kry? Dis ‘n bedryf wat weens corona en inperking amper heeltemal toegemaak het.

Mallie ·

Wat van Ben Kruger en al die ander . Sy was volgens my nie so wat wonders nie.

Anoniem ·

Alan Winde ek waardeer jou insette hierin gelewer maar……………………Mnr Ramaphosa ek is uiters terleurgesteld in jou en die Regering se traagheid om vir hierdie mense ook iets te beteken!!!!

MakersMark ·

Asseblief tog…..daar is mense wat baie meer tot die samelewing bygedra het wat geen formele erkenning gekry het by hul begrafnisse nie. Dis dubbele standaarde en “showcasing” deur die politici.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.