Staatsdienswerknemer vas oor bedrog van R1,4 miljoen

Argieffoto

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het Donderdag gesê ʼn 36-jarige werknemer van die departement van openbare werke is in hegtenis geneem nadat hy glo saam met ʼn diensverskaffer gewerk het om die regering met R1,4 miljoen te bedrieg.

“Die verdagte het vermoedelik saam met die diensverskaffer gewerk deur vervalste betalingseise in te dien vir ʼn tender wat aan die diensverskaffer toegeken is,” het kapt. S’fiso Nyakane gesê.

Die Valke het gesê die verdagte, wat by die departement se streekskantoor in Bloemfontein gestasioneer was, het “verdwyn” toe hy gehoor het speurders van die polisie is na hom op soek. Ondersoekbeamptes vermoed hy het vermoedelik na Lesotho gevlug.

Nadat die verdagte weer die grens na Suid-Afrika oorgesteek het, het die Valke hom in Ficksburg aangekeer, het Nyakane bygevoeg.

“Die beamptes het beslag gelê op vier selfone, ʼn paspoort en ʼn motor.”

Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die handelsmisdaadhof in Bloemfontein verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

snoefie ·

president in wording. waarheen gaan hy nou ontplooi word? of gaan hy ook in die tronk sit en maandeliks n salaris kry?

Ander Annie ·

Steel steel steel. Volg maar seker net al die goeie leiers se voorbeelde. I steal, you steal, we all steal siekte.

thelsa ·

Mense, is daar dan wragtag nog geld oor om te steel !! Ek dog tussen die Zuptas is al die geld nou fort na Koebaai !

Genoeg is Genoeg ·

Ag die is glad nie meer nuut nie. Die mense steel en lieg en bedrieg so. Ons in die privaat sektor sukkel ons dood om aan die lewe te bly. Ons probeer nie eers meer dokumente inhandig om besigheid te kry nie want as jy nie iewers n geldjie inwerk vir die amptenaar nie kan jy dit maar op jou maag skryf om daai besigheid te kry. Ons verlaag al juis ons pryse so om besigheid te kry en dan kom hulle met hulle klein gretige uitgestrekte handjies en geld-lustige ogies en laat jou mooi verstaan dat as jy n gedeelte aan hulle betaal kan jy verseker wees jy kry die kontrak. En dan ? More wil hy net meer en meer he. Waneer gaan dit ooit einde kry? Raporteer jy dit verdwyn jy heeltemal uit die stelsel uit. So die goot maatskappye het genoeg geld om die gulsige wolwe om te koop wat maak dat ons tot op bodem skrop. Hoe staan mens so stelsel teen? Waar klop jy om hulp as 99% hulle sakke vol stop en kop in een mus is?

Tuanet ·

Dit is goeie nuus. Dankie aan die Valke dat julle aanhou soek het tot julle hom in hegtenis geneem het. Al weet ons almal dat dit nie meer nuus is dat staatsamptenare so steel nie, behoort ons bly te wees wanneer hulle wel iemand vang. Al is dit een op ‘n slag. Dit is ‘n tree vorentoe.

l ·

Ai, hoe smag ons na die dag dat Zuma & Kie in hegtenis geneem word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.