Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het Donderdag gesê ʼn 36-jarige werknemer van die departement van openbare werke is in hegtenis geneem nadat hy glo saam met ʼn diensverskaffer gewerk het om die regering met R1,4 miljoen te bedrieg.
“Die verdagte het vermoedelik saam met die diensverskaffer gewerk deur vervalste betalingseise in te dien vir ʼn tender wat aan die diensverskaffer toegeken is,” het kapt. S’fiso Nyakane gesê.
Die Valke het gesê die verdagte, wat by die departement se streekskantoor in Bloemfontein gestasioneer was, het “verdwyn” toe hy gehoor het speurders van die polisie is na hom op soek. Ondersoekbeamptes vermoed hy het vermoedelik na Lesotho gevlug.
Nadat die verdagte weer die grens na Suid-Afrika oorgesteek het, het die Valke hom in Ficksburg aangekeer, het Nyakane bygevoeg.
“Die beamptes het beslag gelê op vier selfone, ʼn paspoort en ʼn motor.”
Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die handelsmisdaadhof in Bloemfontein verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
president in wording. waarheen gaan hy nou ontplooi word? of gaan hy ook in die tronk sit en maandeliks n salaris kry?
Steel steel steel. Volg maar seker net al die goeie leiers se voorbeelde. I steal, you steal, we all steal siekte.
Nog een van al die baie…president is goeie voorbeeld
Aartjie na sy vaartjie!
Mense, is daar dan wragtag nog geld oor om te steel !! Ek dog tussen die Zuptas is al die geld nou fort na Koebaai !