Staatsdienskrisis kruip nader met verklaring van dispuut

geld 4 kontant rand

(Argieffoto)

‘n Staatsdienskrisis raak ‘n al groter moontlikheid nadat sommige vakbonde ‘n dispuut met die regering verklaar het.

Die minister van staatsdiens en administrasie, Senzo Mchunu, het die verklaring van die dispuut Vrydagoggend tydens ‘n mediakonferensie bevestig. Hy het beweer dit maak dit vir hom onmoontlik om oor die besonderhede van die dispuut uit te wei.

Na wat Maroela Media kon vasstel is die staatsdiensvakbonde rofweg in twee verdeel, elk met sy eie strategie.

Die Fedusa-geaffilieerde vakbonde het ‘n hofaansoek gebring om bloot die driejaar-ooreenkoms wat in 2018 tussen die regering en vakbonde gesluit is, af te dwing met ‘n verklarende hofbevel. Daardie saak is tans voor die hof.

Die Cosatu-geafflileerdre vakbonde het ‘n dispuut verklaar, wat ‘n langer proses is en uiteindelik gewoonlik uitloop op mediasie en arbitrasie.

Aan Maroela Media is gesê die leierskap van alle vakbonde besef daar is gewoon nie geld in die staatskas nie, maar vakbondlede weier om hul mandaat aan vakbond-onderhandelaars oor te laat.

Tydens die mediakonferensie, wat by tye meer van ʼn aansporingspraatjie vir staatsamptenare as ‘n inligtingsessie vir die publiek was, het die minister vrae aan die bod gestel soos hoe om die staatsdiens ‘n nuwe evolusie te laat ondergaan, en wat die rol van die staat in die samelewing is. Sy toespraak van dertien bladsye het allerlei instruksies van die skoonmaak van kantore tot voorskrifte vir ouer staatsamptenare ingesluit, en het bestuurders in die staatsdiens aangemoedig om presies te weet hoeveel van hul ondergeskiktes by die werk is, en hoeveel van die huis af werk.

Mchunu het gesê alle kabinetsbesluite moet effektief geïmplementeer word en het staatsdienswerkers wat van hul gewone werkplek af werk, as “frontlinie-stryders” geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Burgermeester ·

Mense leer nie! Vakbonde gaan die einde van julle werk beteken. Wees bly jy het ‘n werk en dat jy kry nog ‘n salaris kry. Dit laat my dink aan ‘n engelse sê-ding, “I am not greedy, but I like a lot”.

marius ·

Net vir skou om die stemvee te beindruk . Hulle is almal kop in een mus .

Jaco ·

COSATU is in alliansie met die ANC al sedert die struggle jare. Die regering van SA en dus ook die staatsdiens word deur die ANC beheer, Maar die staatsamptenare in COSATU wil staak. So eintlik staat die ANC teen die ANC.
Iets maak nie sin nie.
het die ANC dan NIKS in hulle jare in exile geleer nie? Hulle was dan toe in kommunistiese lande gehuisves. Sulke coflicts of interests het NOOIT in daardie lande gebeur nie. Binne Die Party was alles verenig en het hulle konsekwent uit een mond gepraat. In Oos-Duitsland is die vakbond wat saam met die kommuniste in alliansie was, selfs vir hulle lojaliteit aan Party en Staat beloon met ‘n paar perlementsetels.
Die ANC en COSATU moet regtig wakker word en besluit is hulle nog steeds een of nie.

Francois ·

Ek se nog steeds. Daar is nie geld maar as hulle aandring op n verhoging laat hulle dieselfde deurgasn as die private sektore. No work no pay. Solsnk hulle by die huis wil sit so lank moet hulle ook nie betaal word. Hulle kry reeds volle betaling plus hulle volle verlof waar die private sektore hulle verlof kwyt is en geen salaris kry

Willem ·

Laat hulle staak, dank hulle af ,raak ontslae van die onnosel unies en dan stel julle bekwame mense aan wat nie aan n unie behoort nie

Realis Thailand ·

Daar is nie n manier op aarde wat dit sal gebeur nie
Daar is meer kans dat ek sal terugkom na sa en dit is NUL
Barry
Thailand

Snowball ·

Die stroppie trek àl stywer en stywer, een van die dae sien ons net die laaste stuiptrekkings van ‘n staatsdiens wat al reeds kwalik funksioneer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.