Staatsgrond sal gou herverdeel word, sê Mabuza

Adjunkpres. David Mabuza (11 September 2019) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die regering sal binnekort ʼn aankondiging maak oor die herverdeling van staatsgrond vir landboudoeleindes, het adjunkpres. David Mabuza Woensdag aan die nasionale raad van provinsies gesê.

Volgens Mabuza kyk die regering nie net na die versnelling van die herverdeling van landbougrond nie, maar ook om staatsgrond aan opkomende boere te gee. Kriteria vir begunstigdes word saamgestel.

“Ons kyk na grond in die hande van die regering en ons gaan dit herverdeel aan mense sodat hulle kan plant en kan boer. Ons sal binnekort ʼn aankondiging maak hoe ons die grond gaan herverdeel met die nodige ondersteuning.”

Mabuza het dié kommentaar gelewer in reaksie op vrae oor die regering se grondhervormingsplan.

Hy het toegegee dat opkomende boere, wat in die verlede begunstigdes was van herverdeelde grond, onsuksesvol geboer het en het verduidelik dit was weens onvoldoende ondersteuning van die staat.

“Dit is gratis geld wat ons vir ʼn boer gee. In alle provinsiale departemente is daar geld vir ondersteuning vir boere. Die enigste probleem is dat dit waarmee die nasionale regering besig is en dit wat die provinsiale regering doen, nie gekoördineer word nie.”

Mabuza het gesê die regering wil ook seker maak daar is ontvanklike markte vir wat ook al die opkomende boere aanplant, “sodat hulle nie sal sukkel om ʼn mark te kry nie”. Hy het voorgestel dat die staat ʼn beleid aanvaar dat alle groente vir staatshospitale en skoolvoedingsprogramme by opkomende boere aangekoop moet word, in plaas van kommersiële boere – soos wat dit tans die geval is. “Ons sal ʼn ondersteuningspakket gee aan die persone vir wie ons grond gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

22 Kommentare

Werner ·

Ek sien die mense in staatshospitale gaan nog van die honger ook doodgaan

Michael P ·

Werner beste beste kommentaar ooit. Beter kon jy dit nie stel nie.

Gert van Wierdapark ·

Waarskynlik gaan die Soustrein in die proses sy voorraadtrokke aanvul!

JohanR ·

En hoeveel van daai grond sal jy persoonlik vir jouself gryp ou David Mabuza!

Pieter ·

Jy sal die anc niks vertel nie los hulle die tou is klaar om hulle nek

Gert van Wierdapark ·

Die “soustrein-boere” is seker oorgehaal om die room af te skep!!!

KrokodilBotha ·

o Pampoen met kool koppe hoe meer haas hoe minder wortel.

wilma ·

oe die arme pasiente sal nooit groente kry en ai die kinders wie moet kos ontvang van skolevoedingsprogram sal nooit dai kos sien

Wondernet ·

Nog ‘n aborsie en mislukking van die regering. Leer hulle dan nooit

Honger ·

Hy lewe in lala land!! Jou opkomende boere is alles behalwe opkomend!! 3 mielie plante, 4 tamatie ranke en 5 aartappels gaan nie die mark tevrede stel nie! Jy sal ietwat meer moet laat plant!!

Vryheid ·

Die staat sal met ander woorde grond gee aan swart boere, net swart boere sal ondersteuning kry en net swart boere se produkte sal op die mark gekoop word.
Hier kom hongersnood!!!!

Keelvol ·

Kan julle dink aan al die korrupsie?
Gaan die duurste maaltyd ooit wees.
Kry grond en insette verniet, Verkoop jou produk ten duurste aan die middelman wat weer prys verdubbel voordat dit na gevangenisse gaan.
Mense sal nog agterkom grond is nie rykdom nie en sit nie vanself kos op jou bord nie.

Stiks ·

Kom nou met dit na vore om die geweld vd afgelope tyd te verskans. Hierdie onbeholpe kripvreters bly met vuur speel

Alida X ·

As jy ‘n stukkie grond kry het jy nog steeds nie werk, water krag of riolering nie.
Dit is mos die rede vir baie van die betogings.
Alles wat ons op ‘n plaas wil hê moet self voorsien word.
Boor as jy wil water hê. Dit kom nie na jou aangepomp met lyne nie.
Jy betaal ook self die krag waarmee jy pomp, nadat jy ook self die pomp in die gat moes installeer. As hy breek moet jyself vervang. Randwater staan nie pa vir die dinge nie, die grondeienaar se probleem.
Riolering loop ook nie met vooraf geinstalleerde pype weg nie. Jy moet self septiese tank ens. voorsien.
Jy is ook self verantwoordelik vir jou vullisverwydering.
Jy moet jou eie werk skep anders gaan jy niks hê om te bemark nie en ook nie geld vir lewensmiddele nie.
Jammer, maar baie mense het nie die selfdissipline om te boer nie.
Ek weet daar is soms suksesverhale maar die meerderheid wil net ontvang en besef nie grond kom saam met verantwoordelikheid en harde werk nie.

willem Botha ·

Ek verstaan nie hoekom daar nie gesê word dat kastige opkomende boere eintlik swart boere is ,ek verstaan ook nie hoekom daar teen kommersiële boere gediskrimineer word om swart boere te bevoordeel nie is daar nie plek vir albei nie?

HPV ·

Jong wit boere is ook opkomende boere, hulle mag en moet ook grond eis. Laat ons sien hoe werk die regime se demokrasie.

Griet ·

Ons weet mos hulle demokrasie beteken wit word benadeel, anders is dit nie DEMOKRASIE nie…..

KrokodilBotha ·

Het net gister saad gaan koop, paar pakkies. Ek soek nou grond. Staat se hulp kan hulle druk, ek soek net die grond.

Henry ·

Nog n mislukking op hande. Hulle moet nie verwag wit boere moet hulle help nie, want hulle is voorstaanders van plaasmoorde. Geld word nou in swart boere se holle opgedruk, maar die boere wat stuier onder droogte word sumier ignoreer

Jdb ·

Dink net hoe mooi sal dit wees as alle kommersiele boere weier om aan die staat te lewer, sodat sie staat NET by “opkomende” (lees swart) boere kan koop, of hulle nou produseer of nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.