Staatsbegrafnisse jaag jou sóveel uit die sak

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Drie staatsbegrafnisse in een jaar teen ʼn gesamentlike koste van R76 miljoen vir die belastingbetaler. Dit is die syfer wat Woensdagaand aan die lig gekom het in ʼn dramatiese sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke oor die begrafnisse van oudminister Zola Skweyiya, mev. Winnie Madikizela-Mandela en oudambassadeur Billy Modise.

Die vergadering is bygewoon deur niemand anders nie as die man wat 85% van die uitgawes op hoogs bedenklike wyse afgeteken het – die omstrede en herhaaldelik geskorste direkteur-generaal van openbare werke, adv. Sam Vukela.

In die geval van Skweyiya – ironies genoeg in lewe ʼn nederige man sonder vertoon wat altyd geveg het teen korrupsie en vir die belange van die armstes onder die armes – is R28,9 miljoen uitgegee waarvan R24,6 miljoen wederregtelik bestee is.

Wat Modise se begrafnis betref was die onkoste R11,4 miljoen waarvan R8,3 miljoen onwettig bestee is.

Madikizela-Mandela se begrafnis het ʼn allemintige R35,7 miljoen gekos.

Die ondersoek hierna duur nou al twee jaar en niemand is nog vervolg nie. Die vergadering Woensdagaand het voorts heeltemal uitgerafel met oor en weer beskuldigings, veral oor Vukela se sentrale betrokkenheid.

Vukela het luidkeels aangevoer sy regte word vertrap. Die minister, Patricia de Lille, het gesê sy kan niks teen Vukela doen nie want hy word deur die president aangestel net die president kan hom afdank.

Uiteindelik is die vergadering na sowat twee en ʼn half uur uiteen sonder volkome duidelikheid oor die volgende stap, maar met die duidelike instruksie dat die forensiese verslag waarin sy sentrale rol uitgewys word, onverwyld aan Vukela verskaf moet word.

Voorts is gesê dis onaanvaarbaar dat daar ná twee jaar geen tasbare optrede teen die skuldiges is nie, met De Lille wat geblameer is. Verskeie LP’s van verskillende partye het hul ontevredenheid gelug met die chaotiese afloop van die parlementêre vergadering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leon ·

Is dit nie maar hoe die hele ANC regering werk nie? Dit is mos standaard prsedure as jy ‘n grootkop in die ANC is.

Pieter ·

Hulle hou mos begrafnis vir n week almal eet en drink en ons betaal.

koos10 ·

De Lille, is jy regtig so vlak dat jy net op politieke vlak dink? Volgens wet moet jy ‘n kriminele klag lê, dan kan jy departementele klagte lê.

koos10 ·

Met my tweede gedagte, wil sy nie regtig iets doen nie, want sy is mos deur CR aangestel en om teen een van sy comrates op te tree kan haar, haar joppie kos.

Jaco ·

Net in Suid Afrika waar 90% van die regering se kostes gevoed word deur die mense wat NIE vir hul gestem het nie. Dis mos nie regverdig nie!!!!

Lindi ·

Daar is reeds ‘ n paar regeringsbeamptes oorlede a.g.v. Covid (of verwante siektes). Gaan ALMAL nou ‘ n staatsbegrafnis kry?

Nie Verbaas ·

Hier gaan absoluut niks van kom nie. As jy nie weet dat jy nie weet nie is daar volgens die persoon mos niks verkeerd gedoen nie. En dan gaan hy nog verder “demand”

Misky ·

Dit gaan my verstand te bowe dat soveel geld bestee kan word. Hulle eie mense vergaan plek-plek van die honger, drink water soos n dier uit `n spruit en hulle lewe soos konings

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.