Staatsdiens wag op die kaptein wyl Cyril talm

Pres. Cyril Ramaphosa. Jiyane/GCIS

Die land sit sonder ’n kabinet en die staatsdiens dus sonder politieke leierskap terwyl sy eie swak posisie binne die ANC en die mate van korrupsie in die regerende party pres. Cyril Ramaphosa se vermoë om besluite te neem, kniehalter.

Navrae aan ingeligtes in die presidensie het vandag die erkenning gebaar dat daar geen politikus in beheer van of aanspreeklik vir die staatsdiens is solank daar nie ’n kabinet is nie. Die situasie heers reeds sedert Vrydag en het al begin lei tot vrae deur buitelandse beleggers aangaande die mate waarin hulle enigiets wat Ramaphosa kwytraak, volkome ernstig kan opneem as sy magsposisie so gekompromitteer is.

Daar is kragtens die Grondwet geen spesifieke tydsbeperking teen wanneer die president die kabinet moet aanstel nie. Daar is egter wel in die Grondwet ’n verpligting op die president om ’n kabinet aan te stel, wat beteken die huidige situasie kan nie onbepaald voortduur nie.

Hoewel die land nog nie tevore in sulke onseker vaarwaters gevaar het aangaande die aanstelling van ʼn kabinet nie, is die Grondwet duidelik oor wat moet gebeur. Tans gee die opposisiepartye, waarskynlik uit respek vir die verkiesingsuitslag en Ramaphosa se persoonlike integriteit, ruimte aan hom om sy probleme te oorkom. Maar as puntjie by paaltjie kom en dit blyk dat Ramaphosa onbehoorlik lank talm om ’n kabinet aan te stel soos sy plig is, sal ’n hof moet bepaal wat ’n redelike tyd is vir hom om aan daardie vereiste te voldoen.

Intussen, so het die bron in die presidensie by navraag verklaar, is die direkteurs-generaal in beheer van hul departemente en sal die staatsdiens soos gewoonlik bly funksioneer. Hulle sal bedryfsbesluite kan neem.

Geen beleidsbesluite sal egter geneem kan word solank daar nie ministers as politieke hoofde in plek is nie – so solank die vakuum voortduur, sit Suid-Afrikaners en kyk hoe dinge uitspeel.

In die woorde van die gevierde skrywer Elsa Joubert: Ons wag op die kaptein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chris du Preez ·

Ramaphosa sou lankal sy kabinet saamgestel het, maar die kriminele in die ANC top bestuur gaan hom nie toelaat om dit alleen te doen nie

Andreas ·

Ek neem aan daardie ministers se geld word darem nou gespaar, daar is niemand van hulle wat nou snaakse dinge aanvang en onuitvoerbare beloftes maak nie, dus het ons rus en vrede vir ons siel in die tyd van Vrydag af, dit voel soos ‘n vakansie by die see of in Die Wildtuin. Die koerante het nou wel minder te skryf, maar dit pas my, hulle kan intussen hul potlode skerp maak en vir hul rekenaars nuwe sleutelborde koop, dit nou in afwagting van die V12 wat moet “opstart”.

Gert van Wierdapark ·

“Ons Wag op die Kaptein” was ons voorgeskrewe boek in ongeveer matriek. Mooi raakgevat met die naam vir pres CR, Jan-Jan! Boodskap aan die Kap-tein: Dis nou “speeltyd” vir n nuwe, kleiner en ratser Kabinet. Moenie nou nog staan en Tjing Tjong Tjai met ander fak-sies oor wie moet in en wie nie!!

aj ·

Hoera!

Ten minste gaan die STROPING VAN DIE STAATSKAS tydelik ophou. Sodra sie ANC politici weer oorneem sal die STROPING voortgaan sios voorheen!

Pieter du plessis ·

Wanneer sê die kaptein oor sy diskriminerende wette teen minderhede gebaseer op velkleur(rasisme)?

Andreas ·

Destyds het die mense op Madiba gewag, hy het sommer ‘n klomp titels verwoord, hy was kaptein, generaal, die hoof van die huis, hy was Madiba wat als in een saamgevat het, ek het idee die kaptein wag op die generaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.