Staatsdiensverhoging van 7% in sig, maar nog nie vas

Minister Ayanda Dlodlo. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

ʼn Salarisverhoging van 7% wink vanjaar vir staatsamptenare, maar alle vakbonde het nog nie die aanbod aanvaar nie.

Die adjunk-direkteur-generaal van staatsdiens en administrasie, Kenny Govender, het die aankondiging Maandagmiddag in Pretoria gemaak.

Dit was ietwat van ʼn verleentheid vir die nuwe minister, Ayanda Dlodlo, wat Maandagoggend nog gemeen het sy sou kon aankondig dat ʼn ooreenkoms bereik is.

ʼn Ooreenkoms sou ʼn pluim in haar hoed beteken het omdat dit die stakings wat elke jaar se staatsdiensverhogings kenmerk, uit die weg sou kon ruim.

ʼn Mediakonferensie is vir Maandag 12:30 belê, maar daar was van die minister en die beloofde ooreenkoms ewe min teken, met die gevolg dat Govender slegs kon aangekondig dat die 7%-verhoging “waarskynlik” is.

Hy het gesê die aankondiging sal volg sodra al die vakbonde tot die aanbod ingestem het.

Indien die verhoging wel op 7% vasgestel word, sal dit ʼn nederlaag wees vir die regering en ʼn oorwinning vir die staatsdiensvakbonde aangesien die nasionale tesourie in die lig van die land se benarde geldsituasie gevra het dat die staatsdiens slegs inflasieverwante verhogings ontvang.

Met die inflasiekoers vir vanjaar op ʼn verwagte 5,2% is daar dus glad nie aan daardie vereiste voldoen nie – die verhoging is sowat ʼn kwart meer as wat die tesourie beoog het – en gaan die belastingbetaler vir die gelag betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

HBK ·

Sover my kennis strek het die pensioen trekkers 5.5% gekry met ingang van 1 April 2018 gekry.

Bok ·

Te veel werkers vir te min werk.
Verklein werkerskorp dan kan elkeen
‘n leefbare salaris kry.

Aggenee ·

Hi Bok weet jy julle mense wat nie vir die Staatsdiens werk nie weet nie waarvan julle praat nie. Ek is wit en werk al 30 jaar vir die Staatsdiens en in vandag se tyd is dit nie maklik nie, ons is in die minderheid, en my man het sy werk verloor. Ek is maar ‘n admin beampte en is die enigste broodwinner. As jy nog nie in n ander ou se skoene geloop nie moenie kommentaar lewer nie asseblief

moeg ·

did hartseer maar die realiteit staan staats amptenare wil net he maar ons belasting betalers moet met geduld in rye staan vir iets so eenvoudig soos n krag rekening wat foutief is.ja daar is mense wat well hulle werk doen maar die meerderheid is net daar om pay te trek.

STAATSAMPTENAAR ·

Aan almal wat so bek rek oor die belastingbetalers wat nou weer sal moet opdok, Staatsdiens personeel betaal ook belasting op hulle salarisse. Hulle is nie vrygestel daarvan nie.

Ben ·

Amaaaazing. Hier in die DA bestuurde Kaapstad will hulle water en elektrisiteit sommer met 30% opsit. mmm, maar 7% is al wat die staatsamptenare kry???? Miskien moet daar ‘n bietjie gedink word.

kas ·

Haai moeg,ek verstaan nie hoe kry jy staatsamptenare se verhogings en in rye staan by mekaar uit nie.Ek is ook ‘n staatsamptenaar en moet ook in rye staan.Een departement wat die pad saam jou stap is Binnelandse sake.Geboorte,identiteitsdokument,huwelikssertifikaat en sterftesertifikaat.Na 37 jaar kan ek nie ‘n lening kry om ‘n kar te koop nie.Ek betaal ook elektrisiteit en ander dienste soos jy.So aan almal wat dink staatsamptenare lewe lekker,dink asseblief weer.Ons word gevloek, verkleineer en onthou die publiek is altyd reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.