Staatsbegrafnis vir Mthembu  

Minister Jackson Mthembu. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, word môre (Sondag) tydens ʼn staatsbegrafnis ter ruste gelê.

Die begrafnis sal by sy huis in Emalahleni in Mpumalanga gehou word. Mthembu is Donderdag aan Covid-19-verwante komplikasies dood. Die landsvlag sal Saterdag en Sondag landwyd halfstok hang.

“Minister Mthembu het geweldig baie bygedra tot die bevrydingstryd as ʼn anti-apartheidsaktivis, studenteleier en vakbondman, en is deur die apartheidsveiligheidsmagte aan teistering en aanhouding onderwerp,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Mthembu het in verskeie strategiese en leiersrolle in die demokratiese Suid-Afrika gedien. Hy was van 1995 tot 1997 die ANC se woordvoerder en weer van 2009 tot 2014. Mthembu het ook as ʼn LUR in Mpumalanga gedien.

Hy is sedert 2007 ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en het van 2016 tot 2019 as hoofsweep van die ANC in die Nasionale Vergadering gedien. Hy is ná die algemene verkiesing in 2019 as minister in die presidensie aangestel.

ʼn Gedenkdiens word vandag vir Mthembu in die GCIS-ouditorium in Hatfield, Pretoria, gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Francois ·

RiP minister maar kom ons kyk of die polisie gaan optree as daar meer as 50 mense by die begrafnis gaan wees of is dit net vir ons gewone landsburgers van toepassing.

domheks ·

Vir seker gaan daar meer as 50 mense wees. Gratis kos en drank, kaders kan dit nie mis nie! Wonder of cele gaan kyk dat hulle, hulle gedra. Dis SIRKUS is aan, net die groot groen tent kort.

SomeOne ·

dis hoekom ek met die berig van mthembu se afsterwe gese het dat ek nie nou wil kommentaar lewer nie, vlae hang halfstok, staats begrafnis, ens., was geskryf teen die muur, asof hy belangrik was

JohanR ·

Dink nie daar sal by die heidige reels gehou word vir die begrafnis nie. Een reel vir die ANC, en ‘n ander reel vir die res van die nasie!

KB ·

Alle oë is nou op hierdie begrafnis, en glo my elkeen sal getel word!

Stefan ·

Die volgende begrafnis kom waarskynlik voort uit hierdie ene.

JohanR ·

LEVEL 3 funeral rules : Funerals must be held within 5 days: Nkosazana Dlamini-Zuma on level 3. She said that only 50 people can be allowed to attend a funeral under the strict rule that those attending sit at least 1.5 meters from each other. “At the funeral, everyone has to wear a mask. Please wear your mask, sanitize, social distance. And we are urging that the funeral should not take more than two hours. It can take less but it should not take more than two hours,” Dlamini-Zuma said. Kom ons sien of die ANC self by die reels hou?

Kobus ·

Daar sal seker n “publikasie” van 2020 wees waar spesiale toegewings gemaak mag word indien Me Zuma dit goedkeur. Onthou Me Sisulu se familielid se begrafnis asook die mondelinge goedkeuring om Zim te besoek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.