Staatsdiens: Regstellende aksie moet nou opgeskort word

Argieffoto

Argieffoto

Die staatsdiens het sy regstellendeaksie-teikens bereik en bekwame Suid-Afrikaners van alle rasse kan nou aansoek doen om poste op alle vlakke, het Rapport Sondag berig.

Richard Sizani, waarnemende voorsitter van die Staatsdienskommissie (SDK), het met die Sondagkoerant gepraat ná sy toespraak by SDK-kongres in Centurion. Volgens die koerant ondersteun premiers in die provinsies dié stelling. Klik hier om meer te lees.

Intussen het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Sondag aan Maroela Media gesê in die lig van die vlakke van verteenwoordiging in die staatsdiens moet regstellende aksie opgeskort word en meriete aanstellings moet gedoen word.

“Meriete aanstellings is ook noodsaaklik om die staatsdiens te transformeer in ʼn doeltreffende instelling soos vereis deur die Grondwet van Suid-Afrika,” het Hermann gesê. “Die oordrewe rasbenadering die afgelope jare het tot gevolg gehad dat rasseverteenwoordiging bereik is, maar ten koste van ʼn doeltreffende staatdiens.” Hy meen die staat het nie daarin geslaag om ʼn balans tussen die verskillende grondwetlike regte en pligte te vind nie. “Miljoene gewone Suid-Afrikaners, meeste uit arm benadeelde gebiede moes die prys van rassetransformasie betaal.”

Hermann het bygevoeg alhoewel die rigting reg is, is dit nie voldoende om bloot terloops te sê wittes kan weer aansoek doen nie. “ʼn Meer omvattende aanbeveling moet gedoen word,” het hy gesê.

In die lig daarvan stel Solidariteit die volgende 10-punt plan aan die Staatsdienskommissie voor:

  1. Dat ʼn formele aanbeveling vir die opskorting van regstellende aksie in die staatsdiens deur die Staatsdienskommissie gemaak word.
  2. Dat die fokus skuif van rasseverteenwoordiging tot ʼn effektiewe staatsdiens, soos vereis in die Grondwet.
  3. Dat meriete die oorwegende faktor by aanstellings en bevorderings word.
  4. Dat minderhede aangemoedig word om weer met vrymoedigheid aansoek te doen vir poste in die staatsdiens.
  5. Dat minderhede ook die sekerheid kry dat hulle op grond van hulle meriete bevorder sal word.
  6. Dat ʼn klimaat in die staatsdiens geskep word waarin alle Suid-Afrikaners tuis sal voel.
  7. Dat regstellende aksie in noodsaaklike dienste in sy geheel afgeskaf word.
  8. Dat die vaardigheidsgapings wat ontstaan het as gevolg van die oordrewe rasbenadering met goeie ontwikkelingsprogramme gevul word.
  9. Dat die fokus verskuif van rasse-uitsette na opleidingsinsette.
  10. Dat die staat ter wille van effektiwiteit weer aktief kyk na publieke/private vennootskappe.

Solidariteit het op die oomblik 32 hofsake teen die staat. Die grootste een wat binnekort plaasvind, is die saak namens nege bruin en een wit werknemer teen die departement van korrektiewe dienste. “Solidariteit is ook besig om voor te berei vir ʼn klag by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie,” het Hermann bygevoeg. “Indien die staatsdienskommissie ʼn aanbeveling maak dat regstellende aksie opgeskort word, kan dit die voorwaarde begin skep vir Solidariteit en die Staat om ʼn groot skikking oor regstellende aksie in die staatsdiens te onderhandel. Intussen gaan Solidariteit voluit voort met sy regsaksies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Elizabeth ·

Sê en doen is twee dinge. Laat ons sien of dit GEDOEN gaan word of net GESê word….

Elza ·

Ek werk al 10 jaar vir die staatsdiens maar is nog altyd oor die hoof gesien as ek aansoek doen om verder te studeer. Iets wat beloof is toe ek aangstel is en ‘n kurses wat ‘n voorvereisde vir my posisie is. Dis nie lekker om al blanke te wees by die werk nie. Jy is nooit regtig deel van alles nie en baie gesprekke work gevoer in ‘n taal wat ek glad nie verstaan nie.

david ras ·

Nee wat, daai storie glo ek nie. Hoe gemaak met die ongekwalifiseerde onbeholpenes wat reeds daar sit ? Stel nou ‘n blanke , beter gekwalifiseerde persoon aan en hy/sy sal noodgedwonge onder eersgenoemde moet werk .
Hulle kan ook nie van die eersgenoemdes afdank nie, die arbeiswette se so. ! Diesulkes sal die staat so vasbind in die CCMA (weet nie wat is sy Afrikaanse naam nie )dat hulle nog jare daar sal bly sit–teen vol betaling en dalk nog ‘n goue handdruk ook !

Wat gedoen as ‘n swarte bedank ? nou is die balans mos weer versteur, en blankes sal nie vir die pos oorweeg kan word nie. Terug by die begin !

Solidariteit wil nog steeds pleisters op die sweer plak. Hulle bestry die gevolge van ‘n bose sweer genaamd Regstellende Aksie. nie die sweer self nie.

Die benaming “affirmative action” geleen van die Amerikaners, is die ANC.SAKP se kleed van respektabelheid oor hulle rasse sosialisme.

Regstellende aksie is MINDERHEIDSONDERDRUKKING. Punt.

Drieks ·

Ek voel vir jou Elza. Allmal wat gebly het, het soos in die polisie niks bereik nie, terwyl die ANC net ‘n GEMORS bereik het.

Ghost ·

Elza ek soek omtrent in die selfde posisie as jy. Is al 23 jaar in die staatsdiens. Jy kry van 2000 af nie meer bevordering nie, want jy is verkeerde vel kleur.
Ek het ook al die probleem gehad dat hulle in hulle taal praat in vergaderings. Ek het toe n besluit geneem, as hulle dit doen, staan ek op en loop uit. Toe ek dit die eerste keer doen, vra my baas my en wat nou. Toe se ek ‘Julle wil nie engels praat nie, so julle wil nie he ek moet weet wat julle se nie, so ek is nie in die vergadering nodig nie”. Dit was die laaste keer, elke keer as iemand in n ander taal in n vergadering wil praat daar na, word daar gese hulle moet in engels praat.

Gerhard Bezuidenhout ·

Vir hoe lank gaan die blanke n pos beklee voordat Regstellende Aksie weer toegepas word .Ons weet mos teen die tyd dat die ANC van niks hou van dit wat werk nie.

Patat ·

Pragtige slaaptydstorie. Ek gaan dit vanaand vir my kinders voorlees. Is hoeka al deur die jongste feëverhaal wat ek vir hulle gekoop het. :-)

Ansie ·

Die blankes wat nog in die staatsdiens is leef SWAAR by hul werk (my man is ‘n staats ampetenaar) en glo my, sy sogenamde SENIOR kan nie eens ‘n log boek laat balanseer van ‘n staatsvoertuig nie. Die ander kan laat kom, gee oprobleem nie, laat my man 5 min laat opdaag vir werk, en dit het al gebeur, word hy departementeel aangekla. Die hele berig is ‘n grap. Iemand droom oor iets wats nooit ooit weer sal werk nie. Die staatsdiens EN die land is in sy ……….. In.

Trish LaVerne ·

LOL. Die meriete word dan ook bepaal met die persoon wat sy jis afgeleer het en graad behaal het by ‘n universiteit met geen ‘open book’ policy en ander wat dieselfde graad bekom het en sy antwoorde kon soek in sy oop handboek. Hoe absurd!!! Ek wonder of verpleegsters ook by al die nuut geregistreerde instansies, (val onder Wits Universiteit), skryf met die ‘open book’ opsie. Dit sal die swak gehalte verpleging verduidelik. Hulle het so vinnig hul geskryf vergeet wat hulle tydens ekamens gekrip het. Niks geleer nie!!! Kan iemand my sê of verpleegsters en dokters met die ‘open book policy’ skryf. Ek is amper 100% oortuig dat privaat verpleeg leer-institute dit so doen. Indien wel, …..Doen die staat en Netcare dit ook?

Ghost ·

Trish, net soos die wat glad is met die mond, maar wanneer dit by die uitvoer van die werk kom, hap hulle babbels.

Rina Pretorius ·

Ek sal graag wil weet plekke soos Eskom, gaan hulle die regstellende aksie ook ophef??? dis mos semi staat dan nie. Wel ek hoop so, want Eskom kry ook ‘n slegte naam deur vol te hou met regstellende aksie. Hulle het baie beslis ook al lankal hulle targets bereik want die hele topstruktuur is reg soos hulle dit wou he, wys asb nou die pad vorentoe vir Eskom ook

Rex ·

Ja, dit klink na ‘n feëverhaaltjie. Die voorsitter van die SDK, Richard Sizani het uitgevaar teenoor staatsdepartemente en openbare entiteite wat nie bestaande keuringskriteria toepas nie en mense aanstel sonder om hul kwalifikasies na te gaan. Hoe is dit moontlik en hoeveel onbevoegdes, sonder enige kwalifikasies is aangestel bo gekwalifiseerde persone?

Die aanbevelings van die SDK is dat RA hersien moet word om die staatsdiens meer professioneel te maak, soos deur die NOP voorgeskryf. Tog sê Sizani dat as ‘n wit en swart kandidaat albei vir ‘n pos aansoek doen, die swart kandidaat aangestel moet word. Slegs as daar nie ‘n swart kandidaat is nie, moet die wit persoon die pos kry. Wel, ek verstaan nie! Ek verstaan dit wel dat ‘n swart kandidaat die pos sal kry, ongeag sy/haar kwalifikasies en dat die kriteria van vaardighede en bevoegdheid geensins geld nie. Sizani glo ook dat dit is steeds nodig is om die verlede se wanbalanse reg te stel. Vir hoe lank nog, met hierdie nuwe apartheid en wat van die wanbalans tussen ‘n professionele en onprofessionele staatsdiens met sulke aanstellings? Gepraat van bevoegdheid. Is alles nie maar in lyn met ons geagte staatspresident se onbevoegdheid nie?

Eish! ·

Wonder of is daar blankes wat belangstel om die ANC se gemors reg te ruk? Jammer maar dit sal baie lank vat al word bekwame mense heraangestel. Orals in die lewe op alle gebiede is dit al bewys dat om te laat verval is vining, maar om weer op te bou……………is ‘n ander storie! En as bekwame mense heraangestel is, wat dan? Die ANC maak in elk geval net wat hulle wil. Ons verkeerdes doen nog altyd al die werk en die regtes sit en bolle rol.

J Z Myburg ·

Moet nie mislei word nie,die voorige keer toe regstelende aksie in die parlement bespreek is het die ANC verklaar “nie in n duisend jaar sal regstelende aksie af geskaf word nie”.So lank die ANC na wit mense kyk en dink “jy is wit, jy skuld my” is die land gedoem.Groete J.Z.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.